Hennie & Maxine se verlowing fotosessie op die strand

Die stryd tussen die voorstanders en teenstaanders van sosiale media is nimmereindigend en daar sal altyd vele menings wees oor of hierdie tegnologie werklik voordelig vir ons jeug is.  Hennie en Maxine is sonder twyfel deel van die voorstaander groepie!  Dié twee het vir maande lank met mekaar oor die foon gesels, hul harte vir mekaar oopgemaak en gehoop dat die gevoelens wat hul ontwikkel het, selfs nog sterker sal wees wanneer hul mekaar uiteindelik ontmoet.

Om hul hereniging en paadjie na die getroude lewe te vier, het hulle ʼn verlowing fotosessie op die strand geniet.  Dié omgewing was so reg in hierdie twee see-liefhebbers se kraal.  Hul opregte liefde en dankbaarheid vir mekaar is onmisbaar in elk van hul foto’s.

Verder, gaan ons dit nie vir jul bederf nie!  Rol af om die res van hul unieke liefdesverhaal te lees.

verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing


Wanneer mense ons vra oor ons ontmoeting giggel ons altyd, want ons was versot op mekaar nog voor ons mekaar gesien het vir die eerste keer!

My vriendin het op ʼn dag op die strand my foon gevat en my ʼn baie aantreklike seevaarder se profiel op Instagram gewys.  Hennie het dadelik my aandag getrek.  Ek het hom begin volg en hy het ʼn boodskap aan my gestuur – nogal vanuit die middel van die oseaan!  Ons kon nie genoeg van mekaar se geselskap kry nie.  Na maande se gesels het Hennie my gevra om sy meisie te wees.  Hy het ʼn belofte aan my gemaak dat as ek twee kontrakte vir hom wag, sal hy my vra om te trou.

Die enigste klein dingetjie was, dat ons mekaar toe nog steeds nie ontmoet het nie!

In Januarie 2019, nadat hy sy eerste kontrak klaar gemaak het, het Hennie sy bakkie gepak, branderplank en al, en van die Kaap af Durban toe getrek vir my!  Beste besluit ooit!

Ons het geweet ons is vir mekaar bedoel en toe ons mekaar vashou, wou ons nie laat gaan nie.

verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand

Die groot vraag


Hennie was nog altyd ʼn man van sy woord.  Toe hy in Augustus 2019 terug gekom het van sy tweede kontrak, het hy in die eerste week wat hy by die huis was, my gevra om te trou.

Die oggend van 10de Augustus het ons gaan stap op Winklespruit strand – my gunsteling plek in die wêreld.  Hennie het die mooiste liefdesbrief aan my gelees.  Hy het op sy een knie gesak en my gevra om te trou.  Met groot blydskap en geluk het ek in sy arms gespring en natuurlik ja gesê!  Toe ons terug stap, het al my familie en vriende by die lewensredding-klub gewag waar ons sjampanje gedrink en feesgevier het.

verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand

Hoekom ons mekaar liefhet


Ons kan nie een eienskap uitlig waarom ons mekaar lief het nie, maar soos Hennie altyd sê, ons het nie geweet dat dit moontlik is om so lief te wees vir iemand nie.  Ons grootste aanknopingspunt was wel dat ons ʼn liefde vir water en die see deel.  Ek en Hennie ry albei branderplank, duik en kan die hele dag op die strand spandeer.

verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand

Die verloofring


Dit was n baie groot verrassing!  Die ring is by Browns gekoop en word ʼn “True North” genoem.  Die tema skakel perfek by ons in, want as ons mekaar het sal ons altyd weet waar ons ware Noord is.

verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand

Rede vir die verlowing fotosessie


As deel van ons foto-pakket het ons fotograaf vir ons ʼn gratis fotosessie gegee.  Dit was lekker om haar in aksie te sien voor die troue.  Ons is mal oor haar werk.

verlowing fotosessie op die strandverlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand

Inspirasie agter die verlowing fotosessie


Ons fotosessie was by die strand.  Ek dink nie dit is nodig om meer te sê nie!

verlowing fotosessie op die strand verlowing fotosessie op die strand

Klik hier vir diensverskaffers