Selfdoen Troue: Hoe om Onverwagte Onkoste te Vermy

Baie paartjies kies vir ʼn selfdoen troue, maar vergeet dikwels van die onverwagste onkoste wat vinnig kan ophoop. Ons skryf hierdie artikel om ʼn paar belangrike aspekte uit te lig wat maklik oor die hoof gesien word wanneer jy jou troue self beplan. Om jou troue te beplan kan lekker wees, maar dit kan ook soms stresvol raak. Moet egter nie onnodig stres nie, veral nie as jy ʼn Mooi Troues-leser is nie.

By Mooi Troues deel ons gereeld gratis advies en inspirasie om jou troubeplanning makliker te maak. Elke paartjie het hul eie unieke doelwitte en begroting vir hul troue, wat elke trou beplannings ervaring uniek maak. Geniet hierdie artikel en hou Mooi Troues dop vir nog baie meer gratis, professionele advies vir jou spesiale dag.

Konsultasie kostes:


Baie paartjies vergeet maklik van konsultasiefooie. Daar is ʼn baie goeie rede waarom diensverskaffers konsultasiefooie vra, en dit is eintlik ʼn onderwerp wat ʼn hele artikel op sy eie kan wees. Konsultasie-fooie verskil van diensverskaffer tot diensverskaffer, en dit is belangrik om ʼn lys van trou diensverskaffers en hul konsultasie-fooie op te stel.

Sommige besighede trek die konsultasiefooi af indien jy een van hul dienste of produkte bespreek, terwyl ander dit nie doen nie. Vra dus vooraf of die diensverskaffer ʼn konsultasiefooi hef en hoeveel dit beloop. Dit is ook belangrik om uit te vind wat die bepalings en voorwaardes is rondom die konsultasiefooi.

Deposito’s/Besprekings fooi:


Dit is iets wat baie paartjies maklik vergeet, aangesien ons dikwels net na die prys kyk. ʼn Deposito of besprekingsfooi is ʼn betaling wat jy maak om ʼn spesifieke diens of produk vir ʼn bepaalde datum en tyd te verseker.

Elke besigheid hanteer hul besprekings fooie op ʼn unieke manier. Die deposito of besprekings fooi word gewoonlik uiteengesit in die diensverskaffer se kontrak en/of algemene bepalings en voorwaardes. Dit is dus belangrik dat paartjies die diensverskaffer se bepalings en voorwaardes deeglik deurgaan voordat enige betalings gemaak word.

Trou Diensverskaffers vir julle Troue:


Besluit eers op julle begroting voordat julle begin kyk na verskillende trou diensverskaffers. Probeer fokus op diensverskaffers wat binne julle begroting val om onnodige teleurstelling te vermy, veral as julle ʼn diensverskaffer baie wil hê, maar dit nie kan bekostig nie. Dit is nie lekker om teleurgesteld te wees omdat ʼn diensverskaffer buite jou prysklas is nie.

Elke paartjie stel verskillende prioriteite en mag dalk meer op sekere dienste of produkte spandeer as ander. Byvoorbeeld, een paartjie mag dalk meer spandeer op ʼn fotograaf as op ʼn bloemis, terwyl ander paartjies dalk die meeste op blomme sal spandeer en minder op die onthaal. Dit hang af van wat vir elke paartjie belangrik is.

As julle opsoek is na fantastiese diensverskaffers vir julle troue, besoek Mooi Troues se trougids vir professionele en betroubare diensverskaffers.

Dekor huur:


Paartjies vergeet dikwels heeltemal van die dekor wat hulle moontlik moet huur. Daar is baie verskillende areas wat dekor sal benodig, van die seremonie en gaste vermaak tot die onthaal lokaal. Elke area het sy eie dekor behoeftes, en verskillende items is vir elke ruimte nodig. Dekor huur moet ook ooreenstem met die paartjie se trou begroting en persoonlike smaak.

Elke paartjie het hul eie dekor styl, wat beteken dat pryse van dekor items kan verskil. Dit hang af van watter tipe dekor julle soek en hoe gewild daardie items is, wat uiteindelik die prys sal bepaal.

Verblyf vir die aand voor die Troudag:


Moet nie vergeet van julle verblyf vir die aand voor julle troudag nie. Paartjies dink dikwels net aan die verblyf vir die aand van die troue, maar vergeet van die aand voor die troudag. As julle nie naby aan die troulokaal woon nie, sal julle verblyf vir die aand voor die troue moet oorweeg, aangesien die paartjie gewoonlik ook daar regmaak vir hul groot dag.

Onthou om verblyf te bespreek vir die bruid, bruidegom, strooijonkers en strooimeisies. Dit kan ʼn groot uitgawe wees as julle dit nie vooraf in julle begroting inwerk nie. Oorweeg ook of julle almal by een plek wil akkommodeer, of apart vir die bruid en bruidegom wil bespreek. As julle besluit om twee aparte plekke te bespreek, probeer om dit so naby moontlik aan mekaar te hou, veral as julle wil hê dat die trou fotograaf en videograaf beide se voorbereidings moet vasvang.

Etes vir diensverskaffer:


Dit is ʼn baie belangrike punt. Julle trou diensverskaffers, soos fotograwe, videograwe, vermaak, ensovoorts, werk die hele dag sonder ʼn breuk. Hulle word ook honger en kan nie die troue verlaat om iets te gaan koop nie. Daarom is dit belangrik om met die lokaal en/of die spysenieringsdiens te reël om kos vir die diensverskaffers beskikbaar te hê.

Asseblief, voorsien ordentlike kos vir die diensverskaffers. Hulle moet dieselfde kos as die gaste kry. Vra eenvoudig dat jy x-aantal ekstra borde wil hê vir die diensverskaffers. Klik hier vir meer advies oor die spyseniering vir diensverskaffers.

Oortyd vir werkers:


Daar is baie mense wat per uur betaal word om by julle troue te werk, soos kelners en kroegpersoneel. As julle hulle langer as die oorspronklike ooreenkoms aan diens hou, sal julle ekstra moet betaal.

Verskillende personeel het verskillende oortyd-tariewe. Maak seker julle weet wat die oortyd-kostes is vir almal wat langer moet werk. Sommige venues het reeds oortyd-kostes ingesluit as deel van hul pakket. Indien julle nie van die oortyd opsie gebruik maak nie, sal dit van julle rekening afgetrek word. Maak net seker hiervan voor die tyd, sodat julle dit kan inwerk in julle begroting.

Wittebrood:


Die wittebrood is beslis nie iets wat paartjies maklik vergeet nie. Maar paartjies raak soms so gefokus op die troubeplanning dat hulle vergeet om genoeg aandag aan die wittebrood te gee. Dit is belangrik om seker te maak hoeveel geld in julle begroting oor is vir die wittebrood.

Aangesien baie paartjies na gewilde bestemmings wil reis waar dit die hoogseisoen vir wittebrood en toeriste is, is dit belangrik om vroegtydig te bespreek. As julle van ʼn reisagent gebruik maak, hoef julle minder bekommerd te wees, want die agent sal julle aan sekere take herinner.

As julle die wittebrood self beplan, moet julle faktore soos die tyd van die jaar, beskikbaarheid op jul wittebrood-datums, deposito’s, verblyf-, reis- en vermaak kostes, asook etes en drankies in ag neem. Dit klink eenvoudig, maar onthou, al hierdie dinge kos geld, so maak seker julle begroot daarvoor.

Artikel Krediet: