Grant & Anika se kontrasterende troudag

Iets Blou, Iets oud, iets nuuts, iets geleen is ‘n rympie wat gepaard gaan met troues en Grant en Anika se troudag beeld al die elemente mooi uit.  Die Blou is in Anika se strooimeisies se rokke en die dekor is ‘n kombinasie van oudhede en moderne elemente wat so mooi saam werk.  ‘n Bonus punt is dat die venue ook alles bied wat die paartjie begeer het.

Daar is sekere elemente wat die paartjie graag sou wou verander soos byvoorbeeld langer video’s.  Gesels met jou videograaf voor die tyd en maak seker almal is op dieselfde blad om teleurstelling te voorkom.

Die dansbaan in die opelug is altyd ‘n gunsteling vir ons hier by Mooi Troues.

Rol af en geniet Grant en Anika se mooi foto’s hier onder.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


21 April 2018 en Anika wa 24 Jaar & Grant 35 Jaar

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Op die lughawe in Kaapstad, ek het voor Grant gestop om my ouers op te tel en hy het gewag vir vervoer Stellenbosch toe.  Ons het min of meer geweet van mekaar, omdat ons van dieselfde area is.

Hoe het julle verloof geraak?


Hy het alles baie goed weggesteek.  Grant het skelm my pa kom sien en daarna my gevra om saam met hom vir ‘n stappie op die strand te gaan.

Vertel ons meer van jul ringe.


Grant het die idee van my ring alles self verkry deur na foto’s wat ek al vir hom gestuur het na ‘n ontwerper te neem.

Sy ring wou hulle baie plein gehad het en ek het al jare die juweliers-ontwerper op die dorp gebruik om dit vir my te kry.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf / Videograaf het ons so gemaklik laat voel.  Alles was natuurlik!  Alles het op tyd gebeur en hulle was daar om elke spesiaalste oomblik vas te vang.

Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?


Vir seker ons dans.  Op daardie oomblik het dit gevoel asof dit net ek en my man was op die aarde.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Ek sou my fotograaf vir die Vrydagaand se “Voor trou partyjie” ook daar wou hê.

Meer en Langer video’s

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Doen soveel moontlik moeite dit gebeur net een keer in jou lewe.

Hoe het julle die venue gekies?


Ek kom van die Karoo (Middelburg / Graaff-Reinet) en die mooi Drostdy met sy oudhede en moderne gevoel was presies wat ons ingedagte gehad het.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Iets anders.  ‘n Mengsel van Oudhede & Modern, verskillende klomp “kleure”, verskillende soorte blomme.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ek het baie navrae gedoen.  Elke item neergeskryf en vooraf ‘n beplanning gehad.  Alles self gedoen, ek was my eie “Trou beplanner”; en niemand weet so goed soos jy wat jy alles wil laat gebeur nie.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons was in Mauritius – Shandrani Beach Resort.  Ons was elke dag op ‘n Seilboot en die mooie blou waters gewaardeer, Spesiale etes met die lekkerste kos en wyn.  Ons het self lekker tennis gespeel en daarna gegaan vir lekker masserings.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: