Werner en Jancke se moderne troue is sรณ mooi en stylvol met ล minimalistiese voorkoms, maar nogsteeds so elegant en gesellig. Die paartjie se Lente troue in die Noordwes provinsie is een wat julle nie moet miskyk nie.
Jancke het beeldskoon gelyk in haar moderne, maar tydlose trourok gemaak van Italiaanse satyn. Ons is veral gaande oor die simplistiese voorkoms van die trourok. Jancke se strooimeisies het self ook die mooiste wit rokkies aangehad wat haar voorkoms perfek gekomplimenteer het. Die helder handruikers van die bruid en strooimeisies is besonders mooi. Werner het baie dapper gelyk in sy swart troupak en fyn blomme patroon das.
Al hul trou gaste was versoek om wit aan te trek vir die troue. Die dekor elemente was ook skakerings van wit met tikseltjies kleur. Hout tafels het die wit kleurskema gebruik en die oog na die pragtige blom ontwerpe op die tafels getrek. Die mooiste helder blom ontwerpe in skakerings van lig geel, ligte roos kleure, helder pienk, ล diep rooi kleur en lig pers skakerings gee kleur aan die onthaal lokaal. Lang maer wit kerse in wit kershouers skep nie net hoogte op die tafels nie, maar gee ook daardie warm en romantiese atmosfeer aan die onthaal lokaal.
Besig om jul troue te beplan? Besoek Mooi Troues se trougids vir professionele en betroubare trou diensverskaffers vir jul troue. Alles is moontlik met ล span professionele diensverskaffers wat ล paartjie se visie vir hul droom troue ล realiteit kan maak.
Rol af om meer te lees oor Werner en Jancke se moderne troue en hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het nog altyd van mekaar geweet en nabye kennisse gehad. Tydens Covid 19 het Werner die moed bymekaar geskraap om vir my Instagram boodskap te stuur.
Na 2 maande se gesels oor die foon en die beperking om mekaar te sien wat Covid 19 vir ons gebring het kon ek uiteindelik vir Werner in Rustenburg kuier. Daardie dag was die begin van menigte avonture saam.
Ons lewe het verander toe ons saam op 28 Februarie 2021 gedoop is. Dit het die begin van ล verhouding in Christus gemerk wat nie geskud kon word nie. Dit is slegs deur die genade van God wat ons voor die altaar kon staan en een kon word in die huwelik voor God.
Vir elke goeie en volmaakte geskenk kom van bo, en so wil ons vir altyd God se goedheid en getrouheid verkondig, nie net in ons verhouding tot hierdie punt nie, maar in elke dag wat volg. Aan die begin van 2022 het ek vir Werner ล advertensie gestuur van ล promosie wat deur ons fotograaf-vriende aangebied was.
Ek het die geleentheid gebruik om ล fotosessie vir ons driejarige herdenking te reรซl. Werner het egter ล plan beraam om die geleentheid te gebruik vir ล verrassings-verlowing.
Trourok:
My trourok is deel van die Alena Lena se ontwerpers reeks en is vervaardig van Italiaanse satyn. Dit is ล tydlose en moderne ontwerp, spesiaal aangepas vir my liggaam.
Die trourok is ล unieke uitspraak stuk met ล baie lang sleep. Met knope wat van bo tot heel onder op die sleep strek. Dit was altyd ล droom vir my om die detail op my trourok te hรช.
Die detail van die halter nek het my skouers mooi beklemtoon. Alhoewel daar nie baie versiering op my trourok was nie, het die voue op die boonste gedeelte van die rok die detail van die halter nek versterk.
Trou Venue:
Artelier se argitektoniese skoonheid was perfek vir ons trou tema. Die venue se grootte was ideaal, nie te groot nie, en die kapel en onthaal area het bymekaar gepas. Alles is eenvormig en skep ล harmonieuse atmosfeer.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Skat Studio, Silber Studio, en Clarisha Spies was ons hoof verskaffers wat werklik uitgeblink het. Nie net was hulle buitengewoon professioneel nie, maar hulle het ook werklik ons droomtroue tot lig gebring. Hulle het meer as net hulle dienste gelewer en het die ekstra myl gestap om ons dag besonders te maak en werklik bygedra tot ล stresvrye troue.
Verloof- en Trouringe:
Werner se ring is gemaak uit metaal wat oorgebly het van sy eerste projek as ontwerp-ingenieur. Diรฉ metaal is ล baie skaars en duursame metaal.
Jancke se ring is ล 2 karaat stralende snit Moissaniet met ล met ล geheime halo van diamante. Op die punte het sy 2 Robyne wat simbolies is van die bloed van Jesus. Geloof is ล groot gedeelte van die verhouding en dit dien as โn gedenkenis dat God die begin en einde van die huwelik is.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reรซlings:
Alhoewel baie mense deel het in die trou beplanning en insette lewer oor hoe hulle dink die dag die beste gaan uitwerk. Doen wat die beste is vir julle as paartjie. Mens beplan net eenkeer ล troue, moet nie die genot daarin mis nie.
Trou Dekor en Styl:
Die tema van ons troue is ล viering van moderne liefde en lewendigheid, gestel teen die agtergrond van die argitektoniese skoonheid van Artelier.
Ons dekor is ล fusie van konseptuele en elegante style. Die dekor en blomme is ล palet van wit, lig geel, lig roos, helder pienk, die prooi en lig pers. Ons dekor en blomme het ล atmosfeer van opwinding en romantiek geskep.
Die keuse van wit vir ons gaste en ons gevolg was meer as net ล estetiese besluit. Dit was geรฏnspireer deur die lirieke van ล spesiale liedjie, het wit ล dieper betekenis vir ons gehad. Dit het nie net skoonheid en reinheid gesimboliseer nie, maar ook ล verbintenis met ons geloof en lewens waardes.
Die harmonie tussen die wit klere en die helder blom kleure het ล atmosfeer van onskuld en vrede geskep, wat die dag verryk het met ล dieper betekenis van eenheid en liefde.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Werner:
Tydens my toespraak het ek my vrou geroep om voor by my te kom staan. Dit het die toespraak baie meer intiem laat voel.
Jancke:
Ons eerste dans as Mnr. en Mev. Nienaber was ล hoogtepunt vir my by die onthaal. Dit was spesiaal om die geleentheid met ons naaste geliefdes te deel. Die feit dat ons met die dans die onthaal kon open, het die atmosfeer sommer dadelik gemaklik gemaak.
Eerste Dans:
Kiss Me โ Dermot Kennedy
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het hul troue binne 4 maande beplan met behulp van Jancke, Jancke se Ma en ook Skat Studio. Hulle het in totaal 85 trou gaste onthaal met ล begroting van min of meer R 2,950 per persoon.
- Fotograaf + Videograaf: Silber Studio | Kontak
- Venue: Artelier | Kontak
- Blomme: Skat Studio | Kontak
- Bruidegom-pak: Khaliques | Kontak
- Dekor: Skat Studio Rentals| Kontak
- Grimering + Hare: Clarisha Spies| Kontak
- Huwelik kontrak: MJV Attorneys| Kontak
- Huweliksbevestiger: Unite180
- Juweliersware: The Wedding Boutique| Kontak
- Platejoggie: EMC Productions| Kontak
- Paartjie se verblyf: Artelier| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Old Khaki
- Skoene: Aldo
- Skryfbehoeftes: Kiss & Bliss| Kontak
- Strooimeisie-rokke: Wilna Young Fashion Design
- Trourok: The Wedding Boutique| Kontak
- Bruid se Trouring: Manser Jewelry| Kontak
- Troukoek: Honey Bee Baker| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Suid-Afrika โ Kaapstad