Tropiese Safari gestileerde fotosessie

“Jy het my by Aloha gehad!”  Ons deel graag die mooi Tropiese Safari gestileerde fotosessie met ons lesers.

Hierdie span kreatiewe diensverskaffers is geïnspireer deur die rykdom van die trope, getroud met die warmte, ontwerp en verskillende teksture van die Afrika-safari.  Die resultaat? ‘n Tropiese safari.

Hierdie inspirasie is gestileer vir ‘n meer speelse en vrolike trou atmosfeer en die skryfbehoeftes vir die fotosessie was gedoen deur The Blue Little Owl House.  Die toneel is in die weelderige tuin-kapel van Casa-lee Country Lodge geskiet deur die talentvolle Ironrose Photography, omring deur groot, Monstera deliciosa met dapper helder kleure van die trope wat deur die groen palet blaas.  Heerlike Monstera deliciosa  is gebruik as die basiese ontwerplyn vir die blommerangskikkings op ‘n glas tafel voorsien deur TFM Innovation- Wedding and Events.

Die reuk van vars gesnyde pynappels, kokosneute, waatlemoene en Pina Kolades het die lug ingespan terwyl die span die liefdesverhaal opgestel het.  L’s Creations het gesorg vir die mooi koek en ons by Mooi Troues glo die diensverskaffers het die lieflike fotosessie afgeeïndig met elkeen ‘n sny soet koek.

Die model het beelsdkoon gelyk in rokke van Joss Bridal Wear en haar voorkoms was afgerond met mooi grimering en hare deur HR Hair & make-up artistry


Diensverskaffers