Mauritz & Rozanne se Bolandse troue

Ons het hom nie gevra nie maar die kanse is goed dat Mauritz saam geneurie het as hy ʼn lied van ʼn Bolandse nooientjie gehoor het. Dit is nou nadat hy Rozanne tydens ʼn fees op haar skilderagtige tuisdorp, Rawsonville, ontmoet het? Hy is beslis ʼn man wat nie sy toekomstige vrou uit sy vingers laat glip het nie. Dieselfde aand vra hy haar om solank aan sy van gewoond te raak. “Dit gaan eendag joune wees,” belowe hy ernstig.

Presies ʼn jaar later neem hy haar na ʼn wynproe in Robertson. Hy verras haar die aand in die berghut waar hulle oorbly met ʼn verloofring en vra haar om sy vrou te word. Rosanne ervaar die aand as die mees romantiese van haar lewe.

Op hul troudag skitter die mooi bolandse bruid in haar skouerlose trourok. Sy slaan asems weg toe sy in ʼn waas van VERSACE Crystal Bright parfuum haar strooimeisies die kerk binne volg.

Die bruidegom se blou pak komplimenteer sy mooi blou oë waar hy merkbaar gespanne voor in die kerk op sy bruid wag.

Tydens die fotosessie pronk die mastieuse blouberge in die agtergrond waar die paartjie met hul gevolg by hul troukar, ʼn ou morris, poseer. Wingerde en fynbos komplimenteer die buitelug fotos wat geneem word.

Die keurig versierde tafels by die onthaal het fokuspunte soos ʼn ou telefoon en tikmasjien. Dit skep ʼn outydse en rustige gevoel uit ʼn era voor tegnologie. Die gaste klink sjampanje glasies op ʼn gelukkige toekoms vir die

pasgetroudes waarna hul weglê aan ʼn heerlike driegang maal wat met ʼn garnaal kelkie wegspring.  Sterretjie liggies word brand gesteek en rond geswaai toe die paartjie die dansvloer betree.

Dis voorwaar ʼn troue wat Mauritz en Rosanne gaan onthou vir die mooi daarvan en ook die mooi van die toekoms wat hulle daarna binnestap.

Sune & Maritz_0002 Sune & Maritz_0003Sune & Maritz_0004Sune & Maritz_0005 Sune & Maritz_0006 Sune & Maritz_0007 Sune & Maritz_0008 Sune & Maritz_0009Sune & Maritz_0010 Sune & Maritz_0012

Hoe het julle ontmoet?


Dit was in Julie 2013 by die Soetes en sop wynfees in Rawsonville my tuisdorp, Mauritz het toe net soontoe getrek en ek was daar op ʼn “girls weekend” van die Kaap af!Ek glo nie in “love at first sight” nie maar met ons was dit presies wat gebeur het!  Mauritz het later die aand vir my gesê ek moet sy van oefen ….. want dit gaan eendag myne wees!  Hehe het gedink hy was nogal windgat om dit vir my te sê!!

Sune & Maritz_0013 Sune & Maritz_0014 Sune & Maritz_0015 Sune & Maritz_0016

Hoe het julle verloof geraak?


Mauritz het my weggevat Robertson toe en dit was ‘n ongelooflike dag van wynproe en rondry en die aand het hy my by ons kothuis in die berge gevra, tenspyte dat als nie uitgewerk het soos hy my wou vra nie was dit baie romanties!

Sune & Maritz_0017 Sune & Maritz_0018 Sune & Maritz_0019Sune & Maritz_0020Sune & Maritz_0021

Hoe lank was ons saam voor ons getrou het?


Ons het 1 jaar uit gegaan toe hy my vra om sy vrou te word en toe so 1 jaar en 2 maande later is ons getroud!!

Sune & Maritz_0022Sune & Maritz_0023Sune & Maritz_0024Sune & Maritz_0025Sune & Maritz_0026Sune & Maritz_0028Sune & Maritz_0029Sune & Maritz_0030Sune & Maritz_0031Sune & Maritz_0032Sune & Maritz_0033

Advies aan ander paartjies


Geniet alles van die beplanning tot julle groot dag jy kry dit nooit weer oor nie! Op die dag sal als verloop soos dit moet en jy kan niks verder beheer nie geniet dit net jy het reeds als gedoen wat jy moes!! Niemand weet as iets nie daar was nie behalwe jy en dit is nie waaroor die dag gaan nie dit gaan oor julle 2 as man en vrou so fier dit!

Sune & Maritz_0034Sune & Maritz_0035Sune & Maritz_0036Sune & Maritz_0038Sune & Maritz_0039Sune & Maritz_0040Sune & Maritz_0041Sune & Maritz_0042Sune & Maritz_0043Sune & Maritz_0044Sune & Maritz_0045Sune & Maritz_0046Sune & Maritz_0047Sune & Maritz_0048Sune & Maritz_0049Sune & Maritz_0050Sune & Maritz_0051Sune & Maritz_0052Sune & Maritz_0001

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: