Jano & Abigail se Pragtige Buitelug Paartjie Fotosessie

Jano en Abigail se pragtige buitelug paartjie fotosessie is beslis een wat jy nie wil misloop nie! Die paartjie is lief vir die natuur en buitelewe, en daarom het hulle besluit om die tema van hul fotosessie rondom dit te beplan. ’n Paartjie fotosessie is altyd ’n wonderlike manier om spesiale herinneringe vas te vang. Tyd vlieg verby, en mens vergeet maklik van die mooi oomblikke. Daarom is dit so kosbaar om dit in pragtige foto’s te bewaar.

Hulle het gekies vir ’n groen kleurskema vir hul uitrustings. Dit pas perfek by die prentjiemooi landskap wat as agtergrond dien. Abigail vertel dat sy selfs haar trou skoene gedra het vir die fotosessie, omdat dit haar aan hul troudag herinner het, ’n besonderse detail wat hierdie sessie nóg meer betekenisvol maak.

Die fotosessie is gevul met oulike elemente waarvan ons absoluut hou. Daar is die mooi plaas landskappe met hooibale, die pragtige boomryke dele met ’n swaai wat oor die stofpad hang en soveel pret verskaf, en selfs ’n rustige dam in die agtergrond. Dit wys net hoe belangrik dit is om ’n ligging te kies met verskeie foto opsies, dit maak die sessie soveel meer interessant en romanties

Waarvoor wag julle nog? Kry ’n talentvolle fotograaf uit Mooi Troues se aanlyn trougids om julle fotosessie idee tot lewe te bring. Koester hierdie spesiale oomblikke met pragtige foto’s wat die lewe vier en julle liefde verewig. Gebruik die foto’s in julle huis of in ’n foto album waarop julle eendag met ’n glimlag kan terugkyk.

Rol af om meer te lees oor hierdie pragtige buitelug-paartjie fotosessie én oor hul unieke liefdesreis.

Die eerste ontmoeting:


Ons het mekaar by die kerk (buite-lug fliek aand) raakgeloop op universiteit eers en toe is die res geskiedenis.

Jano sal sê dit het my net 21 jaar geneem om hom uit te kyk, want ons was ook saam in die kleuterskool.

Ons het vir ʼn jaar en ʼn half uitgegaan en toe raak ons verloof, ons is nou ʼn jaar en 3 maande getroud.

Gunsteling eienskappe van mekaar:


Jano se antwoord: Abi se mooi hart en omgee vir ander.

Abi se antwoord: Jano is baie opreg, dit wat jy sien is dit wat jy kry. Hy kyk altyd uit vir ander en sit homself tweede.

Drome as paartjie:


Ons wil graag meer van die wêreld sien, oorsee vakansie hou en die lewe saam geniet!

Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:


Ons gaan stap elke dag om die blok of oor naweke is ons in die natuur.

Rede vir die fotosessie:


Ek wou graag nuwe foto’s laat neem om in ons huis te hang.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons hou van die buitelewe en dit het dit maklik gemaak om die plek te kies waar ons wou fotos neem- Lewis Family Farm.

Ons wou graag natuurlike fotos gehad het, met warm beligting en dit is presies hoe ons foto’s uitgekom het te danke aan Chené.

Die kleur van die fotosessie was donkergroen omdat ons albei baie van die kleur hou. Ek het besluit om my trouskoene te dra omdat dit my herinner aan ons troudag.

Visie vir ʼn romantiese afspraak:


Abi se antwoord: ʼn Koffie date waar ons ʼn stukkie koek deel is altyd vir my baie lekker.

Jano: Om te gaan uiteet of op ʼn piekniek te gaan.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet:

    • Fotograaf: Eliah Photography | Kontak
    • Fotosessie Ligging: Lewis Family Farm | Kontak