Met opgewondenheid deel ons Le Roux en Jessie se pragtige herfs troue by Murasie Wedding Venue tussen Baardskeerdersbos en Gansbaai in die Overberg distrik. Dit was die perfekte agtergrond vir die paartjie om tyd saam met familie en vriende te spandeer op hul troudag. Herfs is een van die mooiste seisoene om in te trou, want die kleurskema verander na die mooiste donkerder kleur pallet. Die proteas wat die paartjie gehad het by hul troue het sรณ mooi uitgestaan teen die herfs kleurige agtergrond.
Jessie en Le Roux het ล pragtige buitelug seremonie onder die ou groot Eikeboom by Murasie gehad. Omring deur die saligheid van die natuurskoon is dit enige paartjie se droom trou seremonie.
Murasie Wedding Venue se pragtige landskappe het die perfekte agtergrond gemaak vir die paartjie se trou fotoโs. Van die dam wat so mooi die sonsak reflekteer tot die meer beboste dele en dan ook die oop landskappe van die plaas met die berge ver in die agtergrond.
Die onthaal lokaal is omring deur glas met die mooiste uitsigte wat gaste kan geniet vanaf hul tafels. Hulle gaste tafels was hout tafels met die mooiste groenigheid en gedroogte pampas gras as die middelpunt van die tafel. Die mooiste sagte pienk servette breek die tafel se kleurskema en gee ook ล tikseltjie kleur tot die tafel wat sรณ mooi is. Meer moderner stoele bring weer die moderne element te vore en saam het die onthaal lokaal ล lekker warm en gesellige voorkoms.
Rol af om meer te sien van die paartjie se pragtige herfs troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar aanvanklik ontmoet by ล verwelkomingspartytjie wat ล kollega vir Jessie georganiseer het vyf dae nadat sy vanuit Nederland in Suid-Afrika arriveer het. Daarna het ons mekaar vir ongeveer ses maande nie gesien nie (behalwe in die verbygaan op kantoor), maar toe ล gemene vriend ล staptog in die Drakensberg organiseer, het Le Roux seker gemaak dat Jessie die ses ure rit in dieselfde kar as hy deurbring. Tydens die 3-dae staptog het ons in mekaar se lewe ingeloop en nie weer uitgeloop nie.
Ons was saam met Jessie se familie op ล toer in Rome. Aangesien Jessie se pa in Nieu-Seeland woon, het Le Roux besef dat dit sy een kans is om hom in persoon te vra om met Jessie te mag trou. Met die volgende dag se sonsondergang โ terwyl ons na ล plek sonder te veel toeriste gesoek het om na die Forum Romanum te kyk โ het Le Roux die ja-woord (met ล baie droรซ keel) gevra, en Jessie het onmiddellik ja gesรช.
Trourok:
Jessie het saam met haar ma na verskeie winkels gegaan om rokke aan te pas. Sy het baie verskillende rokke probeer, en die rokke waarvan sy die meeste gehou het, was elke keer van dieselfde handelsmerk. Jessie het toe na hul aanlynwinkel gegaan, en die een rok wat sy spesifiek dink goed op haar sal lyk, identifiseer. Sy het dit by ล klein boetiek in die area opgespoor, aangepas en gekoop. Die rok is op grond van sy sagte, golwende materiaal wat redelik nou aan haar liggaam pas, gekies. Daarmee saam het sy ล kant bo-stuk gedra vir warmte, aangesien die troue buite was.
Verloof- en Trouringe:
Ons het ล naweek in Venlo, in die suidooste van Nederland, spandeer en besef dat die tyd baie vinnig nader aan ons troue toe aanstap. Op hierdie stadium het ons nog nie iets gesien waaroor ons mal was nie, maar in ล klein winkeltjie in die sentrum van die stad het ons eenvoudige ringe opgespoor, wat op die ou einde die meeste โsoos onsโ gevoel het. Dit was dus ล baie pragmatiese en vinnige besluit.
Gunsteling herinneringe van die paartjie se troudag:
Een van die spesiaalste oomblikke vir ons was om ons eie geloftes aan mekaar te kon voorlees. Een van die geloftes was om hierdie geloftes gereeld te hersien, en so far, so good.
ล Ander oomblik wat uitstaan was die kort tydjie na die fotosessie wat ons in stilte saam op ล bankie kon spandeer en bewustelik kon inneem voordat ons terug is na die onthaalsaal waar die aand se verrigtinge afgeskop het.
Trou Diensverskaffers wat uitgestaan het vir die paartjie:
Ons fotograaf, June Richards, was ล ster. Sy het ons gemaklik laat voel, ten spyte van die feit dat ons albei glad nie daarvan hou om voor die kamera te staan nie. Haar vriendelike geaardheid, persoonlike aanslag, en aangenaamheid het ons opgeval. As ล bonus was haar fotoโs fantasties.
Raad aan paartjies wat nou besig is met hul trou reรซlings:
Moet dit nie oordink nie. As ล verskaffer se aanbod reg voel (en julle ล paar goeie resensie aanlyn gesien het), โgoโ vir dit. Moenie die besluit wat reeds reg voel uitstel nie. Nader aan die troudag, is dit ook belangrik om net die professionaliteit van die verskaffers se dienste te vertrou, sodat die stres dat alles uitwerk nie op julle eie skouers lรช nie. Hulle doen dit elke week, en sal julle naweek ook perfek laat verloop.
Trou Venue:
Aangesien ons in die buiteland woon, was hierdie ล moeilike keuse. Ons het besef dat ons nie die gerusstelling gaan hรช om ล plek te kon besoek voor die troue nie, en sou moes staat maak en vertrou op die voorstelle en opinies van ander.
ล Vriendin van Le Roux sou tydens die COVID-tydperk by Murasie trou (wat ongelukkig as gevolg van die eerste, streng lockdown gekanselleer is), en toe dit by die opstel van ล kortlys van venues kom, was dit dus een van die opsies wat nog in ons agterkop gesit het. Le Roux se ouers het die plek besoek, en ล paar videoโs en fotoโs later โ sowel as die algemene goeie gevoel wat sy ouers van die eienaar, Leana, gekry het โ het ons die besluit gemaak.
Ons was op soek na ล plek met ล buitelug gevoel en ล onpretensieuse styl. Dit was ook belangrik vir ons dat mense op die terrein kan slaap, aangesien ons ล hele naweek daarvan wou maak vir mense wat van ver af bymekaar kom. Murasie het hierdie beskrywing baie goed gepas โ iets wat ons die Woensdag voor die troue vir die eerste keer in lewende lywe kon ervaar!
Meer oor Murasie Wedding Venue:
Murasie Wedding Venue is ล pragtige trou venue in die Overberg distrik is geleรซ op ล melkplaas, genaamd Korsika, naby aan Baardskeerdersbos. Die prag plaas omring deur groen lande en die mooiste uitsig oor die groot dam. Dit is die perfekte trou bestemming vir paartjies wat sommer ล lekker gesellige naweek wil maak van hul troue.
Murasie Wedding Venue het die mooiste seremonie area onder ล ou Eikeboom by Murasie. Die amfiteater styl seremonie sal jou trou gaste die mooi natuurskoon wat hul omring bewonder. Dit is die perfekte plek om trou aan mekaar te belowe.
Die trou venue is ล moderne gebou met meestal glas aan die een kant van die onthaal-lokaal. As jy instap by die onthaal lokaal sal jy sommer onmiddellik tuis voel. Die rou steen mure gee daardie warm gevoel, waar die glas in kontras weer die moderne elemente in bring. Met die dubbel volume dak en die klomp glas deur is paartjies en hul trou gaste verseker dat hulle pragtige uitsigte sal hรช en ook die sonsak vanuit die trou venue kan aanskou.
Trou Dekor en Styl:
Die proteas en plante wat in die fynbos-omgewing groei was die beginpunt. Van daar af het ons groen as hoofkleur en seisoenale komplementรชre kleure gekies wat daarby pas. Die dekor beskrywing noem dit โmainly greens, white and nudes, with pops of protea coloursโ. Ons dekorspan het waardevolle insette gelewer om by ล finale ontwerp van die dag se styl uit te kom, aangesien ons ล basiese idee gehad het wat ons in ล โmood boardโ met hulle gedeel het, en hulle diรฉ kon verfyn na iets wat ons styl perfek gepas het.
Trou Begroting en Beplanning:
Die paartjie het 85 trou gaste gehad en die trou begroting was so plus minus R 2,800 per persoon. Hulle het in totaal 11 maande self die troue beplan.
Eerste Dans:
Into My Arms โ Nick Cave & The Bad Seeds
- Venue: Murasie Wedding Venue | Kontak
- Paartjie se verblyf: Murasie Wedding Venue| Kontak
- Fotograaf: June Richards Photography | Kontak
- Blomme + Dekor: Husband Wife Team | Kontak
- Bruidegom-pak: Suit Supply | Kontak
- Grimering + Hare: Studio Michelle| Kontak
- Huweliksbevestiger: Ds Leon Marais| Kontak
- Platejoggie: Feel Good Inc.| Kontak
- Spyseniering: Peaberry Catering| Kontak
- Trourok: Bianco Evento|
- Bruid se Trouring: Siebel Juweliers| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Siebel Juweliers| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Mauritius โ Bel Ombre
- Wittebrood Plek: Heritage Awali Golf & Spa Resort| Kontak