Wynand & Annamé se Stedelike Verlowings Fotosessie in Hazelwood

Paartjies wat op soek is na idees vir hul eie verlowings foto’s, sal tonne inspirasie vind in Wynand en Annamé se stedelike verlowings fotosessie in die Hazelwood-omgewing. ʼn Verlowings fotosessie is altyd baie pret, veral wanneer die paartjie ekstra moeite doen met hul uitrustings en die keuse van ligging, soos Wynand en Annamé.

Annamé het pragtig gelyk in haar sagte blou rokkie, wat perfek gepas het by Wynand se blou hemp en donker denim. Die stedelike atmosfeer van hul fotosessie is beeldskoon, met moderne argitektuur wat harmonieus saamvloei met die groenigheid van die bome wat die strate vul.

Die paartjie wou graag ’n ander gevoel hê vir hul verlowings foto’s as wat hul troudag sou bied. Hul troudag sal meer plaas-elemente bevat, terwyl hul verlowings fotosessie ’n meer moderne, stedelike styl het. Die sagte lig wat van die glasvensters weerkaats, skep die perfekte kombinasie van lig en skaduwee vir pragtige foto’s.

Hulle beplan om hul verlowings foto’s vir hul trou uitnodigings te gebruik, en die sessie het ook gedien as ʼn ideale oefening voor die kamera. Dit sal hulle baie gemakliker laat voel op hul troudag. ’n Verlowings fotosessie bied soveel meer as net pragtige foto’s. Dit is die ideale geleentheid om jou trou fotograaf beter te leer ken en om enige spanning te verlig.

As julle onlangs verloof geraak het en besig is om julle troudag te beplan, besoek Mooi Troues se Trougids vir wonderlike diensverskaffers. Rol af om meer te lees oor die paartjie se verlowing fotosessie en hul liefdesverhaal.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Sy ouers en my nefie hulle het vir ons ʼn blinde afspraak al die pad uit Nederland gereël. Op daardie stadium het ek in Klerksdorp gebly en hy in Pretoria. Hy het my vir middagete gevat in Klerksdorp. Ons het dadelik geweet ons is mal oor mekaar en die verhouding het vinnig afgeskop. Net daarna moes ek vir drie maande in Duitsland gaan werk. Hy wou nie so lank wag om my weer uit te vat nie en het sommer daar kom kuier, waar hy my ook uit gevra het. Vier maande later het ons verloof geraak.

Die groot vraag:


Ons het by die venue waar ons gaan trou op 7 September 2024 verloof geraak. Ons het lankal ʼn afspraak gehad om na die venue te kyk. Hy het intussen met hulle planne gemaak om my daar te vra. Terwyl ek met die eienaars gesels het, het hy net verdwyn. Hulle het die kapel se deure oopgemaak en hy het daar voor gestaan. Hy het my gevra in dieselfde plek waar ons trou aan mekaar gaan beloof. Ek het geweet ons gaan verloof raak, maar was baie verras oor hoe en waneer.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Wynand: “Sy het ʼn sagte en omgee hart. Sy neem altyd haar medemens eers in ag. Annamé kyk hoe sy iemand anders se dag kan maak met ʼn geskenkie of om iets vir hulle te doen. Sy is onbaatsugtig. Sy is betroubaar en lojaal. Ek kan sien sy sal haar mense beskerm ongeag wat. Annamé kan organiseer soos ʼn boss. Ek geniet ook haar avontuurlustige geaardheid.”

Annamé: “Hy het ʼn sagte plek vir almal anders. Hy gee om vir ander mense en sit hulle voor homself. Wynand is een van die hardste werkers wat ek ken. As hy nie weet hoe om iets te doen nie sal hy uitvind en dit doen. Hy is nie bang vir enige iets nie. Wynand is ambisieus. Hy is ook baie logies as daar planne gemaak moet word.”

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons gaan sewe maande verloof wees wanneer ons trou.

Die verloofring:


Ek het ʼn paar idees vir hom gestuur. Daar was net twee voorwaardes, dit moet roosgoud wees en die steen moes ovaal wees. Die res was tot sy diskresie. Ek was aangenaam verras wat hy gekies het.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ingesluit by ons pakket by Lens of Swan was ʼn verlowings sessie. Om voor die troue meer gemaklik te wees voor die kamera het ons die geleentheid gebruik, asook om die foto’s vir ons trou uitnodigings te gebruik.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ons trou venue is meer plaas en dus gaan meeste van ons foto’s in die veld geneem word. Ons wou vir die verlowing iets anders doen en die stad tema was ʼn lekker opsie. Daar was soveel agtergronde om mee te speel.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Natuurlik die begroting. Ons wil nie die bank breek om te trou nie. Ongelukkig is dit soms die geval. Alhoewel al die lysies wat beskikbaar is baie help, is mens nogsteeds bang dat daar iets belangrik vergeet gaan word.

Visie vir droomtroue:


Ek droom al van die dag af vandat ek ʼn klein dogtertjie is, so ek is sommer self die trou beplanner. Al ons gaste moet ver ry om troue toe te kom en ons hoop almal sal dit kan maak. Dis vir ons belangrik om al ons spesiale mense daar te hê en ons grootste partytjie saam met ons te geniet.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: