Ons deel graag Francois en Chantelle se verlowing fotosessie by Theewaterskloof Dam, net buitekant Villiersdorp met julle. Hierdie paartjie het ล pragtige sonsopkoms fotosessie gehad met die dam as hul agtergrond. Dit was iets besonders mooi. ล Sagte mis lagie wat oor die seepgladde water hang en die berge wat so mooi in die dam se water reflekteer. Dit is omtrent ล prentjie mooi fotosessie wat jy nie moet mis nie.
Chantelle en Francois wou graag ล verlowing fotosessie hรช om mooi fotoโs te kry vir hul trou uitnodigings. Dit is altyd ล baie oulike idee om mooi verlowing fotoโs te kry vir ล trou webtuiste of self ล uitnodiging of net vir herinneringe. Daar is soveel redes hoekom paartjie ล verlowing fotosessie doen.
Besoek ons trougids vir professionele trou fotograwe vir jou verlowing fotosessie. Beplan julle verlowing fotosessie saam met julle fotograaf en geniet elke oomblik daarvan. Dit is ook jou tyd om julle trou fotograaf beter te leer ken en sommer ook meer gemaklik te raak voor die kamera. So sal julle ล stresvrye ervaring hรช op jul troudag.
Moet nie Francois en Chantelle se liefdesreis hieronder mis nie. Rol af om meer te lees daaroor en ook die pragtige fotoโs te sien van hulle verlowing fotosessie langs die Theewaterskloof Dam.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het albei onlangs op geรซindig in die Grabouw omgewing waar ons niemand ken nie en beide van ons het gewonder of ons ooit die regte persoon sal vind. So waar staan ons die beste kans? Tinder, natuurlik. Francois was alreeds op Tinder en ek het na heelwat aanmoediging van vriendinne die kans gevat (ek weet van ล paar sukses stories). Toe ek sy foto, en hy my foto sien was dit ons al twee se duim vashou-oomblik van โwees asb. ล pasmaatโ โ en dit was ล pasmaat! Ek en Francois het na ล rukkie se gesels, op ล hout bankie buite Grabouw sentrum ontmoet en alles was perfek. Nou is ons beste vriende en terselfdertyd die liefde van mekaar se lewe. Ons het mekaar onvoorwaardelik lief. Ons was 8 maande in ล verhouding voor ons verloof geraak het.
Die groot vraag:
Ons het geweet dat ons vir mekaar bedoel is en het gereeld gepraat oor die toekoms, insluitend verloof word. Ek het geweet hy sou iewers in die nabye toekoms vir my die groot vraag vra, maar volgens my moes hy nog my ouers vra en dit was die ding, want hy het al meer as ล maand tevore met hulle gepraat. Hy het al die reรซlings getref en die perfekte plan gehad dat ons gaan vir ล piekniek vir bietjie kwaliteit tyd. Dit was ล groot verrassing en ล baie spesiale dag toe hy op 27 Mei 2022 langs die dam op Kraalskloof afsak op sy knie, en ek kon ja sรช vir ons toekoms saam.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Francois:
Ek is mal oor haar sagte, warm en liefdevolle hart. Haar liefde het geen einde nie. Sy is slim, haar hande staan vir niks verkeerd nie en sy vul my ongelooflik goed aan in alle opsigte. Haar pragtige oรซ en glimlag maak eenvoudig my knieรซ lam. Sy het ล manier om my aan te moedig al is ek hoe mismoedig, sy gee my die sprankel in my oรซ.
Chantelle:
Hy is my beste vriend met wie ek alles kan deel. Ek weet dat hy daar vir my sal wees deur dik en dun. Francois het die mooiste hart en die vermoรซ om alles beter te maak. Hy is vol grappies en ek is mal daaroor as hy vir my sing. Sy glimlag laat my smelt. Hy is perfek vir my.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons troudatum was 19 November 2022, amper ses maande na ons verlowing.
Die verloofring:
Ons het ล paar keer na ringe gaan kyk, want ek was self nie seker waarvan ek hou nie. Ek het wel geweet ek wil ล kleiner, fyner ring hรช. Op die ou end het ons altwee gedink ล roosgoud ring lyk die mooiste aan my hand en toe ons diรฉ ring sien het ons daar en dan besluit om dit te koop.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou graag die fotoโs gebruik vir ons trou uitnodigings, webwerf en om gemaklik te raak met die fotograaf voor die trou dag. Die fotosessie het al ons verwagtinge oortref en ons gaan die fotos vir ewig kan koester.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Theewaterskloofdam is nie te vรชr van ons af nie. Ons het al baie verby gery en dan is dit die mooiste natuurtonele, ek kon insien hoe mooi ล fotosessie daar sou lyk. Die fotograaf het ล voorstel gegee vir hoe ons kan aantrek. Die uitrustings het perfek gewerk met die omgewing en beligting.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons het nie vrese nie, want ons maak alle besluite saam en ons hanteer als as ล span. Ons verwagtinge is presies dieselfde as voor die verlowing โ ons wil net mekaar en elke oomblik saam geniet.
Visie vir droomtroue:
Ons wil ล intieme (ยฑ 50 gaste) strand troue hรช omdat ons albei lief is vir die see en strand. Ons is eenvoudige buitelewe mense en dis wat ons troue gaan weerspieรซl.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf:
- Fotosessie Venue: Theewaterskloofdam
- Verloofring: NWJ Jewellery