Christo & Lerize se plaas verlowing fotosessie

Die plaas verlowing fotosessie van Christo en Lerize is baie besonders.  Dié rede is dat Christo ‘n vyfde geslag boer is en baie skaam is vir foto’s.  Hy en Lerize was saam in die kleuterskool, so hulle ken mekaar al baie lank.  Hulle deel dieselfde waardes.  Die ligging van die fotosessie is die naambord van hul plaas waar hul gaan woon na hul troue.

Mooi Troues hoop regtig ons kan Christo en Lerize se plaas troue ook binnekort met julle deel.  Ons wens die oulike paartjie alle voorspoed vir hul toekoms.  Lekker lees aan hul storie.

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons was in dieselfde kleuterskool, so ons ken mekaar eintlik al ons hele lewe.  Op Universiteit het ons paadjies weer gekruis en ons het albei besef hierdie is die persoon waarvoor ek gebid het.  Ons kom uit dieselfde soort huise en deel tradisionele waardes wat skaars is in ons moderne wêreld.  Familie is vir ons albei baie belangrik.

Hy is die beste mens wat ek ken, hy laat my altyd veilig en gelief voel.  Sy doen alles voluit, al wat mooier is as sy, is haar hart.

Ons kan lekker saam lag en is gelukkig ook albei vurige Cheetah ondersteuners!

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Ons was met vakansie in Amazimtoti, toe Christo my die heel eerste oggend baie vroeg kom wakker maak om op ʼn avontuur te gaan.  Ek was glad nie ingenome nie.  By Starlite Aviation het ʼn helikopter vir ons gereed gestaan.  Ek kon nie my oë glo nie!  Ons het op ʼn berg geland waar daar vir ons ʼn piekniek reggemaak is.  Christo het op sy knieg gegaan en gevra of ek hom die gelukkigste man in die wêreld sal maak en sy vrou word.  Ek het natuurlik ja gesê en sal dit altyd as die gelukkigste oomblik van my lewe onthou.

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Christo is ʼn boer in murg en been!  Dit was daarom baie spesiaal om ons verlowing fotosessie op die plaas te hê waar hulle reeds vir die vyfde geslag boer.  Ons het ook ʼn spesiale foto by die “Trafford” bordjie, die plaas waar ons na die troue gaan bly, geneem.  Ons beplan om met elke belangrike geleentheid in ons lewe by die bordjie ʼn foto te neem.

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Christo is nie lief vir foto’s nie, daarom het ons die foto’s op die plek geneem waar hy die heel gemaklikste is, die plaas!  Ons beplan ʼn plaastroue so dit was sommer ook ʼn geleentheid om mooi foto plekkies vir die troue uit te soek.

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons beplan ʼn lekker groot plaastroue!  Ons was albei in die koshuis en haat dit om in rye te staan vir kos, daarom sal die bakke tradisionele boerekos, “familiestyl” op elke tafel bedien word.  Die groot rooi plaasstoor gaan gedrapeer word met baie liggies en blomme wat uit die dak hang.  Die nagereg gaan ʼn kombinasie poedings wees wat vir ons spesiaal is soos my ouma se pryswenner melktert!  Ek beplan my troue al vandat ek 3 is en ons kan nie wag om ons droomdag saam met almal vir wie ons lief is te vier nie!

plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing fotosessie plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing plaas verlowing

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: