Ons my Mooi Troues is uit ons nate opgewonde om die troue van Dirk (29) en Liesl (31) met ons leser te kan deel! Moeder-natuur het verseker op 19 November 2016 in Limpopo haar beste voet voor gesit.
Die paartjie het eg aan mekaar gesweer voor 145 van hul naastes en geliefdes tussen bome en die motreën het gesorg vir ‘n dramatiese effek op die kiekies.
Die begroting vir die troue het tot R130 000 beloop en sluit die kostes van die rok en ekstras in.
Rol af en bederf jou oë sin en vind klomp inspirasie. Moet net nie vergeet om Dirk en Liesl se antwoorde en advies te lees nie…
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het albei by ‘n groot oudit firma in Johannesburg gewerk. Dit beteken daar was min tyd vir mense ontmoet buite die werk. Gelukkig het Liesl se kar eendag gebreek en moes hulle saam begin ry na werk vanaf Pretoria – ‘n lang rit. So het dit gekom dat Liesl meer saam begin ry het om ‘petrol te spaar’- Dirk se verskoning. Liesl is mal oor Dirk se kalmte en Dirk oor Liesl se sin van humor.
Wat was die styl van die troue en waar het jul julle inspirasie gevind?
Ons is baie minimalisties en wou nie ‘fieterjasies’ hê nie. Ons wou ‘n elegante maar gemaklik troue hê sonder stres. Ons is albei baie lief vir buite wees en Liesl is mal oor tuinmaak en dus het ons gekies om buite te trou. Ons wou hê die venue moet lyk soos ‘n buite piekniek, dus al die blare en liggies orals.
Dirk koop die laaste 2 jaar elke week blomme en die groen van bloekombome is vir Liesl mooi. Ons het maar rondgespeel met verskillende tipes en bottels. Ons wou ook elemente van hout in hê en dus die hout lepeltjies.
Hoekom het julle die venue gekies?
Liesl wou nog altyd buite onder ‘n boom trou. Hierdie venue het die mooiste groot boom gehad. Dit was ook in Magoebaskloof waar daar baie bome is.
Was julle met wittebrood?
Ons was by Jamila Lodge in Welgevonden, Rhino Ridge Safari Lodge in Umfolozi en Tonga Beach lodge naby Mabibi vir bietjie son en strand. Ons het eers 2 weke na ons troue op Wittebrood gegaan en het dit baie meer geniet omdat die opgewondenheid en stres uitwerk was.
Wat sou jul verander het as jul kon?
Die weer! Dit was 13ºC en motreën! En dit in November! Die reën het net gestop toe ons getrou en fotos neem so ons was baie gelukkig!
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee wat besig is om hul troue te beplan?
Kry jou rok so vinnig moontlik reg.
Moenie stres oor die klein goed nie.
Jy hoef nie duur goed te hê nie, mense gaan in elk geval net kos en Platejoggie onthou.
Spandeer jou geld op ‘n goeie fotograaf, videograaf, Platejoggie en rok.
En na al die items wat die venue bied en werk ekstra items in jou ‘venue begroting in’. Elke servet tel op!
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Grimering: Opgedollie
- Blare/bruid se ruiker: Bloom Floral Design
- Platejoggie: Derick de Lange
- Videograaf: Jacques de Villiers
- Lepeltjies & laser druk: Ligerish
- Fotograaf: Splendid productions