Carl en Caelin se sprokies tuintroue in Magoebaskloof was ’n sprokiesagtige en vreugdevolle dag. Geleë in die hartjie van Limpopo, het die ryk en weelderige groen van Cheerio Gardens die ideale agtergrond geskep vir ’n viering wat herinner aan die betowerende wêreld van die Bridgerton-reeks.
Die visuele vaslegging van hierdie sprokie is professioneel behartig deur Snippets Photography & Design. Met ’n fyn oog vir emosie en die besonderhede van die dag, het Sasha-Lee daarin geslaag om die dromerige atmosfeer, van intieme oomblikke in die tuin tot die dramatiese beligting van die onthaal, perfek vas te vang. Die foto’s weerspieël die verfynde elegansie en diep liefde van hierdie spesiale dag.
Caelin het gestraal in ’n romantiese meermin-styl trourok in ivoor- en vlees kleurige skakerings. Die rok het bestaan uit geborduurde blomkant oor Chantilly-kant en glinsterende tule, wat ’n betowerende glans aan haar voorkoms verleen het. Met ’n klassieke sweetheart-borslyn en ’n illusie-kant-rug het die rok afgesluit met ’n indrukwekkende kant sleep wat elegant agter haar afgestroom het.
Die dekor was ’n minimalistiese, maar kragtige beeld van elegansie. Wit rose en gipskruid het pragtig teen die groen van die tuin uitgestaan, terwyl die onthaalruimte omskep is in ’n liggie-paradys. Dramatiese hangende feetjie liggies en gipskruid-kandelare het ’n romantiese sterre-effek geskep wat die venue só beïndruk het dat hulle die beligting as ’n permanente kenmerk behou het.
Beplan jy jou eie sprokies tuintroue? Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir die beste fotograwe en venues wat jou Bridgerton-droom ’n werklikheid kan maak.

Trourok:
My trourok is die Enzoani “Tracie” – ’n pragtige, romantiese mermaid-styl rok wat jou op soveel maniere komplimenteer. Die rok het ’n klassieke strapless sweetheart-borslyn en ’n illusie-lace-rug wat jou figuur ongelooflik flatter. Ek het persoonlike bandjies bygevoeg vir ekstra ondersteuning. Die geborduurde blomlace onder die laag Chantilly-lace en glinsterende tulle, saam met unieke lyngewerkdetaille, skep ’n betowerende en elegante voorkoms. Die minimale striklint-detalje en lingerie-geïnspireerde pasvorm voeg ’n romantiese aanraking by, terwyl die rok in ’n dubbelgeskaalde lace-stert afstroom.
Kleur: Ivory/Nude (ivory met nude illusie-tulle).
Materiaal: Geborduurde blomlace, Chantilly-lace, lyngewerk, glinsterende tulle en tulle.

Paartjie se Verlowing:
Ons het in die bosveld verloof, by dieselfde plek waar ons vyf jaar gelede verlief geraak het. Hy het vir my gesê ons moet vinnig gaan kyk na ‘n luiperd en toe ons daar aankom, was alles perfek gereël – roosblare op die vloer, sjampanje en ‘n luuks middagete.
Die ring wat hy vir my gegee het, bevat die diamant uit sy ouma se trou ring – sy het ongelukkig kort voor ons verlowing raak oorlede. Alles was dus ongelooflik sentimenteel en spesiaal en dit is ‘n oomblik wat ek vir altyd sal koester.

Trou Dekor en Styl:
Ek het iets klassiek en elegant gewens, met net ’n bietjie boho. Die blomme was hoofsaaklik wit rose en gyp en die algehele kleurskema vir die dekor het wit, nude en ’n bietjie saliegroen ingesluit. Die venue is in ’n pragtige, groot tuin met ryk, weelderige groen en die wit blomme het daarteen so pragtig uitgestaan.
Vir die dekor het ons dramatiese hangende feesliggies in die onthaal gekies – ons het gevoel dat die beligting ’n sterker impak het as blomme alleen. Om die sprokies atmosfeer te versterk, het ons dit aangevul met hangende gyp-chandeliers wat tussen die liggies beweeg het. Die venue was so lief vir die liggies dat hulle dit selfs gekoop het en dit hang nou permanent daar – ’n mooi herinnering aan ons troue! Alles saam het ’n romantiese, sprokiesagtige gevoel geskep, met ’n styl wat my aan die TV series “Bridgerton” herinner het – elegant, verfyn en vol drome en betowering.

Trou Begroting en Beplanning:
Carl en Caelin se troue het 117 gaste onthaal en is met ’n begroting van ongeveer R390 000 beplan. Die paartjie het vir meer as ’n jaar aan hul spesiale dag beplan en het self die trou reëlings hanteer.

- Fotograaf: Snippets Photography & Design | Kontak
- Venue: Cheerio Gardens | Kontak
- Blomme: My Blom Shop | Kontak
- Bruidegom-pak: Country Road
- Dekor: Love Beloved| Kontak
- Grimering: Beauty by Rica| Kontak
- Hare: Beauty by Rica| Kontak
- Huurdienste: Love Beloved| Kontak
- Paartjie se verblyf: Zwakala River Retreat| Kontak
- Trourok: Bridal Wardrobe| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Thailand – Phuket
