Petrich & Alicia se oulike verlowing fotosessie

Petrich en Alicia se oulike verlowing fotosessie is ʼn baie oulike idee as jy opsoek is na inspirasie vir jul eie verlowing fotosessie.  Jy kan in die foto’s sien dat hulle die fotosessie baie geniet het.  Alicia het pragtig gelyk in haar blom patroon rok en die strooihoed.  Petrich het self dapper gelyk in sy denim en wit hemp.

ʼn Verlowing fotosessie is so belangrik.  Dit help paartjies om hul fotograaf beter te leer ken voor hul troudag.  Daarmee saam gee dit ook die paartjie die perfekte geleedheid om enige fotosessie vrae aan die fotograaf te vra.  Jy wil op jou gemak wees op jou troudag en die dag net geniet terwyl jou fotograaf die spesiale oomblikke vasvang.

Rol af om meer te lees oor Petrich en Alicia se oulike verlowing fotosessie en hul liefdesreis hieronder.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons werk albei vir die kerk, maar op daar die stadium het ons vir verskillende kampusse gewerk.  Ons het by ʼn zone wegbreek ontmoet.  Toe Alicia vir Petrich sien was sy onmiddellik verlief …  Okay dalk nie, maar Petrich was verseker!

Ons het van die begin af geweet hierdie verhouding gaan in ʼn huwelik in beweeg met soveel bevestiging van die Here af.  Ons was ʼn jaar en 2 maande in ʼn verhouding toe die groot vraag gevra is.

Die groot vraag:


Dit het op sy verjaarsdag gebeur wat ʼn groot verrassing was.  Die verlowing het al my verwagtinge oortref, hy het geweet daar is 2 mense wat ek baie graag betrokke wou hê (my sussie en beste vriendin).  Dit het op ʼn koppie naby Krugersdorp gebeur, skemertyd nes ek dit altyd wou hê.

My vriendin het my op ʼn manier daar gekry, daar het my sussie gewag, my ge blinddoek en my na die koppie gelei.  Hy het vir my eers ʼn liedjie gesing, toe ek die blinddoek afhaal was hy op sy knieë en die res is geskiedenis.  Dit was alles en meer!


Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskap van Petrich is hoe lief hy die Here het, sy eerste liefde is die Here.  Mens kan dit sien net deur wie hy is, hoe hy sy passies en drome uitleef en hoe lief hy my het.

My Gunsteling eienskap van Alicia is, dat sy God altyd sal meer lief hê as vir my, deur haar liefde vir Hom het sy my meer lief as wat ek ooit voor kon vra!

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Albei wou nie lank verloof wees nie, daarom het ons op 3 maande besluit.  Ons albei wou nog nooit lank verloof wees nie, daarom het ons op 3 maande besluit.

Albei van ons het ook baie bevestiging gekry van die Here – die mooiste woord.  Ons het basies alles agterstevoor gedoen, ons het eers op ʼn trou datum besluit en toe verloof geraak.  Is op die ou end 3 maande en so 15 dae verloof.

Die verloofring:


Die verloofring is baie spesiaal vir Alicia.  Haar Ma het na my toe gekom en haar heel eerste trouring vir my gegee.  Dit was Alicia se Ouma se trou diamant wat baie sentimenteel vir Alicia is.

Alicia het presies geweet watter verloofring sy wou hê en vir my ʼn foto gestuur.  Met ʼn klein verandering was haar woorde “hierdie ring is soveel meer as wat ek wou hê”.


Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: