Roche & Arthur se selfdoen troue

 

Die sjarmante Arthur weet presies hoe om ‘n meisie beter te leer ken toe hy die mooi Roche  vra om sy  “Chocolate Fondant” met hom te deel.  Op ‘n bootreis kniehalter familie wat vir aandete by hulle aansluit die oomblik wat hy haar wil vra om te trou,  Hy maak egter gou ‘n plan en smokkel haar weg na ‘n stil hoekie op die boot.  Roche lyk asemrowend mooi  op hul troudag waar sy emosioneel in haar man se arms sit.  Hande sê baie en wat ‘n voorreg is dit vir die bruid om ‘n foto van haar hande saam met die 2 mees belangrike 2 vroue in haar lewe te kon neem. By Mooi Troues wens ons die paartjie ‘n gelukkie vol huwelik toe waarin hul dae net so vol pret sal wees soos hulle eerste dag as getroudes.

Roche en Arthur_0002 Roche en Arthur_0003 Roche en Arthur_0004 Roche en Arthur_0005 Roche en Arthur_0006 Roche en Arthur_0007 Roche en Arthur_0008 Roche en Arthur_0009 Roche en Arthur_0010 Roche en Arthur_0011 Roche en Arthur_0012


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Ek het in St Francis Baai gewerk. Arthur het vir sy broer, wat saam my gewerk het, kom kuier van Johannesburg af. Ons is aan mekaar voorgestel, maar toe ek hom ontmoet het, het ek nie gedink enige iets sal ontwikkel nie. Arthur het my begin vly – ‘n regte “gentleman” in als wat hy doen.  Arthur het gebly vir aandete by die klub en ek het voorgestel dat hy die “chocolate fondant” probeer vir nagereg – hy het gesê hy sal, maar net as ek dit met hom deel en ek het. Dit was net die begin!


Roche en Arthur_0013 Roche en Arthur_0014


Hoe het julle verloof geraak?

Ons was op ‘n skip tussen Mosambiek en die Portugese eilande, saam met familie en vriende. Die gala aand het aangebreek. Toe ons by die tafel kom, het Arthur dadelik homself verskoon – hy het gereël dat die kelner ‘n bottle sjampagne vir ons bring want hy sou my vra om te trou. Ons het nie gedink my familie sal saam ons eet die aand nie – almal moes deftig aantrek. Nes hy die vraag sou vra, het my familie opgedaag. Arthur het ‘n plan ‘n beraam en het toe na ete in ‘n stil area op die skip, die vraag gevra.


Roche en Arthur_0015 Roche en Arthur_0016 Roche en Arthur_0017 Roche en Arthur_0018 Roche en Arthur_0019


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

4 jare en 5 maande. Ons het in April 2011 ontmoet en in Maart 2014 verloof geraak. Ons troue was in Augustus 2015.


Roche en Arthur_0020 Roche en Arthur_0021 Roche en Arthur_0022 Roche en Arthur_0023 Roche en Arthur_0024 Roche en Arthur_0025 Roche en Arthur_0026 Roche en Arthur_0027 Roche en Arthur_0028 Roche en Arthur_0029 Roche en Arthur_0030 Roche en Arthur_0031 Roche en Arthur_0032 Roche en Arthur_0033 Roche en Arthur_0034 Roche en Arthur_0035


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Vir die troue: ONTSPAN. Pinterest maak ‘n groot boehaai oor troues – dit raak baie duur en baie ingewikkeld. Jy het nie nodig om baie geld te spandeer nie (Behalwe op die fotograaf!) Ons oor kompliseer klein besonderhede wat nie nodig is nie. Praat met jou verloofde en vind uit hoe baie hy betrokke wil wees in die troue se beplanning, om jou verwagtinge te beheer. Wanneer die trou dag aanbreuk, hou op stres – daar is nou niks meer wat jy kan reël nie. Dis die dag waar julle lewens saam begin. Nou kan jy dit net geniet.


Roche en Arthur_0036 Roche en Arthur_0037 Roche en Arthur_0038 Roche en Arthur_0039 Roche en Arthur_0040 Roche en Arthur_0041

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Herman Verwey
  • Hare en Grimering: Pin-Up Girls
  • Blomme, rok en dekor: Familie en self
  • Musiek: Jacques Mouton en Robin Gast
  • Venue: Nirox Sculpture Park
  • Akkommodasie: Eagles View