Lionel & Liezl se mooi troue

Ons hou baie van die dekor van vandag se publikasie, die troue van Liezl en Lionel.  Die tafel dekor is vars en skoon. Alles die sou nie gebeur het as dit nie vir Jessie, Liezl se Jack Russel was wat nie ‘n sekere truitjie wou dra nie. Lees die paartjie se ouloke storie hier onder, maar kyk ook na die mooi fotos.


Lionel en Liezl se mooi troue_0001 Lionel en Liezl se mooi troue_0002 Lionel en Liezl se mooi troue_0003 Lionel en Liezl se mooi troue_0004 Lionel en Liezl se mooi troue_0006


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Dit is als te danke aan ‘n aan troeteldier winkel en sosiale media. Ek werk vir ‘n eiendoms agentskap in Vishoek en vyf jaar gelede het daar ‘n troeteldier winkel oopgemaak twee deure vanaf ons kantoor. Dit was Lionel se broer, Richard se winkel. Ek het ingeloer by die nuwe winkel gedurende my etens uur en toe ‘n truitjie vir my Jack Russell gekoop. Ongelukkig het Jessie geweier om die truitjie te dra en ek moes dit toe terug neem na die winkel. Lionel het uitgehelp die dag toe ek die truitjie terug neem en toe ek die strooitjie teken het hy my naam gesien en my op Facebook opgesoek. Ons het vir ‘n paar weke mekaar ge-e-pos en ‘n maand later ons eerste afspraak gehad.


Lionel en Liezl se mooi troue_0007 Lionel en Liezl se mooi troue_0008 Lionel en Liezl se mooi troue_0009 Lionel en Liezl se mooi troue_0010 Lionel en Liezl se mooi troue_0011 Lionel en Liezl se mooi troue_0012 Lionel en Liezl se mooi troue_0013 Lionel en Liezl se mooi troue_0014


Hoe het julle verloof geraak?

Ons het by Lionel se ma in die Oos-Kaap gekuier vir ‘n paar dae en sou daarna vir twee weke langs die tuin roete gaan kampeer het. Ons eerste stop was Tsitsikamma Nasionale Park wat my gunsteling plek in Suid Afrika is. Lionel wou graag die volgende dag die waterval stap roete doen en al was ek nie baie lus nie, het ek ingestem. Op pad het Lionel baie snaaks opgetree elke keer as ek iets uit die dra sak wou kry. Na al die klouter en klim het ons uiteindelik by die waterval uitgekom en asem geskep vir ‘n paar minute. Ek het my rug gedraai vir ‘n paar minute en toe ek terug draai het hy homself op netjies op die rots gebalanseer op vir my die groot vraag te vra.


Lionel en Liezl se mooi troue_0015 Lionel en Liezl se mooi troue_0016 Lionel en Liezl se mooi troue_0017 Lionel en Liezl se mooi troue_0018 Lionel en Liezl se mooi troue_0019 Lionel en Liezl se mooi troue_0020 Lionel en Liezl se mooi troue_0021 Lionel en Liezl se mooi troue_0023


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Bietjie meer as vyf jaar.


Lionel en Liezl se mooi troue_0024 Lionel en Liezl se mooi troue_0025 Lionel en Liezl se mooi troue_0026 Lionel en Liezl se mooi troue_0027 Lionel en Liezl se mooi troue_0028 Lionel en Liezl se mooi troue_0029 Lionel en Liezl se mooi troue_0030 Lionel en Liezl se mooi troue_0031 Lionel en Liezl se mooi troue_0032


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Die internet is fantasties – so vol idees, kies ‘n goeie fotograaf – jou fotos is wat jy sal hê om jou aan die dag te herinner, bly by jou begroting, spandeer ‘n paar rand meer en kry wat jy regtig wil hê, anders is jy dalk eendag spyt wanneer jy terug kyk en die beste raad wat ek van ‘n vriendin ontvang het – fokus op mekaar. Dit is julle spesiale dag.


Lionel en Liezl se mooi troue_0034 Lionel en Liezl se mooi troue_0036 Lionel en Liezl se mooi troue_0037 Lionel en Liezl se mooi troue_0038


Diensverskaffers: