Hierdie verlowing fotosessie van Nicolas en Clara is ’n pragtige samesmelting van kuns, beweging en emosie. Die paartjie het besluit op ’n unieke agtergrond wat hul kreatiewe persoonlikhede weerspieël deur ’n kunsgalery as hul doek te gebruik. Met ’n fokus op kinematografiese fotografie, voel elke foto soos ’n toneel uit ’n klassieke film waar die tyd vir ’n oomblik stilstaan.
As groot liefhebbers van filmfotografie was die visie vir hierdie sessie om weg te breek van tradisionele geposeerde foto’s. Die fotograaf het daarin geslaag om beweging en opregte oomblikke vas te vang wat amper self soos kunswerke teen die galery se mure vertoon. Die gebruik van unieke lense en tegnieke skep ’n dromerige effek wat die “in die oomblik” gevoel versterk. Dit is ’n perfekte voorbeeld van hoe ’n paartjie hul eie belangstellings in ’n fotosessie kan weef.
Clara het gekies vir ’n besonderse wit rok wat onmiddellik die oog vang. Die rok het ’n vloeibare ontwerp met fyn teksture, kant-besonderhede en romantiese pofmoue wat ’n eteriese gevoel aan die sessie verleen. Nicolas komplementeer haar voorkoms met ’n netjiese wit hemp en aardse bruin broek. Hierdie keuse van uitrustings beklemtoon die tydlose atmosfeer waarvoor die paartjie gemik het.
Nicolas het self die inisiatief geneem om Clara se verloofring te ontwerp. Die resultaat is ’n ring wat vintage elemente met ’n romantiese aanslag kombineer. Hierdie ring is nie net ’n simbool van hul belofte aan mekaar nie, maar ook ’n weerspieëling van Nicolas se kreatiewe insette.
Paartjies wat droom van hul eie unieke juwele of ’n fotograaf soek wat sulke emosie kan vasvang, kan gerus Mooi Troues se aanlyn trougids besoek. Daar sal julle die beste diensverskaffers in Suid-Afrika vind om julle eie visie te help realiseer.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het ontmoet in ons eerstejaar op universiteit. Vir ses jaar was ons deel van dieselfde vriendegroep en het ’n sterk vriendskap opgebou. Ons was albei in redelike ernstige verhoudings tydens hierdie tydperk en kon regtig as slegs platoniese vriende beskryf word. Aan die einde van ons finalejaar het ons op ‘n meer romantiese manier verbind geraak.
Ons is toe albei in Kaapstad geplaas vir ons internskap jaar en het aan die begin van ons eerste jaar van internskap begin uitgaan en aan die einde van ons tweede jaar verloof geraak. So ons ken mekaar al vir 8 jaar en het n ongelooflike goeie fondasie op vriendskap gebou.

Die groot vraag:
Ons het verloof geraak tydens ʼn familievakansie in die winter – sneeu by die Neuschwanstein kasteel in Duitsland (fun fact: hierdie kasteel is waarop die Disney kasteel gebasseer is).
Dit was ‘n ongelooflike groot verassing!
Ons het beslis al daaroor gepraat, maar ek het nie verwag dat dit sou gebeur het op daardie tydstip nie. Dit was perfek in elke sin van die woord, aangesien my (Clara) se ouers, suster, broer, swaer en 6 maande oue susters-kind was in bywoning.

Hoekom ons mekaar liefhet:
Clara:
Nicolas is die enkel mees ewewigtige mens wat ek al ooit ontmoet het. Hy het ʼn ongelooflike mooi hart en het die vermoë om enige mens se situasie te verstaan en logies te ontleed. Sy humorsin is ongëwenaard. Hy besit die talent om my uit my maag te laat lag soos geen ander mens kan nie. Uiteindelik kan ek baie eerlik sê dat hy soveel beter van n mens is, as wat ek ooit sal kan droom om te wees, wat my daarom inspireër om elke dag beter te probeer optree as wat ek die vorige dag het.
Nicolas:
Clara is iemand wat nie laat wag op haar nie. As sy ‘n teiken vasgestel het, is daar geen berg te groot om te verskuif om by haar doel uit te kom nie. Haar dryf inspireer my om my eie doelwitte te jaag en om te probeer ‘n beter mens wees. Sy is ook (soms) baie snaaks, en laat my altyd lag. Sy is regtig my beste buddy.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons gaan so jaar al verloof gewees het teen die tyd wat ons trou in November 2026.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons gaan so jaar al verloof gewees het teen die tyd wat ons trou in November 2026.

Die verloofring:
My verloofring is die mooiste en spesiaalsye geskenk wat ek al ooit by enige iemand gekry het, of sal kry!
Ons het bietjie daaroor gesels en ek het destyds fotos gestuur van style waarvan ek hou, maar uiteindelik het Nicolas dit heeltemal self ontwerp (saam met die juwelier wat dit gemaak het) en laat maak.
Dit is die perfekte mengsel van vintage, romanties en “whimsical”.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou graag fotos hê wat ons kon gebruik vir ons troue se welkom borde asook ons trou uitnodigings! En ook om fotos vir ons huis te hê.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons albei is redelik kunstig op verskillende maniere, ons wou graag ʼn kinematografiese en kunsinnige tipe verlowing foto gehad het. Ons is albei groot liefhebbers van film fotografie en wou graag ʼn element van daarvan op ons fotos vasvang. Michelle (ons fotograaf) is ongelooflik en het dít presies gedoen! Beweging en “in die oomblik” fotos wat lyk asof dit in ʼn kunsgallery kon gehang het.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Verwagtinge: om geduldig en verlief saam trou beplanning te doen. 😉
Vrese: Niks wat dadelik vorendag kom nie.

Visie vir droomtroue:
‘n Samekoms van geliefdes wat ʼn gemaklike en prettige atmosfeer ervaar.
Die hoop is dat die dag stadig sal verbygaan en om elke oomblik vas te vang om sodoende die meeste daarvan te kan ervaar en onthou. Ons gaan trou by Anderland in Potchefstroom wat ʼn asemrowende venue is wat ʼn magiese gevoel skep, met digte rankplante, tuine en ʼn amper “gothic” styl kerk. Ons het aanvanklik gedink dit sal ʼn kleiner troue wees as wat dit gaan wees!
Die droom is dat dit ʼn romantiese, stylvolle dag sal wees, wat ʼn bietjie van ons albei se persoonlikhede sal uitbeeld in die dekor, kleredrag en mense wat in bywoning is.

- Fotograaf: Kavod M Photography | Kontak
