Pieter & Talisa se buitelug troue omring deur inheemse bos

Pieter en Talisa het ewige liefde aan mekaar verklaar by die tropiese tuin-dorp, Tzaneen, in Limpopo.  Tzaneen se natuurskoon het die mooiste atmosfeer geskep vir hierdie paartjie om hul lewensreis saam af te skop.  Hul troudag was gemaklik, gesellig, ietwat boheems.  Die paartjie se keuse van meubels en dekor het die omgewing perfek gekomplimenteer.  Hulle het interessante elemente by hul dekor gevoeg om fokuspunte te skep;  Die gebruik van boheemse banke en baddens was beslis ‘n goeie idee om ‘n gesellige atmosfeer te skep.  Dit wys jou net – jy hoef nie die duurste en bekendste venue vir jou troudag te kies nie; Hierdie paartjie het ‘n versteekte juweel gevind en hul troue is bo aan ons lysie van uniek, kreatief en pragtig!

Rol af om meer van Pieter en Talisa se troue te sien en verkry inspirasie uit hul idees om Tzaneen se inheemse bos in ‘n sprokieswêreld te omskep.

wedding dress wedding dress

Ouderdom van paartjie op troudag?


Ek, Talisa, was 28 en Pieter was 30 jaar oud op ons troudag.

wedding wedding wedding dress wedding wedding

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het ontmoet by ‘n weekaand-braai van Chamain en Piet (vriende van Pieter.)  Ek was nuut in die omgewing en was onverwags genooi na die braai waar ek niemand geken het nie.

Pieter het maar die stof op die knie gevat en my gevra om te trou by die baie romantiese Tinga-Tinga Lodge in die Kruger Wildtuin.

wedding wedding wedding wedding dress wedding dress wedding

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het soos Beyonce gevoel toe ek myself vir die eerste keer in die rok sien!  Vir ‘n plattelandse Afrikaanse meisie is dit nogal opwindend om so mooi te voel.

wedding wedding wedding wedding wedding wedding wedding

Vertel ons meer van jul ringe


Pieter het my gevat om na gaan ringe kyk.  Die juwelier het my een kyk gegee en met ‘n ring daar aangekom waarop ek onmiddellik verlief was!  Pieter se ring was baie maklik om te kies.  Ek het goud voorgestel en hy het ‘n paar aangepas en die gemaklikste opsie gekies.

wedding wedding wedding wedding wedding wedding emotional groom wedding wedding wedding wedding wedding wedding wedding wedding wedding dress wedding dress wedding dress wedding dress wedding dress

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons fotograaf, Jeanie Lin, was ongelooflik.  Sy het die mooiste oomblikke van ons troue vasgevang sonder enige moeite van ons kant af.   Al het ons sopnat gereën, het sy steeds glimlagte oral gevind.  Ons het ‘n lieflike vriendin wat met haar kamera klomp kort video’s van die aand geneem het.  Sy het dit, tesame met my boetie se hommeltuig video’s, in ‘n mooi video omskep.

wedding dress wedding dress wedding dress wedding dress wedding dress wedding dress wedding in limpopo wedding in limpopo wedding in limpopo wedding in limpopo

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Vir die dames:

Probeer heeltyd dink aan wat julle wil hê of doen en nie wat die gaste of familie verwag nie.  Op die dag moet jy jouself nie steur aan enige iets wat verkeerd loop nie.  Onthou, die gaste weet nie wat jy beplan het nie; Net jy sal weet dat dit eintlik nie is wat jy wou gehad het nie.  Vir die sosiale vlinders – Die aand van jul troue moet julle ook onthou dat dit oor julle twee gaan.  Spandeer genoeg tyd met mekaar, maak nie saak hoe lank terug jy jou universiteit vriendinne en skoolmaats gesien het nie;  Geniet die oomblikke saam met jou man.

Vir die manne:

Eerstens manne, moet julle weet, dis die grootste dag vir jou aanstaande en sy droom al van kleins af oor hierdie dag.  Lewer jou insette, luister en probeer dat jou aanstaande so min as moontlik moet doen en reël.  Al  jou ondersteuning in die kosbare tyd, gaan meer as enige iets anders vir jou aanstaande beteken.

wedding in limpopo wedding in limpopo wedding in limpopo wedding in limpopo

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Talisa – Die merkwaardigste oomblik vir my was om die uitdrukking op my aanstaande se gesig te sien toe ons mekaar vir die eerste keer op ons groot dag sien.  Ons eerste dans was ook een van my gunsteling oomblikke.

Ek sal net mooi niks verander nie, dit was perfek!  My strooimeisies hulle half doodgewerk.  Dit het die hele opset vir my net nóg meer spesiaal gemaak.

Pieter – My pragtige aanstaande bruidjie se aankoms in die paadjie, met haar blink ogies, het my knieë sommer heeltemal lam gemaak.  Daardie oomblik, met die opwindende trane in my oë, was onvergeetlik.

wedding in limpopo wedding in limpopo wedding in limpopo wedding in limpopo wedding in limpopo

Het julle enige diensverskaffers vanaf Mooi Troues gekry?


Die trou publikasie het my bewus gemaak van ‘n huwelikskontrak wat opgestel moes word.  Anders sou ons nie daaraan gedink het nie!

wedding in limpopo wedding in limpopo wedding in limpopo

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Bos bos bos!  Ek wou onder ‘n boom trou en Pieter was dadelik omgepraat toe ek hom vertel dat ek die bos en die natuur as ons dekor wil gebruik, in plaas van ‘n klomp ander tierlantyntjies.

Tannie Myra en oom Koos is vreeslik lief vir die natuurlike bos.  Toe Pieter my vat om te gaan kyk na hul venue was ek stomgeslaan en kinderlik opgewonde om ons groot dag daar te vier.

open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het nooit regtig ‘n nommer gehad om mee te werk nie.   As dit in my pa se begroting gepas het, het hy net gesê, “Ja dit pas my sak,”  Ons het min of meer 100 gaste onthaal.

In terme van ‘n begroting vir wittebrood sal ons advies wees om maar genoeg geld te vat.  Dit is julle eerste vakansie saam as getroude paartjie, en dit sal nooit vergeet word nie.

open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Wat ‘n prettige vakansie!  Ons is altwee baie avontuurlustig.  Ons was in Thailand en het alles gedoen en gaan sien wat daar was, ALLES!  Ek en Pieter het besluit om te gaan verken, eerder as om op ‘n strand te lê en skemerkelkies drink.  Ek het nie geweet waarheen hy my vat nie, al wat hy geweet het was dat ek ‘n swembroek moet inpak.  Pieter het net gesê dat ek moet reg wees vir die tyd van my lewe.

open air wedding open air wedding open air wedding open air wedding

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek


Ek was mal oor hoe die “onversierde koek” lyk, en met sy vruggies en ‘n paar plantjies of blare was dit vir my ‘n wenner.  Pieter het nie veel omgegee oor hoe die koek lyk nie, maar wel hoe hy proe!

open air wedding open air wedding

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Dit was ‘n moeilike een, omdat Pieter so lief vir sy Afrikaanse musiek is en ek nie so groot aanhanger daarvan is nie.   Gelukkig het ons “gemeenskaplike grond” gehad omdat ons altwee van ou musiek hou.  Eendag op die pad het Pieter vir my gesê “hiers hy nou” en ek was dadelik omgepraat!  Ons het gedans op – I’ve got you Babe, van Sonny and Cher.  Altwee van ons kon tenminste dans en het teen die tyd darem al baie met mekaar gedans, so ons was heel gemaklik daarmee.  Dit was so spesiaal om onder die sterre te dans tussen ons vriende met hul vonkstokkies!

open air wedding open air wedding

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: