In die feestelike atmosfeer van die Rocking the Daisies musiekfees in Robertson, vang die mooie Nina, Brandon se oog. Daar is baie meisies maar dis net vir haar wat hy raaksien. Hy vra haar om sy vrou toe word tydens โn besoek aan die idilliese Mosambiek.
5 Jaar later trou hulle in die Boland. In die bruid se hare is kransie van fyn wit blommetjies gevleg en haar mooi trourok se bostuk van geborduurde kant laat haar soos โn woud-prinses lyk. Silwer sterretjies en harte op lang-steeltjies geen โn romantiese gevoel. Nina se ses bruidsmeisies lyk vroulik in kort sagte pienk rokkies en blomme kransies in hul hare. Tydens die seremonie skuil die gaste onder stylvolle hand-sambrele teen die son.
โn Emosionele bruidegom, uitgevat in โn grys broek en onderbaadjie, moet tydens sy toespraak โn sakdoek nader sleep. Mooi is die liefde wat twee mense, ooglopend verlief, op die mooiste dag van hul lewe vir ewig verbind.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ons het by, Rocking the Daisies, musiekfees ontmoet.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het in Mosambiek verloof geraak.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 5 jaar saam.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Geniet jou verlowings voordat julle die troue begin beplan. As julle wel begin met die troue reรซlings begin maak gerus gebruik van webwerwe en doen eers bietjie navorsing.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Moira West
- Bruidsmeisie rokke: Faiza Daniels en Andy Reeves
- Mans pakke: Smart Men Suit Hire
- Blomme: Natalie Jasmin
- Skryfbehoeftes: Oh Yay
- Ring kussings, boksers en bruidegom ves: I do Box
- Venue: Marlinique Estate
- Hare: Technigirl Hair and BeautyBeauty
- Grimering: Rapid Culture
- Ekstra Dekor: Grand Room Design
- Troukoek: Arlene Haupt