Mariska het ‘n piekniek vir Nina as verassing beplan by Morgenhof Wynlandgoed. Ongelukkig het sy ‘n reënerige dag gekies, maar dit het nie noodwendig hulle planne bederf nie.
Hulle het onder ‘n akkerboom gesit in die sagte reën. Nina was so besig om foto’s te neem dat sy nie eers die ring voor die bord gesien het nie. Mariska moes omtrent aangaan om aandag na die ring toe te trek, maar toe Nina uiteindelik die ring raak sien het alles begin draai en Mariska het die mooiste toespraak aan Nina gelewer, wat nie een van die twee regtig kan onthou nie. Alles was te oorweldig.
Die paartjie se troue is ‘n voorbeeld van baie liefde en regtig baie naby aan ons harte. Jy hoef nie duisende rande te hê om so ‘n pragtige troue soos ander paartjies se troues te hê nie.
Die paartjie se begroting het die nie toegelaat vir ‘n koek of blomme nie, maar hulle pragtige vrienden Karin Brittz het besluit om die paartjie te verras met blomme, ‘n reënboog koek en kleurvolle kolwyntjies.
Dit was die perfekte troudag vir dié paartjie en hulle het heerlik saam met hul vriende en familie makietie. Baie dankie aan die talentvolle Tertius Gous Photography vir die pragtige foto’s.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Trourokke: Mariska: YDE
- Nina: Sharon Boutique
- Fotograaf: Tertius Gous Photography
- Ruikers: Karin Brittz – Barrique
- Platejoggie: Jean Cillie
- Venue: Barrique