Gerhard & Chalitia se Safari-tema fotosessie

Gerhard en Chalitia se Safari-tema fotosessie sal jou ʼn idee gee hoe oulik mens se verlowing fotosessie kan wees.   “Gerhard en Chalitia is buite mense, hul hou van visvang en braai en pragtige sonsondergange.” vertel die fotograaf.  Hul fotosessie was in Julie 2020 geneem, in die hartjie van die Winter.  Gelukkig is die Hoëveld grasvlaktes pragtig goud die tyd van die jaar.  Dit was gepas om ʼn Safari-tema te inkorporeer.  Op ʼn simplistiese manier deur die groen Jeep en strooi hoed asook hul klere drag.

Klere drag en die stilering van mooi uitrustings vir verlowing fotosessie is baie belangrik.  As jy mooi aantrek, voel jy sommer goed.  Dit help ook dat jy pragtige foto’s kry wat jy kan gebruik vir klomp verskillende dinge.  Gerhard en Chalitia het drie verskillende uitrustings aangehad vir hul fotosessie.  Jy hoef nie noodwendig jou klere te verander gedurende ʼn fotosessie nie.  Solank as wat jy mooi aangetrek is, sal dit perfek wees.  Probeer wegbreek van te informeel aan te trek. Alles hang af van die plek waar jy die fotosessie doen.  Onthou jy moet nogsteeds gemaklik wees.

Het jy onlangs verloof geraak?  Besoek Mooi Troues vir wonderlike gratis trou inspirasie en advies.   Ons redaksie werk hard om die beste trou idees vir jou te bring.  Rol af om meer te sien van Gerhard & Chalitia se Safari-tema verlowing fotosessie.

a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot

Agter die skerms van die fotosessie:


De groen Jeep se battery is effe oud, so op pad na ons mooi oop veld het hy gaan staan.  Gelukkig het Gerhard vinnig ingespring, soos altyd die lewensredder wat hy is, en hom reggemaak.

a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoota safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die pragtige goue gras was so mooi agtergrond vir die twee donkerkoppe se foto’s.

v a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot

Venue en Ligging:


Ek as fotograaf bly op ʼn plaas net buitekant Delmas, en die grasvlaktes is gereeld my ateljee.  Die oop grasvlaktes en skoon lug is baie mooi.  Veral die pragtige pienk sonsondergange maak die fotosessies gewoonlik vir my en my kliënte, onvergeetlik.

a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot a safari themed engagement shoot

Klik hier vir diensverskaffers