Ruan & Nandi se intieme buitelandse strandtroue

In dié Mooi Troues inskrywing deel ons met ons lesers die pragtige liefdesverhaal van Ruan en Nandi.  Dié bruidspaar het toevallig altwee in Potch geswot, met dit was dit dadelik liefde op eerste oogopslag.  Ruan en Nandi se liefde vir die bosveld en die ope en vrye lug speel ‘n groot aspek van hul intieme buitelandse strandtroue.

Dié troue was ‘n intieme troue gewees met net 30 gaste wat bygewoon het.  Ruan en Nandi se droom trou bestemming was nog altyd die betowerende Zanzibar.  Elke deel van hul perfekte strandtroue was gevang deur die talentvolle trou fotograwe,  Dust & Dreams Photography,  was heeltyd betrokke en so behulpsaam op Ruan en Nandi se buitelandse strandtroue, hulle het die bruidspaar so gemaklik laat voel.  Zanzibar het ook vir die bruidspaar die perfekte spesiale wittebrood bestemming verskaf.

Soos ‘n sprokies liefdesverhaal, só is Ruan en Nandi se strandtroue in die buiteland. Van die bruidspaar se familie en vriende, tot by hul liefde vir mekaar, was dié strandtroue iets wat met Mooi Troues se lesers se hartsnare sal speel.  Die Zanzibar bestemming skep vir dié bruidspaar ‘n atmosfeer van vryheid en liefde.

Rol nou af en geniet die intieme buitelandse strandtroue van Ruan en Nandi.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het ontmoet by ʼn Nuwejaar kuier en dit was liefde met eerste oogopslag.

Ons gelukkig uitgevind ons albei studeer op Potch en het daar verder gekuier, soos hulle sê: “Die res is geskiedenis.”

Albei van ons is mal oor die bosveld so dit was net gepas om haar te vra in die natuur – ons het verloof geraak op ʼn wildsplaas waar ons te voet na die groot 5 gaan soek het!

Die Verlowing Tydperk:


Ons was vir amper presies ʼn jaar verloof.  Het in Oktober 2020 verloof geraak en in Oktober 2021 getrou.  Ons het die troue self beplan, met baie bystand van familie en vriende.

Trou Begroting:


Ons het begroot vir so R100,000 en was ongelukkig bietjie oor, meer a.g.v. KOVID-19 as enige iets anders (ons moes aanpassing maak vir vlugte ens).  Ons het beplan vir 50 gaste, maar het op die ou einde net 30 gehad wat kon bywoon.

Advies:

Begroot vir elke item individueel en kyk daarna na die totale bedrag – dit help as mens presies weet hoeveel jy wil spandeer op watter aspekte van die troue.  Dan ook die cliché – weet dat daar altyd “versteekte kostes” gaan wees!

Merkwaardigste Oomblikke:


Ruan:

Die oomblik toe ek my bruid sien was natuurlik die beste oomblik van die dag.  Dit was ook baie spesiaal dat my pa die seremonie kon behartig.  Verder die samesyn met ons vriende en familie was kosbaar.

Nandi:

Ons kon op die strand trou, en dit was uit en uit net ʼn feesviering van ons verhouding!  Die troufoto’s op die boot was ook ʼn groot pluspunt.

Paartjie se styl:


Ons styl was baie ontspanne, ons het gekies waarvan ons hou wat gemaklik voel – kaalvoet strandtroue soms dit seker goed genoeg op.

Venue & Dekor:


Ons wou baie graag in Zanzibar trou en die Noorde van die eiland is bekend vir sy pragtige sonsondergange en plat waters.

Dekor was deur die hotel gedoen, ons het minimaal insette gehad so dit was eintlik lekker om nie daaroor te bekommer nie!

Die Besluitnemingsproses:


Dit was maar 50/50 tussen die 2 van ons.  Vriende en familie het baie advies gelewer, maar dit was altyd ons wat die finale besluit geneem het.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja sjoe, baie mense kon ongelukkig nie bywoon nie a.g.v. die verswakte ekonomie ens.  Ons reis was ook baie meer uitdagend, omrede ons nie meer direk van SA na Zanzibar kon vlieg nie; vlug kaartjies moes op kort kennisgewing verander word en ons was baie bekommerd oor ʼn moontlik reis verbod.  Gelukkig het alles uitgewerk op die ou einde!

Gunsteling Diensverskaffers:


Fotograaf!  Dust & Dreams is paartjie wat saam foto’s neem en hulle beskeie manier om alles te benader het ons baie gerus gestel – hulle was verskriklik betrokke en so behulpsaam gewees dat ons nie vir ʼn oomblik daaroor bekommer nie!  Dit was ook ʼn helse uitdaging om in Zanzibar die foto’s te neem en hulle dit vir ʼn 6 geslaan!

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


“Don’t sweat the small stuff” – niemand gaan onthou watter kleur julle servette was nie.  Kies en fokus op dit wat belangrik is vir julle – vir ons was dit ʼn dag van feesviering en herinneringe saam ons geliefdes.  Julle 2 is ʼn span – dis JULLE dag, die res is net agtergrond musiek.

‘Nie-so-perfek’ oomblikke:


Die platejoggie het nie die liedjie gehad waarop Nandi wou instap nie, maar daar was darem ʼn goeie alternatief.  Die reis admin was ook bietjie van ʼn nagmerrie met Mango wat nie die vlugte kon vervul nie.

Vermaak:


Ons het net ʼn platejoggie gehad, al wat nodig was vir ʼn partytjie op die strand.

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op Hunter Hayes se “I want crazy“.  Geen vooraf beplande choreografie nie – ons het so lekker gedans Ruan het neergeval in die dik sand!

Wittebrood:


Omdat ons getrou het in Zanzibar, was dit sommer afklaar deel van die Wittebrood gewees!  Die bestemming was aanloklik omrede dit ʼn gewilde duik bestemming was.

Ons wil vir ons 1 jaar huweliksherdenking terug gaan na die plek waar ons verloof geraak het.

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: