Paul & Loreal se Ontspanne Troue in Pretoria

Paul en Loreal se ontspanne troue in Pretoria was ล‰ dag feesviering saam met familie vriende. Die paartjie het by die pragtige trou venue, Casablanca Manor getrou. Die trou venue is enige paartjie wat opsoek is na ล‰ trou venue in Pretoria-Oos se droom. Omring deur indrukwekkende doringbome, bosveld en prentjie mooi versorgde tuine, maak dit die perfekte agtergrond vir paartjies se trou fotoโ€™s.

Die paartjie het die mooiste seremonie gehad in Casablanca Manor se kapel.  Omring deur familie en vriende en die rustigheid van die rustige bestemming.

Vir hul trou dekor het hulle vir ล‰ klassieke wit tema gegaan wat perfek saam in die spasie gewerk het.  Klomp kerse en die feetjie liggies orals wat ล‰ romantiese en baie gesellige voorkoms aan die onthaal lokaal gee. Wit tafeldoeke met die glas elemente op die tafel gee die dekor ล‰ deftige en meer formele voorkoms. Om die onthaal lokaal en die res van die dekor elemente te komplimenteer was wit blomme met tikseltjies groen van die blare gebruik.

Die bruidstafel het ล‰ klomp groot kerse op die grond gehad, wat verseker al die aandag na die paartjie getrek het.  Groot kerse skep altyd ล‰ indrukwekkende voorkoms.  Nie net gee dit die onthaal lokaal ล‰ gesellige gevoel nie, maar dit maak ook ล‰ vertrek warm voel. Hulle troukoek was ล‰ definitiewe punt van gesprek met helder kleure en heeltemal in kontras teenoor die res van die dekor elemente.

Dit was ล‰ spontane Griekse styl onthaal met borde wat gebreek was en Whiskey wat gebrand word en die gedans om die klein vlammetjie.  Was ล‰ spesiale feesviering met lekker kos en goeie geselskap.

Rol af om meer te lees oor Paul & Loreal se ontspanne troue en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het sowat 11 jaar gelede deur gemeenskaplike vriende ontmoet op ล‰ stampvol dansvloer by ล‰ klub genaamd โ€œCasablanca.โ€ Paul het dadelik van my gehou, maar ek het hom โ€œfriend zonedโ€ aangesien hy te gaaf vir my was. As jy jonk is hou jy nie van die lekker soet seuns nie. Wie sou kon dink dat ons ล‰ dekade later weer konnekteer, verlief sou raak en trou?

Die verlowing was by Zimbali Hotel. Paul het vir ons ล‰ baie romantiese aandete gereรซl met vonkelwyn en ล‰ hartvorm uit roosblare in ล‰ privaat gedeelte van die restaurant. Dit was sรณ mooi.  Hy het my laat wag tot die einde van die aand om my te vra.

Ek het begin twyfel of dit gaan gebeur of nie, dit was ล‰ wilde rollercoaster rit. Hy moes my twee keer vra aangesien ek sprakeloos was. Natuurlik het ek ja gesรช.  Ons was al twรฉรฉ die aand op wolk nege en wou nie hรช die aand moes eindig nie.

Dit was een van die beste dae ooit! Ons het al ons geliefdes gebel om met hulle die goeie nuus te deel!

Trourok:


Dit was baie moeilik om die perfekte trourok te kies. Na vele besoeke aan talle rok winkels het ek uiteindelik my droomrok by Fynbos Bridal Boutique gekry. Die oomblik toe ek die trourok aangetrek het, het ek geweet ek is verlief op hierdie trourok.  Die lang sluier het sรณ mooi gelyk. My familie het by my aangesluit om rokke te probeer en toe hulle hierdie trourok sien, het hul gesigte verlig en ล‰ paar trane is gestort en dit het my gehelp om hierdie trourok te kies. Lizette van die boetiek was so behulpsaam en het die ervaring ook so ongelooflik gemaak.

Verloof- en Trouringe:


Ons is so geseรซnd om ล‰ baie spesiale dame in ons familie met die naam Candice te hรช.  Sy is toevallig ล‰ privaat juwelier.

Met haar wonderlike bystand het sy vir Paul gehelp om my droom verloofring te ontwerp. Daar is ล‰ pragtige pienk steen aan die binnekant met die woorde โ€œMy forever BAFโ€ gegraveer, wat vir ons ล‰ spesiale betekenis het. Candice het ook ons trouringe, my armband en oorbelle vir ons spesiale dag ontwerp en gemaak.

Paul het โ€™n swart sirkonium ring gekies omdat dit modern en duursaam is, asook skoon lyne het.

Trou Venue:


Ons het ons venue, Casablanca Manor gekies omdat dit die mooiste tuine het en die kos regtig ongelooflik en heerlik is. Die personeel by die venue is ook almal baie behulpsaam ook. Hulle het ons troudag glad laat verloop. Ons het gehou van die idee dat ons in ล‰ klub met dieselfde naam ontmoet het. So, ons het gedink dit is ล‰ โ€œtekenโ€ dat dit ons trou venue moet wees. Met ons aanvanklike besoek aan Casablanca Manor het die landskap ons asem weggeslaan en ons het geweet dit sou ons perfekte keuse wees.

Meer oor Casablanca Manor:


Geleรซ in die rustige omhelsing van die oostelike Magaliesburg-reeks, net ล‰ vinnige 12-minute se ry oos van Pretoria, lรช die betowerende Casablanca Manor Wedding, Function, and Conference Venue.

Casablanca Manor is ล‰ bekroonde trou venue bekoor met die rustieke allure en romantiese bekoring van bosveld sonsondergange en panoramiese berg uitsigte.

Soos jy die N4-hoofweg volg op jou ontsnapping uit die stadslewe, sal asemrowende uitsigte oor berge en die ongerepte bosveld jou omring.

By Casablanca Manor staan โ€‹โ€‹die tyd werklik stil, wat jou toelaat om oomblikke te skep wat ล‰ leeftyd sal hou. Ervaar die essensie van tydlose elegansie te midde van die natuurlike skoonheid van die platteland.

Fasiliteite sluit in ล‰ buite kapel, opelug kapel, hoof onthaal lokaal (sitplek vir 20 tot 250 gaste met ล‰ dansvloer) en ล‰ kleiner lokaal, Stony Aloe met sitplek vir 20 tot 80 gaste.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ons fotograaf Mรฉlany en videograaf Surika het so ล‰ fantastiese werk op die dag gedoen met die organisering van almal vir die fotoโ€™s en videoโ€™s. Hulle het regtig hard gewerk.

Chantell wat die blommemeisie en strooimeisie se rokke gemaak het, was ongelooflik. Sy het gehelp om ons slaapklere asook ons rokke te stoom en die mooi strikkies op almal se uitrustings gemaak. Sy het langer gebly as wat beplan is om my ook te help regmaak.  Chantell het ons verwagtinge oortref.

Pastoor Jo wat met ons getrou het, het ล‰ pragtige preek gelewer oor liefde en saamkom as man en vrou. Ons was geseรซnd om die woorde van die Here in die seremonie te hoor uitkom.

Ten slotte, Casablanca Manor.  Hulle het ล‰ goeie werk gedoen om ongelooflike kos te verskaf wat een van die grootste bekommernisse op mens se troudag is.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reรซlings:


Maak seker dat jy die dinge doen wat jul wil, dit wat julle liefhet.  Moet nie deur ander se menings beรฏnvloed word nie.  Bly getrou aan julself en doen wat julle gelukkig maak.

Aanvaar dat iets of baie dinge verkeerd sal gaan. Hou net aan om jouself te herinner aan die hoofrede vir jou troue, om met jou gunsteling persoon te trou.

Ons is so bly ons het ล‰ videograaf gehuur.  Aan die begin het ons daaraan gedink om dit uit te laat om geld te spaar, maar toe ons die videoโ€™s ontvang het, het dit vir ons albei trane oor ons gesigte laat rol.  Videoโ€™s bring al die magie na vore wat fotoโ€™s soms nie kan nie.

Op die troudag:  Geniet elke oomblik, want dit gaan regtig sรณ vinnig verby!

Trou Dekor en Styl:


Ons het besluit om met ล‰ sjampanje kleurskema te gaan, aangesien ons gevoel het dit is ล‰ moderne en elegante kleur.

Die dekor in die onthaal lokaal was hoofsaaklik wit, ons het verkies om nie te veel verskillende kleurskemas te hรช nie. Ons het probeer om dit eenvoudig, maar mooi te hou.

Daar was ook baie kerse en feetjie liggies in die lokaal om dit ล‰ romantiese gevoel te gee. Ons blomme was ook wit wat die dekor van die onthaal lokaal gekomplimenteer het.

Eerste Dans:


Lover โ€“ Taylor Swift (Stadiger Liedjie)

Little Bitty Pretty One โ€“ Huey Lewis & The News (Vinniger Liedjie)

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


My gunsteling herinnering is die dans en partytjie na al die formaliteite. Dit het so lekker gevoel om ons hare te laat sak en net die laaste deel van die aand te geniet. Ons het ook ons eerste troudans op ล‰ stadige liedjie gedoen en toe ons gaste verras met ล‰ prettige dans wat regtig opwindend was en hul reaksies was puik.

Paul is Cypriot, so ons het ล‰ paar tradisionele aktiwiteite gedoen wat die breek van borde sowel as die brand van whisky en dans om die vlam (klein vlammetjie) ingesluit het. Paul se gunsteling herinnering was die opbou tot die seremonie waar hy kon rondloop en sy solo-fotosessie vir sy portrette kon geniet. He rocked the blue steel look. Nog ล‰ wonderlike herinnering was Paul se toespraak, want hy is nie ล‰ groot openbare spreker nie, maar hy het ล‰ opregte toespraak gelewer en sy senuwees kon nie ล‰ bietjie gesien word nie.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล‰ internet konneksie het en ล‰ toestel wat gekonnekteer is tot ล‰ aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล‰ rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: