AB & Yocké se Luukse Trein Verlowing Fotosessie

Ons is baie opgewonde om AB en Yocké se luukse trein verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers te deel.  Dié paartjie se fotosessie is só mooi en iets anders as die normale.  Hulle het besluit om hul verlowing fotosessie by Rovos Rail se privaat trein stasie in Pretoria te doen.

Vir die van julle wat nie bekend is met Rovos Rail nie, lees ons wegbreek artikel hier.  Ons het die geleedheid gehad om ʼn toer vanaf Pretoria na Kaapstad te kon geniet op een van die wêreld se luuksste treine.

Dit is altyd oulik as paartjies moeite doen met hulle verlowing fotosessie.  ʼn Verlowing is só ʼn groot deel van die hele reis as paartjie saam en veral voor die troue.  Dit is ʼn baie spesiale tydperk was definitief in pragtige foto’s vasgevang moet word.   Paartjies gebruik gewoonlik hul verlowing foto’s in ʼn album of selfs vir hul trou uitnodiging, trou webtuistes of dankie kaartjies.

Nie net is verlowing fotosessies vir pragtige foto’s nie, maar dit is ook die ideale tyd om julle trou fotograaf beter te leer ken.  Indien julle ook nog nie seker is watter trou fotograaf julle wil hê nie, is dit ook ʼn goeie idee om net ʼn verlowing fotosessie by ʼn fotograaf of twee te bespreek.  Tydens die fotosessie sal julle definitief voel of julle oor die weg kom met die fotograaf.

Vir oulike trou fotograwe, besoek Mooi Troues se Trougids.  Om meer te lees oor AB en Yocké se luukse trein verlowing fotosessie en hul verlowing storie, rol gerus af.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons het op Universiteit ontmoet, in ons eerste jaar by ʼn koshuis in Bloemfontein.  Van daar af het ons saam begin koffie drink en hals-oor-kop verlief geraak op mekaar.  Ons het dadelik geweet dat ons mekaar se lewens maats is wat God vir ons gestuur het.  Ons was vir 3 jaar saam en toe ons graad vang het besluit om daarna verloof te raak.

Die groot vraag:


Ons verlowing het op my verloofde hulle se familie plaas gebeur in die pragtige Drakensberge op 1 Januarie 2023.  Die koppie se naam is Impimbo.  Ons was veronderstel om saam sy familie sonsak drankies te gaan drink op die berg vir Nuwejaar.  Toe ons daar aankom was daar ‘n pragtige boho piekniek uit gepak en toe ek weer sien toe gaan hy op een knieg.  Ons het altyd geweet dat ons graag sal wil trou, maar die verlowing was ʼn verassing.  Ek het van niks geweet nie.

My verloofde se broer en sy verloofde, as ook neef en tannie was betrokke.  Hulle het die hele piekniek en als mooi gemaak asook die blomme gedoen en vingerhappies gemaak.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Yocké:

My gunsteling eienskap van AB is hoe liefdevol, lojaal en uniek hy is.  Aan alles wat hy raak en vat, maak hy ʼn sukses van.  AB is passievol oor als en ek leer elke dag soveel by hom.  My heel gunsteling ding van hom is hoe hy God bo alles plaas, en dat mens werklik elke dag kan sien hoe hy my en ons familie aan God opdra.

AB:

Yocké is die mees liefdevolste persoon met die mooiste omgee hart.  Sy plaas altyd almal bo haarself.  Yocké help altyd waar sy kan en gaan uit haar pad vir mense.  Sy dra ook elke persoon op haar hart en kyk na hulle.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons trou datum is 30 September 2023.  So, ons beplan om vir 9 maande verloof te wees voor ons trou.

Die verloofring:


Die verloofring was spesiaal gemaak.  Ek het presies geweet watter tipe ontwerp ek wou gehad het.  Ons het saam die diamant gaan kies en van daar af het my verloofde dit laat maak.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: