Ruben & Anneme se plaas troue

Anneme vertel ons vandag meer oor haar en Ruben se liefdesverhaal, van hoe hul ontmoet het en hoe Ruben haar onverwags gevra het om te trou.

Hul mooi plaas troue was gevier by Avanti – Zeerust, die perfekte trou plek vir ‘n plaas gevoel.

Nou toe nou, lees hul storie en geniet die foto’s.

Ruben en Anneme_0002 Ruben en Anneme_0003 Ruben en Anneme_0004

Hoe het julle die eerste keer ontmoet?


Beide van ons het veeleisende beroepe en het op een of ander manier besluit om die “Internet Dating” ding te probeer. Na ‘n maand se gesels (oor die foon natuurlik) het ek kliënte in Somerset-Wes gehad, en op die ingewing van die oomblik besluit om vir Ruben eers te verras by sy restaurant net om seker te maak hy is wie hy sê hy is. (Ek was maar skepties) Ons was daarna op ons eerste afspraak en die res is geskiedenis.

Ruben en Anneme_0005 Ruben en Anneme_0006 Ruben en Anneme_0007


Hoe het julle verloof geraak?

Ek het vir Ruben laat weet dat ek laat gaan werk en eers so 20:00 by die huis sal wees. Ek was toe vroeër as beplan by die huis, net om verwelkom te word deur ‘n aanmerking “Hoekom is jy so vroeg by die huis?” Ek was maar vies… Wat ek nie geweet het nie, is dat Ruben gesukkel het om my pa in die hande te kry, want hy het op die ingewing van die oomblik net besluit om my te vra.


Ruben en Anneme_0008 Ruben en Anneme_0009 Ruben en Anneme_0010 Ruben en Anneme_0012 Ruben en Anneme_0013 Ruben en Anneme_0014 Ruben en Anneme_0015 Ruben en Anneme_0016 Ruben en Anneme_0017

Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?


Ons was 2 jaar saam voor ons getrou het.

Ruben en Anneme_0018 Ruben en Anneme_0019 Ruben en Anneme_0020 Ruben en Anneme_0021 Ruben en Anneme_0022 Ruben en Anneme_0023 Ruben en Anneme_0024 Ruben en Anneme_0025 Ruben en Anneme_0026 Ruben en Anneme_0027

Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?


Wees altyd jouself, moet nooit voorgee wat jy nie is nie. Mens vind ware liefde in die snaakste plekke, so vat die kans.

Oor die troue en reëlings: Ek dink ons was die rustigste bruid en bruidegom. Ek het vir my ma gesê wat ons wil hê, en sy het die res gedoen. My ma se hande staan vir niks verkeerd nie, en sy het vir ons die beste dag van ons lewe gegee.

Ek en Ruben is beide mense wat alles vat soos dit kom. Ons is van die opinie dat ‘n troue oor meer moet wees as hoe als en almal lyk. Dit is die belofte wat jy maak aan mekaar en dit is dus die middelpunt van die dag. Ek dink ons liefde vir mekaar, ons familie en vriende het die dag soveel meer spesiaal gemaak.

Ruben en Anneme_0028 Ruben en Anneme_0029 Ruben en Anneme_0030 Ruben en Anneme_0031 Ruben en Anneme_0032 Ruben en Anneme_0033 Ruben en Anneme_0034 Ruben en Anneme_0035 Ruben en Anneme_0036 Ruben en Anneme_0037 Ruben en Anneme_0038

Diensverskaffers: