Erich & Lize-Mari se gemaklike selfdoen troue

Erich en Lize-Mari se gemaklike selfdoen troue in Durbanville bied inspirasie vir paartjies wat nie oorbodig wil gaan met hul troue nie, maar nog steeds ‘n stylvolle troudag wil hê.  Daar is baie paartjies wat verkies om meer te begroot vir wittebrood, of selfs items vir hul nuwe tuiste as op hul troue en dit is perfek.

Durbanville se wynlande spog met pragtige trou bestemmings en een van die trou venues is die prentjie mooi Goedgeleven waar Erich en Lize-Mari hul troudag gevier het.  Die paartjie vertel dat die venue ‘n alles-in-een pakket bied het wat gehelp het met 90% van hul troubeplanning.

Goedgeleven is omring met skilderagtige landerye en natuurskoon wat die perfekte agtergrond gemaak het vir die paartjie se trou foto’s.

Hulle trou dekor het ‘n klassieke en eenvoudige voorkoms gehad.  Die groen en wit elemente wat in die vorm van bloekom blare en wit rose ingebring was by die tafeldekor pas perfek by die tema van die troue.   Vir sitplek houers het Stuck on You Weddings vir die paartjie deurskynende akriel drupmatjies met hul gaste se name op gemaak.

Lize-Mari se trourok is so mooi en het ‘n besonderse storie.  Wat dié trourok meer spesiaal maak is dat haar niggie die patroon gesny het en haar Ouma die trourok gemaak het.  As jul kreatiewe vriende en familie het, vra hul om te help, hul sal baie opgewonde wees om te help en so bespaar julle.

Mooi Troues se lesers kan nou rustig afrol en die fotos van Erich en Lize-Mari se troue geniet.  Heel onder is ‘n hoogtepunt trou film gemaak deur Flying Swan Media vir julle om ook te geniet.

Vir stresvrye troubeplanning proses lees Erich en Lize-Mari se gemaklike selfdoen troue en besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir trou diensverskaffers.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het in Junie 2021 deur vriende by die kerk ontmoet.  Erich is nogal ʼn ekstrovert, maar toe ek by hul vriende groep van 3 aangesluit het (ek het die ander 2 vriende geken, maar ons het nooit regtig baie tyd saam deurgebring nie) was Erich ongemaklik.  Veral nuwe mense wie hy nie ken nie en in ʼn naby omgewing, soos ʼn kar, maak hom effens ongemaklik haha.

Hy het met ons gemeenskaplike vriend gepraat wat ʼn dag gereël het om na sneeu op die berge te gaan kyk (die eerste keer wat ons ooit eintlik tyd saam deurbring) en gesê as hy nie die kar bestuur of voor sit nie, sal hy ongemaklik wees met my op die agtersitplek.  Basies deur te sê ons het nie daardie vlak van vriendskap nie, hy sal nie weet wat om vir my te sê nie.

Ons het in elk geval skaars nog gepraat daardie dag, maar kort daarna, so ʼn maand of 2, het ons begin snaakse video’s op Instagram stuur en verbind oor ons humor en uiteindelik het die tye wat ons in die vriende groep spandeer baie meer gereeld geword en ons vriendskap het sterker geword.

Die begin van ons liefdes storie

Dit was vir ons albei ʼn droom om met ons beste vriend te trou en dit is presies wat gebeur het.  Ons het uiteindelik baie na aanmekaar gekom en teen Januarie (sneeudag was in Julie 2021) het hy erken hy hou van my, maar ons het nie dadelik uitgegaan nie.  Ons het ʼn rukkie tot Mei gewag toe hy my gevra het om sy meisie te wees.  Erich het ʼn droom gehad om seker te maak die tydsberekening is reg om die vraag te vra en het verseker dat dit die regte tydsberekening is deur voortdurend by God in te loer.

Erich het uiteindelik ʼn pragtige piekniek buite Stellenbosch beplan met ʼn uitsig oor ʼn dam en die berge.  Ons het ons eie privaat piekniek plek gehad waar hy vir ʼn rukkie kitaar gespeel het, maar die hoof trekpleister was die kos!  Uiteindelik het hy gemaak asof hy ʼn foto met ʼn afteller klok wil neem en het uiteindelik ʼn video geneem om hom doelbewus te verfilm terwyl hy die groot vraag vra.  Op daardie dag, 20 Augustus 2022, het hy die groot vraag gevra.  Ek het natuurlik dadelik ja gesê en die trou beplanning het begin!

Trourok:


My trourok is werklik uniek en spesiaal.  Ek het ʼn klomp Pinterest foto’s versamel en dit alles bymekaar gesit.  Ek het ʼn vinnige ontwerp geteken en dit vir my niggie gegee.  Sy het die patroon gemaak en toe maak my liefste Ouma die rok van begin af gemaak.

My rok het ʼn lae v-rug met ʼn boot hals ontwerp gehad.  Die bokant was gevul met fyn juwele om ʼn bietjie vonkel by te voeg.  Die romp was ʼn los meermin-ontwerp met ʼn syagtige deursigtige romp. My gunsteling deel was die moue.  Die rok het lang, pofferige (moenie 1920’s dink nie) gemaak van ʼn deurskynende syagtige materiaal.  Die rok is afgerond met ʼn vloer lengte sluier.

Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:


Beslis die 2-3 ure van dans na al die formaliteite uit die weg was.  Wat ʼn belewenis om so baie mense te sien lag en dans totdat hul bene nie meer kan byhou nie!  Ons het 2-3 speletjies vir die mense ook gehad wat regtig die prettige atmosfeer vir hulle geskep het.

Eerste speletjie was eintlik van die begin van die troue af.  ʼn Bingo speletjie van verskillende tipe foto’s wat hulle moet neem (kry 5 in ʼn ry) byvoorbeeld ʼn foto saam met die bruidegom, die troukoek, kyk of jy ʼn foto kan kry van die ringe … en dan die eerste wat 5 in ʼn ry kry en deel sosiale platform kry ʼn prys … hierdie geval was dit ʼn massiewe sjokolade.

Tweede speletjie was ʼn dans om die langste getroude paartjie te vier.  So almal wat op die dansvloer getroud is en iemand tel van tydperke totdat die laaste paartjie oorbly.  Ons vier hulle vir hul prestasie en gee vir hulle ook blomme (gewoonlik sal die wenners grootouers wees, maar dis lekker).

Speletjie nommer 3 was ʼn fotosessie wat ons met elke tafel gedoen het deur ʼn hoë energieke liedjie te gebruik om almal aan te moedig om dit vinnig te doen om ʼn bietjie pret by te voeg … hulle moes aan snaakse en wonderlike poses dink.

Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:


Ek moet ʼn massiewe shout-out gee aan die personeel van Goedgeleven! Hulle het ons só welkom laat voel en het ons soos koninklikes behandel tot so ʼn mate dat ons sleg gevoel het!  Haha!  Hulle is ongelooflik en het seker gemaak alles wat ons wou hê, sal so wees, maar hul dienskneg harte was verstommend!

Goedgeleven het die kos, kapel, die musiek vir seremonie en onthaal, tot die oestafel en die dekor behartig.  Hulle is ʼn alles-in-een pakket.

Verloof- en Trouringe:


Ons albei is nie liefhebbers van super duur goed nie.  As ek kan raad gee, moenie baie geld op ringe spandeer nie.  Dit is tog net ʼn simbool.  Spandeer dit eerder op ʼn lekker wittebrood of selfs iets groots of nuuts vir die huis, soos ʼn rusbank of ʼn skottelgoedwasser!

Ek wou ʼn eenvoudige en fyn ring vir ʼn verloofring sowel as ʼn trouring hê.  Ons was mal oor die protea-blom ontwerp en die roosgoud band.  My ma het vir Erich haar diamantring gegee om te gebruik en te herontwerp vir ʼn verloofring.  Dit is ongelooflik spesiaal om ʼn deel van my ouers in my trouring te hê.

Erich se trouring is op Takealot gevind.  Nie veel van ʼn storie daaragter nie, maar hy hou van die gewig van ʼn wolfram ring.  Hy was mal oor die swart ontwerp met die dun goue lyn wat deur die ring gaan. Maar het ook ʼn paar silikoon ringe gekry wat hy dra nee sodat die trouring nie beskadig raak as hy uit en besig is nie.

Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reëlings:


Julle is twee verskillende mense, gee julself ruimte om te droom!  Wees bereid om ʼn kompromie aan te gaan vir mekaar se planne en idees.  Dit is moeilike om ʼn troue in 8 maande te beplan en dit is binne een aand verby.

Een wonderlike ding was om ʼn oomblik te neem in die middel van die aand.  Ons het buite gegaan om te kyk hoe almal hulself geniet alhoewel deur glasdeure (van ʼn afstand af … anders sou dit vreemd lyk), maar daardie oomblik was regtig ongelooflik!

Fokus op ʼn prettige troue!  Soms skep familie selfs speedbumps, maar jy hou net die skip aan die gang en waar nodig is sit jou voet neer.  Dit is ʼn viering van JUL dag!  Vir altyd.

Leef vir die dag en hou op beplan en regmaak op die dag.  Dit is nou regtig net jou oomblik om dit te geniet en in te neem.  Al loop dinge verkeerd, het jy vriende en koördineerders wat daardie gaping sal vul.

FOKUS OP MEKAAR!

Trou Venue:


Soos enige paartjie het ons van venue tot venue gegaan, maar het nooit regtig enige opwinding in ons harte gevoel na ‘n venue besoek nie, totdat ons by Goedgeleven gekom het nie.  Ons het baie trou-venues besoek, maar ons kon nie ons troue by enige van hulle voorstel nie.  Toe ons by Goedgeleven instap kon ek die perfekte troue deur my gedagtes sien speel.  Ons het hierdie venue gekies, want dit het perfek gelyk.

Die venue haal werklik die meeste van die stres van ʼn troue beplan van jou skouers af.  Hulle het vir alles gesorg – van die blomme, tot die platejoggie en selfs die spyseniering.  Meeste van ons diensverskaffers was deel van die venue wat ons selfdoen-troue soveel makliker gemaak het.

Meer oor Goedgeleven:


Goedgeleven is geleë tussen skilderagtige landerye net buite Durbanville.  Indien jy beplan om ʼn intieme troue te hou of selfs 150 gaste wil nooi, kan Goedgeleven jou met gemak akkommodeer met hulle ongelooflike en bekostigbare alomvattende pakket!

Goedgeleven se pakkette sluit die volgende in:

  • die kapel
  • onthaalsaal
  • een nag se verblyf vir die getroude paartjie
  • tafels en stoele
  • 3-gang maaltyd
  • verwelkomingsdrankies en wyne
  • intern platejoggie
  • intern bloemis
  • grasperk speletjies en soveel meer in.

Goedgeleven kan jou droom dag ʼn realiteit maak in ʼn japtrap.

Trou Dekor en Styl:


Ons was mal oor die groen pastelkleur.  Oral waar jy gekyk het, was bloekom blare en wit rose!   Erich het ʼn room/ligbruin pak gedra om uit te staan teen die groen en wit.   Ons was mal oor die gesofistikeerde en klassieke voorkoms van ons dekor.  Veral ons tafels wat nie oorvul was met onnodige dekor nie, dit was eenvoudig en genoeg.   Ons was mal oor die idee van feetjieliggies en het probeer om soveel as moontlik te hê.

Oor die algemeen wou ons hê ons gaste moet smart casual wees met VELLIES sodat hulle gemaklik kan dans en glad nie ingeperk voel nie!  Hulle het ook baie aardse kleure gedra wat soveel bygedra het tot die algehele voorkoms en gevoel van die troue.

Meer oor Stuck on You Weddings:


Stuck On You Weddings bied die volgende trou verwante dienste aan en kombineer dit in ʼn pasgemaakte pakket vir elke paartjie, kan jy verseker wees dat jou trou-estetika samehangend, elegant en goed saamgestel sal wees.

Die dienste sluit:  Volledige trou beplanning dienste, trou bestuur en op-die-dag-koördineringsdienste, dekor konsepte en stilering, blom konsepte en stilering, Voorafbetaalde trou beplanning konsultasies (perfek vir ʼn bruid met ʼn begroting!), en ook skryfbehoeftes en naambord ontwerp en -druk.

Trou Begroting en Beplanning:


Erich en Lize-Mari het 8 maande aan hul troue beplan.  Hulle het 102 (insluitend hul trou fotograaf) onthaal teen ongeveer R1,200 per gas.

Eerste Dans:


Tulbagh – Twee

Meer oor Flying Swan Media:


Flying Swan Media is trou videograwe asook fotograwe wat bestaan uit André en Susara, gebaseer in Robertson, maar die hele Wes-Kaap provinsie diens.

Hulle styl is natuurlik, romanties, tydloos, pret en spontaan, sodat paartjies se eie unieke styl deur kom in hul foto’s en video’s, vir troue herinneringe om te koester vir ewig en altyd.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: