Stéfan & Cenette se flambojante troue in die Bosveld

Dié inskrywing wat ons nou met Mooi Troues se lesers deel is van Stéfan en Cenette se elegante troue in die Bosveld.  Wat dit alles nog meer besonders maak is dat Stéfan en Cenette van die wenners is in die heel eerste Mooi Troues se Troue van die Jaar kompetisie.  Die prys wat hul gewen het is ‘n R15 000.00 geskenk bewys van Le Creuset.

Paartjies wat graag in die Bosveld wil trou en hou van die fyner dinge in die lewe, sal baie inspirasie vind uit Stéfan en Cenette se troue.  Hulle het na 15 trou venues in die Kaap en 1 in Johannesburg gaan kyk … en toe hulle die trou venue in Limpopo sien, het hulle geweet híér gaan hul hulle troudag vier!

Stefan en Cenette se troudekor was prominent origami en katoen wat heeltemal kontrasterend van die Bosveld.  Hulle het ook 5 verskillende tafel uitlegte gehad, wat ons dink het dinge vreeslik interessant gemaak.   A seed to sow het ook gehelp met blomme vir dié flambojante troue.

Ons by Mooi Troues is ook absoluut verlief op Cenette se trourok en ons weet sy het Stéfan se asem behoorlik weggeslaan toe sy in die trougang afgeloop het.

Mooi Troues se lesers moet asseblief hul tyd neem en elke foto van Stéfan & Cenette se flambojante troue in die Bosveld waardeer.  Geniet ook die paartjie se liefdesverhaal.

Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Paartjie se Liefdesreis:


In September 2018, het ek en Stéfan ʼn onvergeetlike vakansie gehad waar ons die hele Frankryk en sy platteland getoer het.  Op ons tweedelaaste aand het ons gaan eet by die pragtige michelin ster restaurant JAN in Nice.  Ons het heerlik gekuier en die fantastiese disse geniet.  Toe die nagereg kom was myne bedien in die mooiste antieke juweleboksie.  Toe ek die juweleboksie oopmaak het dit musiek begin speel, daar was eg Suid-Afrikaanse soet happies en ʼn boksie met die ring wat Stéfan self ontwerp het!  Stéfan het op sy knie gesak en daar in Frankryk het hy my gevra om met hom te trou!  Dit was onbeskryflik!  Soos ‘n toneel uit ‘n rolprent!

Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 flamboyant wedding flamboyant wedding Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Die Verlowing Tydperk:


September 2018 het ons verloof geraak en was 8 maande later, in Mei 2019, getroud.  Ons het geen trou beplanner gehad nie en het self al ons idees bymekaar gesit.  Ons het ‘mood boards’ gemaak vir meeste van ons diensverskaffers om uit te beeld wat ons visie was met al die verskillende aspekte van ons troudag.  Bish Bash Boosh het ons wel gehelp met die dekor wat deur hul gedoen was.  Hulle het ons idees ʼn werklikheid gemaak!

Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Finansiële Aspekte:


Ons was baie bevoorreg gewees dat ons albei se ouers bygedra het tot ons troudag.  Ons het nie regtig ʼn vaste begroting gehad nie.  Daar was wel besluit waarop ons geld wou spandeer en waarop ons wou spaar.

Ons het 120 gaste gehad.  Dit was ʼn naweek troue gewees en ons was baie gelukkig dat ons familie en vriende van reg oor die wêreld daar kon wees.

As ons raad kan gee maak julle troue uniek sodat dit julle as paartjie weerspieël.  Besluit saam wat is belangrik vir julle albei en spandeer die begroting dan op die 2-3 belangrikste aspekte wat ʼn impak gaan maak eerder as ʼn klomp klein goedjies wat niemand gaan onthou nie.

Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Merkwaardigste Oomblikke:


Cenette:
  • Die oomblik toe ek saam met my pa in die padjie afstap en vir Stéfan die eerste keer sien staan, voor in die boskerk, met trane in sy oë.
  • Toe ons, ons beloftes wat ons vir mekaar geskryf het voor in die kerk lees, was dit asof dit net ek en hy was.
  • Ons het saam met ons strooijonkers en strooimeisies in die venue in gedans op “Never Let You Go” en almal het begin saam klap, die kerse het gebrand op die tafels en die venue was prentjie mooi.  Die venue was gevul met soveel atmosfeer en samesyn!
  • Dit was volmaan op ons troue en ek onthou hoe ek en Stéfan vir ʼn oomblik alleen buite was en alles net ingeneem het, die volmaan, boma vure wat brand en almal vir wie ons so lief is wat daar was.
Stéfan:
  • My hartklop wat ek deur my bors kon voel toe Cenette uit die Range Rover uitgeklim het en ek haar vir die eerste keer sien.
  • Klein spesiale oomblikke tussen my en my strooijonkers waar jy besef vriende het familie geword.
  • Al die moeite en beplanning van ons MC’s (vriende) wat sonder twyfel ʼn hoogtepunt van die troue was.
  • Die volgende oggend wakker word langs my vrou en besef dit is die eerste dag van die res van ons lewe saam.

Troue van die jaar 2019 Troue Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Paartjie se styl:


Ons wou ʼn baie formele troue in die bosveld gehad het.  Ons albei is bosveld mense, maar ter selfde tyd hou ons van die fyner dinge in die lewe.

Ek was by meeste trourok plekke in Gauteng en kon net nie die regte rok vind nie.  Ek het op die einde my droom rok gevind by Vonve Bridal Couture in Johannesburg. Hulle het vir my ʼn prentjie gewys van ʼn nuwe rok wat hul sou in kry en dit was presies wat ek wou hê. Die rok is ingevoer van Italië en definitief uniek.

Vir Stéfan was dit baie maklik, hy wou die ontwerp van sy pak ʼn ervaring maak saam met sy strooijonkers.  Materiaal keuses was 30 minute en vier aanpassings later het hy sy perfekte Frank Bespoke pak gehad.

Stéfan het my ring self ontwerp en ek kon nie vir ʼn mooier ontwerp gevra het nie.  Hy ken my so goed en weet presies waarvan ek hou.  Stéfan het sy ring ook self ontwerp en ek het dit toe spesiaal gemaak met ʼn boodskap en my vingerafdruk wat ek aan die binnekant van die ring laat graveer het.

flamboyant wedding flamboyant wedding flamboyant wedding flamboyant wedding flamboyant wedding flamboyant wedding Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Die Besluitnemingsproses:


Ons was albei baie betrokke gewees en wat wel baie lekker was is dat ons dieselfde idees en styl het.  Dit het dinge eintlik baie maklik gemaak.  Ons ouers was deel van al die keuses en het saam met ons diensverskaffers gaan sien.  Hulle het ons ondersteun in ons keuses so ons was baie gelukkig gewees in daardie opsig.

Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons sou aanvanklik nie ʼn videograaf gehad het nie en het toe op die laaste besluit om wel een te kry.  Ons het op Fascination Pictures afgekom en ons was so beïndruk met hulle.  As ek moet sê was dit een van die beste dinge wat ons gedoen het vir ons troue.  Ons kan ook ander paartjies aanraai om asseblief nie te vergeet van ʼn videograaf nie. Daniel het ons dag so mooi vasgevang.  Ons gaan nog vir jare na die video kyk.  Dit was besonders!  Ons kan hom verseker aanbeveel.

Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Venue & Dekor:


Ons het geweet ons wou vir Marsél as fotograaf hê en het toe via haar blog op die venue afgekom.  Ons albei is mal oor die bosveld maar was oortuig dat ons in die Kaap sou trou.  Ek en Stéfan het na 15 venues gaan kyk in die Kaap, een in Johannesburg en toe na Lunikhy Game Farm in Limpopo.

Die bosveld met die groot roomkleurige tent was so anders en uniek.  Ons wou ʼn naweek troue hê en alle aspekte van die venue het met ons gepraat.

ʼn Droom van my was om baie katoen op ons troue te hê en dit was wonderlik toe ons datum in Mei val, so reg in die katoen tyd!  Ons hou van dinge anders doen en het op vyf verskillende tafel dekor uitlegte besluit. Party tafels het slegs kerse gehad, terwyl ander weer enkel tulpe in potjies gehad het.  My tannie het gesorg vir ons pragtige origami wat ons op verskillende plekke op die venue laat hang het.

Die idee van formele ‘lounge pockets’ in ʼn bosveld setting was vir ons baie oulik en ons het drie gehad op die troue.

Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Vermaak:


Ons vermaak tydens die canapés was deur Jason Ferreira van Paper Planes en hy het baie moeite gedoen om liedjies van ons keuse te leer speel.  Ons het ook ʼn DJ (Multi Music Entertainment) gehad wat gesorg het vir ʼn groot partytjie later in die aand!

Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Wittebrood:


Die wittebrood was ʼn groot verrassing vir my.  Ons het op ʼn vliegtuig geklim en eers toe ons in Dubai oorklim het ek uitgevind dat ons oppad Barcelona, Spanje toe is.  Ons was ʼn paar dae in Barcelona.  Toe het ons op ʼn boot geklim en vir 7 dae getoer en elke dag in ʼn ander dorp gestop.  Ons het Frankryk, Italië en Malta besoek.  Dit was wonderlik, die skip was ʼn ervaring op sy eie en ons wat so baie hou van toer kon net nie genoeg kry van al die pragtige dorpies nie.

Stéfan het op die skip vaart besluit omdat ons wou rustig wees en nie met te veel tasse wou toer nie, maar ons wou steeds genoeg doen en sien.  Wat ʼn wonderlike kombinasie en onvergeetlik vakansie … besonders spesiaal.

Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019 Troue van die jaar 2019

Mooi Troues Diensverskaffers:

Klik hier vir meer diensverskaffers