Barry & Renèe se verlowing

Op ‘n groot wit duin met die geluid van die see in die agtergrond het Barry die groot vraag aan Renèe gevra.  ‘n Rukkie nadat ‘n paar senuweeagtige grappies gemaak is,  het Barry op sy knie gegaan en kort daarna was hierdie twee verlief asook verloof!  Hierdie verloofdes se vlammetjie het op Tygerberg kampus tydens hulle Universiteitsjare vlam gevat en brand nogsteeds vol stoom tot vandag toe.  Met Franschhoek se berge, wynlandgoed en mooi sonsondergange, kon hierdie paartjie nie anders as om dié spesifieke area te kies vir hulle verlowings fotosessie nie.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons eerste ontmoeting was op Tygerberg kampus tydens ons Universiteitsjare. Vir Renèe was die belangstelling daar vanaf die eerste aand, waar ons na ‘n verjaarsdag-partytjie op kampus in Langstraat gaan kuier het. Vir my het dit ‘n tydjie langer geneem om te besef dat ek haar nie kan verby laat glip nie. Dit was sowat vier maande na ons eerste ontmoeting en ‘n paar koffie uitstappies later, voordat ons gekys is.  Renèe se sin vir humor, haar warm persoonlikheid, haar onafhanklikheid en natuurlik haar beeldskone voorkoms het my aandag getrek.  Bernardus se kalmte, selfstandigheid en sy gemak met mense, is wat my na hom toe aantrek.

Vertel ons meer van julle verlowing?


Die verlowing het plaasgevind langs die see in Oos-Londen (Cefani) op n groot wit duin met die geraas van die see in die agtergrond en ‘n bottel sjampanje. Die plek dra sentimentele waarde vir Renèe, omdat dit ‘n plek is waar hul vakansie van haar kinderjare af gehou het. Met ‘n vinnige duin klim sessie gepaart met ongemaklike grappies en geselsies as gevolg van senuwees wat terg, het ons die duin se bo-punt bereik. Ek het met my toespraak begin en tussen trane deur sê sy toe skielik: ‘Maar, jy moet op jou knieg gaan’, met diè sak ek toe af op my knieg en vra die groot vraag.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing foto sessie?


Beide van ons is mal oor die natuur, die berge en die wynlande van die Kaap. Met Franschhoek se berge, wynlande en mooi sonsondergangs, kon ons nie anders as om diè spesifieke area te kies nie.

Vertel ons wat is jul droomtroue?


Ons droom Winters-troue is klaar gereël by Eensgezind buite Durbanville.  Die Venue kyk uit op ‘n pragtige dam geleë tussen die groen koringlande van die Kaap.  Met al ons naaste familie en vriende sien ons uit om die spesiale dag saam met hulle te deel met lekker lag, kuier en die aand om dans.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: