Drikus & Te-Nita se kreatiewe selfdoen troue

Aangesien Te-Nita ‘n grafiese ontwerper is, het sy besluit om die dekor van haar troue self aan te pak.  Deur die selfdoen roete te volg kon sy seker maak die dekor is presies wat sy wil hê en hulle kon terselfdertyd kostes bespaar.  Die dekor lyk egter glad nie soos iets wat sommer aanmekaargesit is op die laaste nippertjie nie – dit is uiters kreatief en stylvol en het maande se beplanning geverg.  Te-Nita verklap hoe sy daarin geslaag het om selfdoen dekor professioneel te laat lyk en deel oulike idees, waarvan die keuse van estetiese blomme ons gunsteling is!

Drikus en Te-Nita se persoonlike styl het egter nie afgeskeep by hul dekor nie.  Te-Nita se strooimeisies het haar ook pragtig gekomplimenteer met hul rompe van Gelique.  Hier kan ons net weer sien dat Gelique werklik ‘n strooimeisie uitrusting vir élke tipe troue het.

Rol af en kry inspirasie vanaf Drikus en Te-Nita se kreatiewe selfdoen troue.

de harte wedding venue de harte wedding venue

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons troudatum was 6 April 2019.   Drikus was 24 jaar oud en ek was 27 jaar oud op die dag van ons troue.

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar by ‘n braai ontmoet toe ons altwee op universiteit was.  Ons was in dieselfde Laerskool en Hoërskool, maar het nooit van mekaar geweet nie.  Na amper 5 jaar van uitgaan, het Drikus die groot vraag gevra.

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


My droom was nog altyd om soos ‘n prinses te lyk op my troudag.  Ek is mal oor fyn detail, so hierdie rok het dadelik my oog gevang.  Toe ek dit vir die eerste keer aanpas, wou ek dit nie weer uittrek nie!  Ek het geweet dit is die perfekte rok.  Die kleur en detail van die rok was ‘n perfekte kombinasie.

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Vertel ons meer van jul ringe


Drikus het my goed genoeg geken om te weet dat ek mal is oor roosgoud.  My ring is dus roosgoud met ‘n Morganite steen in die middel en diamante aan die kant.  Hy het ook vir my ‘n pragtige troupant gegee op die dag van ons troue.

Drikus het sy eie ring uit been gemaak.  Hy het dit afgewerk en donkerder gekleur – dit lyk nes ‘n hout ring.

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons was van die begin af mal oor ons fotograaf!  Lee-Anne het ‘n warm persoonlikheid en sy het ons só gemaklik voor die kamera laat voel.  Sy het elke kosbare oomblik vasgevang en het ‘n ongelooflike oog vir detail.  Sy het ook vir ons meer foto’s gegee as wat ons pakket behels het;  Dit wys die tipe diens wat sy lewer – sy maak seker haar kliënte is 120% gelukkig.  Ons sal haar enige dag aanbeveel!

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Te-Nita:  Vir my was elke deel van die dag besonders, maar die oomblik wat ek altyd sal koester is toe ek by die kansel afstap en my man voor my sien staan.  Niks kan daardie ongelooflike gevoel beskryf nie.  Nog ‘n besonderse oomblik was toe die son die oggend kop uitsteek tussen al die reën wolke;  Almal het vir ons die dag voor die tyd gewaarsku dat dit gaan reën, maar ons het bly bid en vertrou en God het perfekte weer voorsien.

Drikus:  Vir my was die merkwaardigste deel die wete dat ek met my vrou gaan trou en dat ons daardie belofte aan mekaar en God belowe.  En die dansvloer was beslis die beste plek om te wees!

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Dames: Doen navorsing oor verskaffers vooraf en maak seker jy weet waarna jy soek.  Daar is baie kreatiewe maniere om geld te spaar deur selfdoen dekor te oorweeg.  Moenie stres oor die klein detail nie en onthou waaroor die dag régtig gaan.

Manne:  Berei jou voor vir “wedding talk” 24/7.  Stel van die begin af ‘n begroting op en maak seker julle albei bly daarby.  Wees betrokke met die beplanning en maak saam besluite.  Geniet dit, dit gebeur net een keer!

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ek het die venue op sosiale media gesien.  Voor ons verloof geraak het, het ons die venue besoek en daardie selfde dag nog besluit dat dit ons trou venue gaan wees!

Ek is ‘n grafiese ontwerper en ek wou graag alles self doen – vanaf die dekor tot blomme, kerse, linne én skryfbehoeftes.  Ek het op ‘n kleurskema besluit en van daar af begin dekor, linne en blomme aankoop.  Die inspirasie vir die dekor was om ‘n romantiese atmosfeer te skep met al die kerse, asook om kleur in te bring en regtig kreatief te wees met die elemente.

Ek het materiaal blomme gebruik wat ek lank voor die tyd gekoop het, en ek het self ook papier blomme gevou.  Ek het ook lap gaan aankoop en materiaal servette gemaak, uniek aan ons kleurskema.

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons begroting was R100 000, maar ongelukkig het ons nie daarin geslaag om binne die begroting te bly nie, meerendeels oor al my kreatiewe idees.  Ons het wel geld gespaar deur baie van die elemente self te doen.

120 van ons naaste familie en vriende het ons troue bygewoon.

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Vir ons wittebrood het ons besluit om Phuket, Thailand toe te gaan.  Dit was ‘n ongelooflike ervaring!  Ons het in ‘n hotel naby aan die strand gebly en was naby al die markies en winkels.  Ons gunsteling aktiwiteite was om met olifante te swem en eilande te besoek; Dit was beslis die moeite werd!

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Die liedjie waarop ons gedans het was “Jesus & You” deur Matthew West gesing.  Die liedjie is nie ‘n tradisionele eerste dans liedjie nie, maar die woorde was vir ons so spesiaal en dit beskryf wie ons is.

Ons het nie geoefen voor die tyd nie.  Ek en Drikus wou albei die oomblik net geniet en lekker saam dans.

de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue de harte wedding venue

Diensverskaffer