Laubie & Cathrine se wildsplaas verlowing fotosessie

Laubie en Cathrine is albei lief vir die natuur en die buite lewe.  Daarom was hierdie wildsplaas verlowing fotosessie die perfekte geleentheid vir hulle om gemaklik voor die kamera te raak.  Almal is nie ewe selfversekerd as die kamera eers begin flitse gooi nie!  Dit is vir sommige mense meer vreesaanjaend as enige iets anders!  Jy dink vir die eerste keer waar moet ek my hand sit, is my linker- of regterkant mooier, moet ek vir die kamera kyk of wegkyk, ens.  Dit is belangrik om jou fotogeniese vaardighede voor jou groot dag te oefen.  Na jou troudag is die foto’s en mooi herinneringe al wat jy oor het – jy wil nie heeltyd ʼn senuweeagtige glimlaggie ophê omdat jy nie aan die intimiderende kamera gewoond is nie.

Laubie en Cathrine het ʼn fotograaf én omgewing gekies waarmee hulle gemaklik voel en is nou gereed vir die groot dag!  Rol af en kyk na hul pragtige foto’s in die natuur.

wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie

Vertel ons meer oor julle ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ek (Laubie) het ʼn jong dame in ʼn algemene maatskappy gesien.  Vreeslik op my senuwees het ek met ʼn sarkastiese vraag aan haar gevra of hulle nie werk het nie, aangesien sy so lekker staan en gesels.  ʼn Paar dae het verby gegaan en ek het my moeder opdrag te gee om die lang donkerkop met brille te gaan soek om te gaan kyk hoe sy lyk.  Die eienskappe wat my na Cathrine aangetrek het, is die feit dat sy ʼn baie skaam en teruggetrokke persoon is.  Sy het ʼn baie dieper persoonlikheid wat mens nie op die oppervlak sien nie.

Ek (Cathrine) het gewonder wie is hierdie sarkastiese man wat my wil voorskryf wat om te doen al ken hy my nie eers nie.  So het ek die sarkastiese man meer en meer by my werk gesien.  Hy my gevra of ek iets saam hom wil gaan drink.  Van daar af het ek my beste vriend en sielsgenoot gekry.  Die eienskappe wat my na Laubie aangetrek het is sy sin vir humor, sy pragtige blou oë, sy glimlag en die manier hoe hy ander mense met soveel respek hanteer.

wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie

Vertel ons wie het vir wie gevra omte trou?


Ek (Laubie) het die groot vraag in die Kaap gevra.  Sy het vir ʼn ruk daar gebly en het baie tyd op die strand spandeer.  Ek wou haar op ʼn plek vra wat vir haar baie beteken en spesiaal is.  Ek het tydens ʼn pragtige sonsondergang by die strand vir haar gevra om te trou.

wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie

Vertel ons die inspirasie agter die verlowings fotosessie?


Die fotosessie het plaasgevind op ʼn wildsplaas.  Ons liefde vir die natuur en die buite lewe is oneindig!  ʼn Sonsondergang is ook vir ons albei pragtig en daarom het ons op hierdie fotosessie besluit.  Die fotograaf kom van Amerika en is ʼn baie goeie vriendin van ons.  Sy is ook getroud met ʼn lewenslange vriend van my.  Ons albei was baie gemaklik tydens ons wildsplaas verlowing fotosessie.

wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie

Wat het jul laat besluit oor die verlowings fotosessie?


Die groot doel van die beplanning agter die wildsplaas verlowing fotosessie, was om foto’s te kry vir ons trou-uitnodigings.   Ons was ook nog nooit vantevore voor ʼn kamera se lens nie!  Dit was dus ʼn goeie oefenlopie om gemakliker voor die kamera te raak voor ons groot dag.

wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie

Vertel ons meer wat het julle ingedagte vir jul droom troue?


Omdat ons so lief is vir die natuur en avontuur, is ons groot droom om ʼn natuurreservaat effek te hê.  Ons wil graag daardie natuurlike effek by ons troue inbring.  Die belangrikste is dat die troue net gemaklik en lekker vir ons gaste is.

wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie wildplaas verlowing fotosessie

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: