Nkululeko & Madeline se spesiale liefdesverhaal

Nkululeko en Madeline se spesiale liefdesverhaal is een van uiterste uithouvermoë!  Hulle het na jare se lang-afstand verhouding tussen Suid-Afrika en California uiteindelik in Durban bymekaargekom om hul verlowing foto’s te neem.  ‘n Lang-afstand verhouding is beslis nie maanskyn en rose nie, maar dit maak die hereniging tussen twee geliefdes net soveel meer spesiaal.  Wanneer jy maande moet wag om jou geliefde weer te sien, is die drukkies stywer, die harte warmer en die soene soeter.  Die liefde tussen Nkululeko en Madeline is onvermydelik en kan op elk van hul pragtige foto’s gesien word.  Hul liefdes storie is ‘n getuienis dat elke pot wel sy deksel vind, al is die deksel duisende kilometers ver!

Ons hoop dat hierdie fotosessie jou herinner dat liefde ‘n seëning is en wanneer jy dit vind, moet jy vasklou, maak nie saak watter struikelblokke die lewe na jou kant toe gooi nie.  Geniet Nkululeko en Madeline se spesiale liefdesverhaal.

Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ek (Madeline) is oorspronklik van California en het vir vakansie Suid-Afrika toe gekom.  Ons het 9 Desember 2013 ontmoet en daarna baie tyd saam spandeer en mekaar beter leer ken.  Ons het albei ‘n liefde vir Disney flieks asook Disneyland en so het ons mekaar gevind.

Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Ons vriendskap het al hoe sterker geword, al was dit lang-afstand tussen Suid-Afrika en California.  Ons het verlief geraak en die natuurlike gevoel vir trou het gelei tot ons verlowing.  Nkululeko het die groot vraag gevra terwyl ons met vakansie in Kaapstad was.  Dit is ook waar ons vir Janitha, ons fotograaf, vir die eerste keer ontmoet het.

Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple

Vertel ons van die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ek het in Suid-Afrika kom kuier en ons het besluit om ons liefde in foto’s vas te vang.  Nkululeko het grootgeword en skoolgegaan in Kwazulu-Natal.  Die Shongweni-markie is een van ons gunstelinge en ons geniet dit vreeslik om saam tyd daar te spandeer.  Summerveld was dus ‘n goeie keuse omdat ons soveel goeie herinneringe in die area het.

Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ons wil die foto’s vir ons “Onthou Die Datum” uitnodigings gebruik.  Janitha het al voorheen vir ons in die Kaap afgeneem en ons is mal oor haar werk.  Ons het gehoor sy kom Durban toe en ons wou graag ons spesiale tydjie saam vasvang.  Omdat Nkululeko in die area grootgeword het, was dit ook vir ons baie spesiaal om ‘n fotosessie daar te hê.

Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons droom troue is ‘n viering van liefde.  Nie net ons s’n nie, maar ook die van familie en vriende.  Almal wat die troue bywoon moet ‘n ontspanne geleentheid hê en die goeie kos en musiek geniet.  Ons gaan in California trou.   Ons wil ‘n lekker partytjie hê waar familie en vriende van albei kante mekaar kan leer ken.

Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple Attractive Interracial Couple

Diensverskaffers

Fotograaf: Janitha Photography