Wilton en Kaylyn se herfs troue in die Paarl is besonders romanties omring deur die mooi landskappe van die herfs seisoen.
Kaylyn het beeldskoon gelyk in haar trourok met die oop skouers en vloeiende onderkant. Haar trourok se ontwerp is klassiek en stylvol en sal vir altyd in die mode wees. Wilton het net so dapper gelyk in sy groen trou pak en goue das.
Kaylyn en Wilton het getrou by Zonnevanger, ʼn pragtige trou venue in die Boland, tussen Paarl en Wellington. Met prentjie mooi uitsigte van die Klein-Drakenstein berge en die omliggende plaas landskappe kan jy nie verkeerd gaan nie. Daar is soveel mooi elemente by die trou venue, van die Laventel velde tot die oulike dammetjie langs die onthaal lokaal. Tonne foto geleenthede!
Wilton en Kaylyn se buitelug seremonie was prentjie mooi langs die dam in Zonnevanger se versorgde tuin.
Hulle trou dekor was in skakerings van olyf groen en sjampanje goud met tikseltjies goue blinkers op die tafels. Die kleurskema werk perfek in die simplistiese onthaal lokaal en komplimenteer die seisoen waarin die paartjie getrou het.
Boland Weddings het die mooiste trou foto’s geneem en video verfilm van die paartjie se troue. Elke liewe element was só goed vasgevang in die mooiste foto’s. Ons is totaal en al verlief op die paartjie se fotosessie. Die sagte sonlig wat perfek val op die mooi landskappe van Zonnevanger is ʼn wenner.
Wanneer dit kom by die spyseniering het gaste heerlike etes geniet wat voorberei was deur die span by Zonnevanger. Zonnevanger is bekend vir hulle heerlike spyseniering en smaakvolle disse by troues.
Rol af om meer te lees oor Wilton en Kaylyn se herfs troue in die Paarl en hul liefdesreis as paartjie.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het op skool ontmoet al, maar het eers in universiteit weer kontak gemaak waar ons besef het ons is vir mekaar gemaak. Na ons eerste jaar van saam wees het hy Kimberley toe getrek vir werksomstandighede. Ek moes in die Wes-Kaap bly vir my studies en toe later vir werk. Na byna 5 jaar van saam wees, het hy my gevra om te trou op een van my kuiers na Kimberley. Ek het gekom op vakansie as net sy meisie en Kimberley verlaat as sy verloofde.
Trourok:
Vir my trou rok keuse het ek in rokke belang gestel wat tydloos is in styl en ook my figuur kon komplementeer. Vir dit het ek eers op Pinterest ʼn hele paar idees gekry van moontlike trou rokke wat kon pas by my figuur en styl. Ek was by 2 verskillende rok plekke en verlief geraak op twee rokke wat heeltemal verskil het. Maar was op die einde van die dag die verkoopsdame by Bride&Co wat nie net my droom rok aan my verkoop het nie, maar ook die hele gevoel van hoe ek sou lyk op die dag. Dit het regtig ʼn groot verskil gemaak op my keuse. Die feit dat sy my hele trou droom voor my kon wys met items in hulle winkel. Daar was ook ʼn redelike prys verskil wat my aangemoedig het om liewers my rok te koop as om te huur.
Verloof- en Trouringe:
My ring (Kaylyn) is in ʼn vorm van ʼn blom wat my man self gekies het. Ek is regtig mal daaroor! Ek het geen spesifieke ring keuse gehad voor ons verlowing nie, maar dit was regtig bo enige van my verwagtinge gewees. Die feit dat hy alleen dit gekies het sonder enige hulp maak dit meer spesiaal, want dit kom van sy hart. My troupand het ons saam uitgekies, ons wou iets vat my verlowings ring mooi kon vergesel. Vir sy ring het hy ʼn meer eenvoudige tog smaakvolle ring verkies wat ons ook saam op besluit het.
Meer oor Boland Weddings:
By Boland Weddings is die ‘naam van die speletjie’ gerig daarop om goed eenvoudig te hou. Boland Weddings is ʼn groot span van fotograwe en videograwe wat nie net met mekaar saamwerk as of ons ʼn groot familie is nie, maar wat ook saam werk om die stres van julle troue te verminder.
Boland Weddings is opgebou deur fotograwe en videograwe wat almal persoonlik uitgekies was deur die besigheid se eienaars, om seker te wees dat hulle inpas by die formaat waarvoor Boland Weddings bekend is. Daar sal nooit iemand by julle troue wees wat nie ʼn amptelike deel is van die Boland Weddings familie nie. Die foto en video redigering, selfs na 13 jaar, word steeds net gedoen deur die eienaars self, om seker te wees dat hulle styl kan oordra na al die spanne.
Voor julle troue is Boland Weddings ook meer as gewillig om te help met tydlyne, advies, en selfs om ander tipe verskaffers vir julle voor te stel wat gepas sal wees vir julle droom en begroting. Algehele, om Boland Weddings deel te maak van julle groot dag is nie net ʼn praktiese keuse nie, maar ook ʼn keuse wat julle troudag meer pret en spesiaal sal maak.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Ons het definitief baie gunsteling herinneringe! Wat definitief vir ons uit gestaan het was hoe ons families en vriende hulself saam ons kon geniet op ons spesiale dag. Als het regtig só mooi verloop. Ons kon ons troue ten volle geniet van seremonie tot kos en lekker dans die aand.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Iets wat nou nog ons mond laat water was die lekker kos wat voorsien was op ons troudag. Wat ook vir ons uitgestaan het was die feit dat nie een van ons verskaffers ons enige spanning gegee het op die dag nie en almal het ons op ons gemak laat voel, van begin van die dag tot die einde.
Meer oor Zonnevanger:
Vertrou Zonnevanger om julle droomdag waar te maak! Zonnevanger wat beteken “vang die son, vang jou drome!” is perfek geplaas in die hart van die Boland. Naby Paarl en Wellington tussen wingerde met ʼn asemrowende uitsig van die Klein-Drakenstein berge. Ervaar julle onvergeetlike mooi dag en seremonie in die idilliese tuine en ʼn Gazebo op die water. Die seremonie area is omring deur romantiese Laventel velde met wingerde en majestueuse berge in die agtergrond vir daardie onvergeetlike foto’s.
Dit word gekomplimenteer deur ʼn modieuse binnenshuise onthaal area vir tot 120 gaste. Zonnevanger word bestuur deur die eienaar self wat verseker dat julle waarde vir geld ontvang en dat julle as bruidspaar eerste gestel word! Hulle kombineer waardes van omgee, persoonlike diens en topklas spyseniering met moderne idees. Afgesien van Zonnevanger se uitstekende waarde vir tariewe, bied hulle ook kwaliteit met aandag aan detail en pasgemaakte funksies en streef daarna om dit vir die bruidspaar ʼn een-stop diens te maak.
Met hul gastehuis op die terrein vir tot 18 persone wat ʼn bruid suite en wittebroodskamer insluit. Julle kan rustige tyd geniet voor jul groot dag en goed uitgerus wees vir jul troudag.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:
Maak seker julle kom eers saam om vas te stel altwee se verwagtinge en wat julle begroting is vir al die dele van die troue (venue, kos, fotograaf, ens.), want mens kan oorweldig word met al die keuses. En daar is definitief maniere om te spaar op trou reëlings, maar as julle enigsins soos ek is kies wat is vir jou belangrik. Minder betaal en meer stres of meer betaal en minder stres? Ek is definitief gelukkig met die besluit wat ek kon maak waar ek net kon fokus om my en my strooimeisie se uitrusting. Wees ook versigtig met tyd, want al klink jou troue ver weg is sal daar hele paar diensverskaffers wat lank voor die aanloop van ons troue bespreek was. So probeer alle reëlings só gou as moontlik tref van groot reëlings soos venue, maar ook klein goed soos grimmering bespreek.
Trou Venue:
Ongelukkig was my man in Kimberley op die tyd wat ons op ʼn venue moes besluit het. Dit was my verantwoordelikheid om venues te besoek en keuse te maak. Die eerste keer wat ek die venue gesien het was toe ek venues gesien het op Facebook. Die foto’s van die paartjies net asemrowend gelyk het, het ek dadelik hom foto’s gestuur. Hy het saam besluit dit definitief iets waarvoor ons gesoek het. Ek het toe met my ma en suster na Zonnevanger gegaan. Dit was regtig iets uit ʼn storieboek verhaal vir ons en die venue het regtig ons asems weg geslaan. Zonnevanger het definitief die fee verhaal konsep wat ons verwag vir ons troue, in ʼn werklikheid omskep.
Trou Dekor en Styl:
Ons het saam besluit op die kleur skema van olyf groen en sjampanje goud. Ons het altwee op ʼn kleur skema besluit wat ons altwee só komplimenteer, maar nogsteeds elegant sou voorkom. Die kleur skema het ook mooi in gepas in die herfs seisoen waarin ons wou trou. Die algehele styl van die troue was als deur ons troukoördineerder gedoen. Sy het lank voor die troue ʼn dekor ontleding met my gedoen waarin sy kon vasstel watter dekor styl ons sou belangstel. Na my konsultasie met die koördineerder het sy ʼn mood board opgestel wat min-of-meer vir ons ʼn idee gegee het wat ons kon verwag as die styl van die troue dekor. So op die dag was dit vir my ook ʼn groot bederf om die eindproduk te sien.
Eerste Dans:
Endless Love – Lionel Richie & Diana Ross
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het in totaal 80 trou gaste gehad en ʼn begroting van min of meer R 1,131 per persoon. Hulle het hul troue in ʼn jaar periode beplan met die hulp van ʼn trou koördineerder.
- Fotograaf + Videograaf: Boland Weddings | Kontak
- Venue + Spyseniering: Zonnevanger | Kontak
- Blomme + Dekor: Axure Creations | Kontak
- Bruidegom-pak: Edgars
- Skryfbehoeftes + Gaste Geskenke: Dicky Bird Designs| Kontak
- Grimering + Hare: Madison’s Nail & Beauty Bar| Kontak
- Huwelik kontrak: Mathewson & Mathewson Incorporated| Kontak
- Huweliksbevestiger: The Rock Revival Centre| Kontak
- Juweliersware: SHEIN
- Koördineerder: Axure Creations| Kontak
- Platejoggie: Deejays Music Paarl| Kontak
- Paartjie se verblyf: Under Oaks| Kontak
- Skoene: Edgars
- Trourok: Bride&co| Kontak
- Trouringe: NWJ Jewellery| Kontak
- Troukoek: Geskenk van Wilton se ma
- Wittebrood Plek: Forrest valley cottages Knysna| Kontak