Die talentvolle Anandi Fotografie het die pragtige verlowing foto sessie van Annecke en Robin op kiekies was gevang. Ons is veral versot op die foto’s in die groen huis, die lig val so perfek, die VW Volla en die paartjie wat Bruid en Bruidegom speel in oumodiese trou klere. Geniet die foto’s en storie en maak seker om na meer van Anandi se werk te gaan loer.
Hoe het jul die eerste keer ontmoet?
Ons het ontmoet op hoërskool, ek het St. 6 van Rustenburg af getrek Kempton Park toe om by my pa te kom bly. Robin was in St. 8 en dit was letterlik “love at first sight”! Hy was my eerste liefde! Dinge het later bietjie skeef geloop en ons is uitmekaar, ons het gegroei en gelewe en mekaar weer gevind.
Hier is dit 11 jaar later en ek het van dag een af geweet hy is my trou man.
Hoe het jul verloof geraak?
Hy het my laasjaar 8 November, direk na my finale praktiese eksamen van my graad ontvoer en weggevat na Raptors Retreat, dit is ‘n Game Lodge en vorm deel van die Kruger Nasionale Park.
Hy het my daar verras en gevra om met hom te trou. Dit was so mooi! Ek wil baie graag weer terug gaan soontoe, als was ongelooflik! In die natuur en absolute stunning plek.
Terwyl ons aandete geëet het, het die mense ons dek gaan opmaak met kerse, champagne, rose, harte en sjokolade. Toe ons daar terug kom na ete toe pop hy die groot vraag hy was heel opgedollie en mooi gemaak vir die storie.
Wanneer beplan julle om te trou?
Ons trou 26 Maart 2016 by Waenhuiskraal in Bapsfontein.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Anandi Fotografie