Stralende Bloeisels gestileerde fotosessie

Ons by Mooi Troues is opgewonde om dié gestileerde fotosessie met ons lesers te kan deel. Hier word die talente van Oos-Kaapse trou diensverskaffers ten toon gestel.

In die gestileerde fotosessie sien ons dat geel op ‘n baie mooi en stylvolle manier gebruik kan word as hoofkleur van ‘n troue.  Paartjies wat bang is om geel te gebruik sal aangenaam verras wees oor hoe mooi dié primêre kleur eintlik werk in trou dekor.

Ons sê baie dankie aan die diensverskaffers wat bymekaar gekom het om die gestileerde fotosessie bymekaar te sit.  Ons weet ons lesers sal in die foto’s hieronder sommer baie inspirasie vind.  Nou toe – rol af en geniet die gestileerde fotosessie.

Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography

Wie het die fotosessie gereël?


Estelle Pretorius Make-up Artistry het die fotosessie gekonseptualiseer en met die hulp van elke diensverskaffer kon dit realiseer.

Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography

Inspirasie agter die fotosessie?


Met soveel verskillende style en idees, is dit soms oorweldigend om te besluit watter rigting jy gaan kies om jou droomdag ‘n realiteit te maak.  Waarom tevrede wees met slegs een benadering terwyl jy style en idees op ‘n stylvolle manier kan kombineer?  Dus is eklektisisme en die fyn balans tussen minder is meer, vintage vogue, moderne afrondings met ‘n ongewone  helder trou kleur palet, alles in ‘n romantiese rustieke skuur die inspirasie agter hierdie gestileerde fotosessie.

Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Na ek ‘n troue in my Tuisdorp, Jeffreysbaai gedoen het, het ek besluit om aan te bly om by my ouers te kuier en so van die geleentheid gebruik gemaak om saam met vriende & ongelooflike talentvolle diensverskaffers  ‘n fotosessie te reël saam wie ek nie gereeld die kans kry om te werk nie, aangesien ek in die Kaap gebaseer is.  Die diensverskaffers is almal uiteenlopend met ‘n unieke benadering tot die trou industrie wat juis die konsep van eklektisisme so mooi kon vasvang.

Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel van die fotosessie was verseker om die eenheid te sien vorm tussen verskillende skeppende siele en hoe belonend ‘n spanpoging kan wees.

Dit was ongelooflik om te sien hoe elke individu iets nuuts tot die tafel bring en hoe dit saam ‘n harmonie vorm.

Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?

Minder is meer, maar dit verhoed jou nie om verskillende elemente saam te voeg nie.  Maak idees bymekaar van elemente wat met jou resoneer.  Kyk dan hoe jy die verskeidenheid idees en elemente saam kan gebruik om mekaar te komplimenteer.  Skep vir jouself ‘n “leë doek.”  Laat jou eklektiese elemente jou fokus punte wees.  Moet nie huiwer om vir jou diensverskaffers hul opinie te vra nie;  Hulle sal jou raad gee en in die regte rigting stuur.

Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography Shaula Greyvenstein Photography

Diensverskaffers