Versteekte Juweel gestileerde trou inspirasie

Die gestileerde trou inspirasie was bymekaar gesit deur Eloise. Sie doel was om ‘n nuwe trouvenue in Somerset-Wes bekend te stel.

Die grimering vir die twee beeldskone modelle is gedoen deur Mia’s Make-up.  Die een model is Mia van Mia’s Make-up haarself.

Kapenaars bid vir reën en op die dag van die fotosessie het die weervoorspelling gesê dit gaan reën.  Gelukkig het dit toe nie gereën terwyl die dames die fotosessie vir trou inspirasie vir Mooi Troues se lesers af geneem het nie.  Die onweer het wel bygedra tot ‘n pragtige dramatiese effek vir die foto’s.

Rol af en geniet die gestileerde trou inspirasie hieronder.




Wie het die fotosessie gereël?


Eloise van Smoorverlief Bridal


Inspirasie vir die fotosessie?


‘n Nuwe trou venue in Somerset Wes – ‘n Versteekte juweel.  Die mooiste plattelandse venue versteek tussen berge en wingerde.  Die perfekte plek vir ‘n smoorverlief paartjie om die knoop deur te haak.



Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Smoorverlief Bridal het die trourokke verskaf.  Profitea Photography is ‘n fotograaf van Gauteng wat graag deel wou wees van die fotosessie om troues in die Kaap as deel van haar dienste te maak.   Mia’s Make-up is ‘n bekende grimeer konsultant in die Wes Kaap en bied ‘n unieke grimeer styl.  Party Decor Hire was dadelik bereid om deel te wees van die fotosessie om sodoende meer bekendheid te verkry.




Agter die skerms inligting


Die weer voorspelling het gesê dat dit die hele dag sou reën … Ons het vir mekaar gesê dat ons voortgaan met die fotosessie, al kan ons net in die venue die foto’s neem …  Ons het geen hoop gehad dat al die wolke sou lig en ons met die mooiste bewolkte agtergrond bederf nie.






Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Na al die kommer oor die moontlikheid van reën het die dag uitgedraai in die mooiste onweer dag.  Sonder reën wat perfek was vir die fotosessie.









Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Moenie laat onweer jou perfekte dag beïnvloed nie.



Diensverskaffers: