Henry & Anneke se Tydlose Pastel Troue in die Hart van die Bosveld

Henry en Anneke se tydlose pastel troue in die hart van die Bosveld was ’n perfekte balans tussen klassieke elegansie en moderne flair. Geleë in die hartjie van die Noordwes-provinsie bied Bona Bona Game Lodge ’n unieke kombinasie van bosveld rustigheid en luukse gesofistikeerdheid. Die ligging het ’n onvergeetlike agtergrond geskep waar die natuurlike skoonheid van die wildtuin moeiteloos saamgesmelt het met die paartjie se verfynde trou dekor.

By Bona Bona Game Lodge, omring deur die stilte van die natuur en die warmte van hul geliefdes, het Henry en Anneke ’n nuwe hoofstuk begin. Anneke se visie vir die dag was gegrond in ’n ware feesviering atmosfeer, wat sy tot lewe gebring het met ’n deurdagte kombinasie van neutrale skakerings en sagte pastelkleure. ’n Basis van wit, room en beige is opgehelder met kleurvolle blomme en strooimeisierokke, terwyl goud aksente op die tafels en fyn eetgerei die moderne atmosfeer afgerond het. Dit was ’n styl wat terselfdertyd tydloos én vars gevoel het.

Die bruid het ongetwyfeld die kollig gesteel in ’n droom trourok Die A-lyn-rok van off-white Duchess satyn het ’n klassieke sweetheart halslyn en minimalistiese drapering op die bostuk vertoon. Pêrels wat van agter af dig begin en geleidelik na vore minder geword het, het ’n delikate glans bygevoeg, terwyl die dramatiese aanknip-strik op die rug ’n gewaagde modestelling gemaak het. Vir Anneke was die korter sleep ’n deurdagte keuse wat haar lengte gevlei het en die rok se elegansie subtiel afgerond het

Beplan jy ’n gesofistikeerde wildtuin troue? Rol af en geniet Henry en Anneke se tydlose pastel troue in die hart van die Bosveld by Bona Bona Game Lodge.

Trourok:


My trourok. Oh my genade, dit is my droomrok! Hy is genaak deur Ernst Schutz. Dit is ʼn A-lyn rok met ʼn sweetheart neckline. Off white dutchess satin.

ʼn Klein sleep, omdat ek ʼn kort meisie is. Die bostuk het minimaal drapering en pêreltjies wat van agter af vorentoe fade.

Hy het ʼn aanknip baie dramatiese strik op die rug.

Paartjie se Verlowing:


Ons het altwee net terug gekom van Amerika af . Ek het werk gekry in Klerksdorp om naby aan die plaas te wees waar hy werk. Ek het myself reg gemaak om tenminste nog ʼn jaar of so ons voete te vind vandat ons terug gekom het.

Ons het planne gemaak vir ʼn langnaweek in Maart. Ek sê nogal ewe vir Henry ek sal die Donderdag (vakansiedag) werk en dan kan ek die Vrydag af vat. Hy het sy werk toe ook so gereël. In die afloop na díé naweek toe sê hy vir my sy boetie het besluit om van die Kaap af, af te vlieg om ook die langnaweek te kom kuier en daar is ʼn veiling waar hulle beeste wil koop en dan sal ons sommer na die veiling na ʼn dans toe gaan (wat vir my vreemd was, maar ek’t nie veel daarvan gedink nie – dis mos langnaweek).

Lang storie kort

Ons kom die aand by sy ouers op die plaas, baie opgewonde om langnaweek te hou. Ek praat oor die veiling en die dans en later die aand kom ek agter niemand praat soveel van die gebeure van die volgende dag nie, daar het ek bietjie iets vermoed. Die volgende oggend het ons opgestaan, ek, baie opgewonde, want die pad wat ons moet ry na die “veiling” toe is ʼn spesiale grondpad wat nie baie mense van weet nie en ek en Henry ry altyd die pad saam vriende/familie as ons Marico toe gaan. Daar is een spesifieke plek waar daar ʼn brug is en die rivier loop onderdeur en dit is so mooi, mens kan nie dink dit is in die Noord-Wes nie.

Die eerste vreemde ding van die dag was dat Henry se boetie nie saam ons wou ry nie. Ons ry ʼn rukkie na hulle, maar kry hulle nêrens langs die pad nie. Ek sê nogal ons moet stop by daai brug sodat ons n foto kan neem vir van ons vriende. “Ja, nee, goeie plan” sê Henry😂 anyway – ons stop toe daar. Daar lê ʼn perfekte sonneblom in die middel van die pad (weird). Ek maak nogal ʼn grappie en sê iemand het gedink hulle is snaaks. Net daar, sien ek ʼn piekniek uitgepak onder op ʼn sement blad wat net-net bo die water is. Toe ek dit sien toe weet ek. Henry het die mooiste woorde gesê en my daar gevra om sy vrou te wees.

Verloof- en Trouringe:


My verloof ring is ʼn goue pant met n reghoekige diamant. Dit het ʼn hidden halo waarvan die steentjies van my ouma se trouring af kom. My troupant is ook net plein goud met 6 klein diamantjies (drie weerskante sodat as ek hom saam my ring dra die diamantjies weerskante van die steen is).

Meer oor Bona Bona Game Lodge


By Bona Bona Game Lodge wag ’n onvergeetlike ervaring op julle en jul trou gaste. Van elegante en-suite kamers met uitsigte oor die watergat tot die eksklusiewe Boskamp vir avontuurlustige families is elke detail ontwerp vir gemak en styl. Ontspan by die Veldhaven Spa, geniet fynproewerskosse met wild lewe as jou agtergrond, of vier intiem in die wynkelder. Met twee pragtige onthaal sale, ’n romantiese kapel en ’n toegewyde trou koördineerder wat alles professioneel bestuur, is Bona Bona Game Lodge die perfekte begin van julle vir altyd. Ontdek meer en laat jou droom troue hier begin.

Trou Dekor en Styl:


Ek wou ʼn klassieke, tydlose troue gehad het, maar tog iets modern en my eie “flair” op sit. Ek het baie gehou van die “pastel” trend, want dit het vir my gevoel soos “celebration”. Die troue was hoofsaaklik wit, cream en beige met pastel kleur blomme, strooi meisie rokke en goue aksente op die tafels (eetgerei, ens).

Trou Begroting en Beplanning:


Henry en Anneke het hul spesiale dag saam met 110 gaste gevier, met ’n trou-begroting van ongeveer R300 000. Die paartjie het vir 11 maande lank aan elke detail beplan en self die leiding geneem met die organisering van hul groot dag.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: