Gratis: Selfdoen Vonkel Stokkies

Vonkel stokkies helder enige troue op!  Dit skep ‘n romantiese atmosfeer as al die gaste hul vonkel stokkies aansteek vir die eerste dans, en dit maak vir die mooiste fotos.  Daar is ‘n keuse van twee vonkel stokkies kaartjies.  Swart teks, of  soliede swart  blok met teks.  Jy kan lekker speel met die twee opsies, dit meng en pas, of besluit om met net een styl te gaan.  Jy kan ook dit ook druk op enige kleur papier.  Die papier moet net nie te donker wees nie.  Die talentvolle Selmarie Slot het die oulike ontwerp gedoen.


LAAI AF:

    NAAM:

    E-POS ADRES:



    Wanneer jy dit laat druk het jy twee keuses:

    Druk dit self:

    Jy kan of dit self by die huis drukker en uitsny. Gebruik die kruisies en sny die kaartjie van hoek tot hoek uit. Maak dan ook bo en onder aan die kaartjie ‘n snytjie in die papier waardeur jy jou vonkel stokkie kan druk, of dalk verkies jy om dit eerder agter vas te plak met kleeflint.

    Laat dit druk:

    Neem dit na jou naaste drukkers toe. Hulle sal die kaartjies vir jou kan druk en sny.

    Jy sal net nogsteeds die snytjie bo en onder aan die kaartjie moet maak om die stokkies deur te druk.

     Dit kan dan op elke gas se servet geplaas word.


    Artikel Krediet: