Ons vier die beste in die trou bedryf

Die visie vir vanjaar se Top Vendor Wedding Awards was om ons land se talentvolle trou-industrie te vier.  Vir gaste vanaf verskillende dele van die trou industrie om mekaar beter te leer ken en te inspireer met al die mooi werk van die 2018 Top Vendor Wedding Awards deelnemers.

Hierdie jaar het dinge ‘n bietjie anders gewerk as vorige jare.  Daar was altyd net een groot byeenkoms, maar hierdie jaar was daar twee.  Een in Gauteng en een in die Wes-Kaap.

Al die werk wat ingeskryf was die jaar is beoordeel deur drie beoordelaars; Günther Schubert die stigter van Mooi Troues, Ettienne Jansen die Projek Bestuurder van Wedding Album tydskrif en Gaby Frescura die redakteur van South Bound Bride.

TWA se hoof doel was nog altyd om erkenning te gee aan alle deelnemers, vir mense regoor die land om jou naam te sien en die werk wat jy doen, asook om verhoudings tussen diensverskaffers aan te moedig.  Klik hier om na 2018 se Top Vendor wenners te kyk en hierdie talentvolle besighede te ondersteun en geluk te wens.

 

Die Glansryke aand


Gauteng se glansryke aand was by Lace on Timber.  Gaste wat die aand bygewoon het, het skouspelagtig gelyk in hulle aand rokke en strikdas pakke.  Dit was definitief iets vir die boeke gewees en ons deel die harde werk van almal wat hierdie fantastiese aand bymekaar gesit het met jou op Mooi Troues.

Voor die aand se program af geskop het, het Monkeys Wedding opgetree terwyl gaste kon smul aan al die lekker vinger happies en self verskeie Gin kelkies maak by die Gin stasie.

Tema, seremoniemeester en gassprekers


Die tema was industrieel, maar tog romanties met aksent kleure van swart vir die industriële gevoel en ligte pienk met goue elemente vir die romantiese gevoel.  Volhoubaar is deesdae op almal se lippe en was ook een van die inspirasies vir die tema.  Gedroogde blare en blomme is gekombineer met vars blomme, om die verskeidenheid van tekstuur uit te bring.

Bekende kunstenaar en televisie persoonlikheid, Leandie du Randt Bosch, was die sprankelende seremoniemeester gewees.  Deur die loop van die aand het Leandie die finaliste en wenners na vorentoe geroep, waar hulle trofee en sertifikate oorhandig.

Daar was ook twee gassprekers; Eve Poplett van Splendid Wedding Company en Otto de Jager van Otto de Jager Events, wat hulle ondervinding en kennis gedeel het met die gaste.

Die aand was ‘n groot sukses en almal wat betrokke was het die baie geniet.

Artikel Krediet: