Clive & Lee se pragtige troue

Lee en Clive het ʼn pragtige troue gehad in Februarie 2018.  Die bruid en bruidegom straal van geluk in die foto’s en kan nou uiteindelik hul lewens vir altyd saam geniet.  In die artikel vertel die paartjie onder meer oor hoe Clive amper sy oomblik gemis het om die groot vraag te vra en verduidelik ook mooi wat hul inspirasie was vir dekor keuses op hul groot dag.

Lee en Clive se hele troue moes ʼn minimalistiese en moderne styl hê, wat beslis bereik is deur die eenvoudige wit kleurskema en bestaande dekor in die venue.  Die trou dekor items was ook in gehuur van Authentic Planning.

Hulle vertel ook onder wie hulle gehelp het om binne die trou begroting te bly vir hul groot dag en hoe hulle besluit het op hul venue.  Geniet die paartjie se fotosessie en kry beslis ʼn paar wenke as hierdie klink soos die tipe troue wat jy graag sal wil hê.  Rol af om na die pragtige troue te kyk.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


Ons troudatum was 3 Februarie 2018. Lee was 26 jaar oud en Clive 29 op die dag van hul troue.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ek en Clive het mekaar ontmoet in die gym. Dit was regtig liefde met die eerste oogopslag.

Hoe het julle verloof geraak?


Die dag wat ons twee jaar saam was het Clive my bederf met ‘n trippie Sun City toe vir ‘n week. Die eerste aand  in Sun City het Clive ‘n tafel bespreek by Plume in die paleis.  Na ons ongelooflike ete het ons buite rondom die paleis gestap en die mooie ligte bekyk. Toe ek gekla het oor  die koue  weer  (dit was Julie-maand), het Clive besef  hy moet  nou die groot vraag vra. Oppad op by die trappe, het Clive op sy knie gesak en ‘n ring-boks uit  sy kous  gehaal  en my gevra om te trou.

Hoe het julle die venue gekies?


Op Google was my sleutelwoorde: modern; minimalisties; trou venue; wynlande en toe kom ek af op Landtscap. Dit was die eerste en laaste venue wat ons gekyk het. Dit was presies wat ons in gedagte gehad het. Die venue bestuurder, Tammy, het ons so tuis laat voel.

Wat was die inspirasie vir jul dekor keuses?


Ons hou baie van moderne dekor en meubels in ons huis. ‘Minder is altyd meer’. Dit is vir ons vars, skoon en minimaal. Ons wou graag tafels hê sonder wit tafeldoeke en hoë blommerangskikking.  Die venue self is modern en die dekor moes  daarmee saam werk.

 

Vertel ons meer oor die ontwerp van jul ringe


Clive het my ring self ontwerp by Anton Hattingh in Somerset-Wes.  My ring is ‘n “princess cut” diamant geset in wit goud. Rondom die diamant is Dakar Roos Goud stukkies met klein diamante langs die groot een. Ons het Clive se ring ook by Anton Hattingh laat maak. Sy ring is van titanium gemaak met ʼn geen glans houtskool afwerking.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Definitief ons eerste dans as ‘n getroude paartjie.

Wie was jul fotograaf en videograaf?


Ons fotograaf was Jessie De Bruin. Haar werk het baie meer uitgestaan as enige ander. Haar werk is modern, natuurlik en vang oomblikke vas wat ons graag wou hê.  Sy het ons gemaklik laat voel, veral toe ons haar vir die eerste keer ontmoet by ons eerste fotosessie.  Sy het dadelik op boodskappe geantwoord , daar was nooit ‘n probleem nie.

Ons videograaf was Dan Dedekind.  Dan se werk is beslis modern en het elke oomblik gevang in ons +- 15min video.  Al het hy elke oomblik gevang, het hy so goed saamgewerk met die gaste en fotograaf en ons het nie eers besef hy is daar nie.

Wat sou jul wou verander sou jul kon?


Absoluut niks behalwe trou stres.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat hul troue beplan?


Geniet elke oomblik van die beplanning en natuurlik die dag. Dit gaan so vinnig verby. Niemand gaan weet as iets verkeerd loop.

Wat was jul trou begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons begroting vir die hele troue was R300 000. Kom ons sê, my ma was die beste trou-beplanner, boekhouer en konflik bestuurder.

Was julle met wittebrood gewees?


Na die troue het ons ʼn twee maande breuk geneem van al die beplanning. Ons het in April maand Thailand toe gevlieg vir tien dae.  Swembad-blou water, Mojito’s en snorkel op Phi Phi eiland was definitief die beste begin van ons wittebrood.  Na Phi Phi eiland was ons Phuket toe vir inkopies en het die Patong lewe ervaar.

Klik hier vir  diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: