Aalwyn geïnspireerde eksentrieke trou inspirasie

Hierdie vreeslike eksentrieke trou inspirasie gee ʼn aardse gevoel met die warm kleure wat na vore kom.  Die feit dat die foto’s in die “Goue Uur” van die dag geneem is, gee dit ʼn ekstra gevoel aan die foto’s en skep dit ʼn natuurlike tog lewendige tema.  Die piekniek in die veld met die Aalwyn plante as agtergrond het net gewys hoe minimalisties ʼn mens eintlik iets kan maak en dit steeds ʼn indrukwekkende invloed kan afgee.  Daar is glad nie ingewikkelde dekor ter sprake nie en dit kan beslis self gedoen word sonder enige onnodige kostes verbonde.

ʼn Idee van vrye gees word geskep deur die modelle wat met die interessante perde staan.  Dit beklemtoon ook hoe belangrik dit vir die mensdom is om ʼn interaktiewe verhouding met die natuur aan te gaan.  Die sonsondergang verskaf die mooiste lig met die beste agtergrond.  Die foto’s gee beslis vir my inspirasie en skep die geleentheid om buite die boks te dink asook om anders as die res te wees.

Wie het die fotosessie gereël?


Bianka Lingenfelder (die grimeerkunstenaar) het die potensiaal gesien en het uitgereik na al die diensverskaffers.  Die diensverskaffers het toe saam gespan en het toe bygedra om die fotosessie ʼn sukses te maak

Inspirasie agter die fotosessie?


Die inspirasie het ontstaan uit die landskap waar ons geneem het.  Dit was oortrek met Aalwyne in blom. ʼn Prentjie wat nie misgekyk kon word nie!  ʼn ‘Idee bord’ was geskep deur ʼn kleurskema en tema te identifiseer wat ʼn eenheid vorm met die Aalwyne.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Omdat die tema so spesifiek was, was ʼn span gekies wie se styl perfek saam pas en die konsep die beste tot lewe sou bring.  Die fokus was om ʼn platform te skep vir lokale talent om hul passie te vertoon.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Om te sien hoe alles bymekaar gekom het.  Bianka en Hermuné Pienaar (die fotograaf) het al die ‘toneelrekwisiete’ van hulle huise af gebring en op die dag alles saam gesit.  Die opgewondenheid, liefde en passie van elke diensverskaffer was prominent deur die hele fotosessie.  Dit is nie iets wat mens elke dag mee te doen kry nie.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Kies diensverskaffers met ʼn soortgelyke styl aan die inspirasie.  Dit is so belangrik om iemand te kies wat nie net ʼn goeie diens verskaf nie, maar ook iemand wat jou idee kan in sien en laat realiseer.  Moet nie bang wees om die ekstra myl te gaan en te eksperimenteer en nuwe idees te implementeer nie.  Die perde in hierdie fotosessie was ʼn uitdaging, maar het ʼn groot bygedra tot die sukses van die projek gehad.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Grimering: Bianka Lingenfelder
  • Fotograaf: Harmonie
  • Trou rok: Unveiled
  • Hare: Jesica’s
  • Perde: Holistic Horse Paddock Paradise