Een gelukkige paartjie staan ‘n kans om ‘n verlowing fotosessie met Kathryn Lawrence Fotografie te wen. Die fotosessie sluit ‘n uur lank fotosessie by ‘n buitelig plek wat die paartjie self kan kies, in. Jy sal die foto’s op ‘n USB ontvang wat jy kan hou. Kathryn Lawrence Fotografie is ‘n Kaapstad gebaseerde trou- en lewenstyl fotograaf. Sy kan beskryf word as ‘n romantiese siel, kreatiewe hart en katliefhebber. Haar styl is sag en natuurlik en sy hou daarvan om die storie en die oomblikke van elke spesiale dag vas te vang.
Skryf hieronder in vir hierdie kompetisie.
KOMPETISIE GESLUIT
Termes en Bepalings:
- Jy sal ons maandelikse nuusbrief ontvang indien jy opteken vir die kompetisie. Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie; dit is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
- Inskrywings sluit 15 Mei 2019. Die wenner sal teen 20 Mei 2019 op die webblad bekend gestel word.
- Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
- Die prys kan nie verruil word vir kontant en/of enige ander produkte of dienste nie.
- Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
- Jy kan die prys slegs tot op 31 Desember 2019 gebruik.
- Alle addisionele kostes sal vir die kliënt se eie rekening wees.
- Die prys sluit in 60 kilometer reis-kostes vanaf die Noordelike voorstede in Kaapstad; Daarna is dit R 5.50 per kilometer.
- Hierdie kompetisie is vir Wes-Kaap lesers.
- Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes. Die prys wat jy wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
- Enige poging om enige van die termes en bepalings te skend, sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie. Dit sa lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
- Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Troues, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer.
- Die kompetisie is ook onderhewig aan die adverteerder se eie Termes en Bepalings. Kontak die adverteerder direk vir hulle Termes en Bepalings.