Carel & Burnadene se verlowing

Carel en Burnadene verlowing_0001


Carel ontmoet die mooi blonde student by ‘n sosiale geleentheid by ‘n universiteits koshuis. Hy vat haar egter eers op ‘n afspraak toe hy begin werk. Burnadene onthou elke oomblik van die spesifieke dag.

Tydens ‘n Europese toer wag Carel sy kans af.  Parys is mos die stad vir romanse en dis ‘n gulde geleentheid vir hom om die meisies van sy drome te vra om met hom te trou. In ‘n stil hoekie in tuine met die Eiffel toring wat bo hulle uit troon, gaan hy oor in aksie. Gelukkig is sy ouers daar met egte Franse shampanje en kon hul ‘n paar fotos neem om die groot oomblik vas te vang.

Hulle verlowings fotos is treffend waar hul elegant uitgevat poseer by ‘n ou murasie. ‘n Paar verspotte fotos bring die twee se sin vir humor ook  na vore.

Later is hulle gemaklike geklee in die natuur op ‘n bank en reisdeken. Hulle lyk dolverlief en baie gelukkig.  Geen wonder hulle kan nie wag om die knoop binnekort deur te haak nie.


Carel en Burnadene verlowing_0002 Carel en Burnadene verlowing_0003


 

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Burnadene : Ek en Carel het mekaar ontmoet op universiteit. Ons het gemeenskaplike vriende gehad en was beide in ‘n koshuis wat sosiale geleenthede saam gehou het. Ons was vir lank vriende en het altyd in ‘n groep saam gekuier. Toe Carel begin werk in Januarie 2012, het ons al hoe meer begin gesels en saam uitgaan. Ek onthou die dag toe hy my op ons eerste ‘date’ gevat het soos gister! In April het hy my uiteindelik gevra om sy meisie te wees en van daar af het ons nooit weer terug gekyk nie!


Carel en Burnadene verlowing_0004 Carel en Burnadene verlowing_0005


Hoe het julle verloof geraak?

Carel: Ek wou graag ons verlowing so spesiaal as moontlik vir Burny maak. Aanvanklik het ek oorweeg om ons gunsteling “pop-up” pizza plek uit te huur en haar daar te vra, maar toe het ons ‘n toer deur Europa gereël het, het my planne vir die verlowing net so vinnig verander. Ons het een dag deurgebring in Parys, Frankryk. Ek was baie op my senuwees! Na ‘n paar uitstappies, het ek vir ons ‘n stil plekkie gaan soek in die tuine by die Eiffel toring. Daar het ek haar toe gevra om te trou en gelukkig het sy “Ja” geantwoord! Dit was wonderlik met my ouers wat vir ons eg Franse Shampanje saamgedra het en wat daar was om ‘n paar fotos te neem van die onvergeetlike dag.


 

Carel en Burnadene verlowing_0006 Carel en Burnadene verlowing_0007 Carel en Burnadene verlowing_0008 Carel en Burnadene verlowing_0009Carel en Burnadene verlowing_0010


 

Wanneer beplan julle om te trou?

Ons het besluit om 7 Mei 2016 te trou. Ons eerste oorweging was om ‘n plek te kies waar al ons vriende en familie kan bymekaar kom. Dit was vir ons baie belangrik dat al ons naaste die groot dag saam ons kan spandeer, en so het ons op Isiphiwo Boutique Hotel besluit in Pretoria. Ons kan nie wag om die knoop deur te haak nie!


Carel en Burnadene verlowing_0011Carel en Burnadene verlowing_0012Carel en Burnadene verlowing_0013Carel en Burnadene verlowing_0014Carel en Burnadene verlowing_0015Carel en Burnadene verlowing_0016Carel en Burnadene verlowing_0017Carel en Burnadene verlowing_0018Carel en Burnadene verlowing_0019Carel en Burnadene verlowing_0020Carel en Burnadene verlowing_0021Carel en Burnadene verlowing_0023Carel en Burnadene verlowing_0024Carel en Burnadene verlowing_0025Carel en Burnadene verlowing_0026Carel en Burnadene verlowing_0027Carel en Burnadene verlowing_0028Carel en Burnadene verlowing_0029Carel en Burnadene verlowing_0030

Diensverskaffers: