Ruan & Louise se mooi troue

Ons is opgewonde om vandag die mooi troue van Ruan en Louise met jul te deel.  Daar is ook baie mooi fotos geneem van die paartjie onder bome. Hul trou dekor is klassiek met wit en room kleure asook elemente van glas.  Die video vang die paartjie se persoonlikheid vas en daar is ‘n toneel wat Ruan sy emosies nie kon keer nie.  Ons het die paartjie se troue baie geniet en weet jul sal dieselfde doen.


Ruan en Louise se troue_0001 Ruan en Louise se troue_0002 Ruan en Louise se troue_0003 Ruan en Louise se troue_0004 Ruan en Louise se troue_0005 Ruan en Louise se troue_0006


Hoe het julle ontmoet?

‘n Maand voor my beste vriend en vriendin se troue, het ek, as hulle seremoniemeester, saam na hul trou venue toe gegaan om finale reëlings te tref.  Ek was verstom oor die mooi venue met die pragtige Magaliesberge in die agtergrond.  Ek en my vriende het voor die Green Leaves ontvangs stil gehou, en voor ek my kar se deur kon oopmaak loop die mooiste, asemrowende dame by die ontvangs uit.  Nie net was die venue pragtig nie, maar die trou koördineerder soveel mooier.  Onmiddellik het ek geweet, al moes ek berge versit, is hierdie die meisie met wie ek gaan trou.  Dit was sowaar “Love at first sight”


Ruan en Louise se troue_0007 Ruan en Louise se troue_0008 Ruan en Louise se troue_0009 Ruan en Louise se troue_0010 Ruan en Louise se troue_0011 Ruan en Louise se troue_0012 Ruan en Louise se troue_0013


Hoe het jul verloof geraak?

Green Leaves is ‘n baie spesiale plek vir ons twee. Aangesien ek op die perseel gebly het, is dit waar ons al ons herinneringe opgebou het en mekaar beter leer ken het. Met die verlowing het Ruan `n skatte jag gehou regoor die hele venue, en my orals gestuur waar ons spesiale tye gedeel het; ons eerste ontmoeting spot, eerste piekniek spot, die spot waar ons altyd aandetes geëet het en dan waar ek eindig by die Stalle kapel, waar ons toe verloof raak en ook getroud is op 30 April 2015.


Ruan en Louise se troue_0014 Ruan en Louise se troue_0015 Ruan en Louise se troue_0016 Ruan en Louise se troue_0017


Hoe lank was jul saam voordat jul getrou het?

Ons het mekaar 1jaar en 9maande geken toe ons getroud is.


Ruan en Louise se troue_0018 Ruan en Louise se troue_0019 Ruan en Louise se troue_0020 Ruan en Louise se troue_0021 Ruan en Louise se troue_0022 Ruan en Louise se troue_0023 Ruan en Louise se troue_0025 Ruan en Louise se troue_0026 Ruan en Louise se troue_0027 Ruan en Louise se troue_0028 Ruan en Louise se troue_0029 Ruan en Louise se troue_0031


Advies wat jul an ander paartjies kan gee?

Dit is regtig die beste, mooiste, lekkerste en spesiaalste dag van `n mens se lewe, maar jy MOET `n punt daarvan maak om te ontspan en vir jouself te se dat jy elke oomblik gaan inneem en geniet. Voor die troudag kan jy alles reël en beheer, maar op julle dag, moet julle net ontspan, en dinge laat gebeur soos wat dit bedoel is om te gebeur. GENIET EN EMBRACE DIT!!


Ruan en Louise se troue_0032 Ruan en Louise se troue_0033 Ruan en Louise se troue_0034 Ruan en Louise se troue_0035 Ruan en Louise se troue_0036 Ruan en Louise se troue_0037 Ruan en Louise se troue_0038 Ruan en Louise se troue_0039 Ruan en Louise se troue_0040


Diensverskaffers: