Verloofde paartjies wat romantiese inspirasie vir hul eie fotosessie in die natuur soek, sal baie hou van Martin en Ellie se pragtige landskap verlowing fotosessie!
Ellie is van Amerika, en die paartjie het Stellenbosch gekies vir sy asemrowende natuurskoon. Die romantiese toneel vir hul fotosessie is geskep met ล wit laken wat in ล oop veld hang, met berge wat majestueus in die agtergrond troon.
Hul uitrustings pas perfek by die prentjie. Martin se ligblou hemp, denims en veldskoene skep ล ontspanne atmosfeer, terwyl Ellie se vloeiende wit linne rok met sagte blou blompatrone ล romantiese element byvoeg en pure vreugde uitstraal.
Die fotoโs vang nie net die pragtige landskap vas nie, maar ook die spesiale oomblikke wat Martin en Ellie vir altyd sal koester. Die fokus is op die intieme interaksies tussen die paartjie โ hul lyftaal en gesigsuitdrukkings verklap die diep liefde wat hulle deel.
Besoek Mooi Troues se aanlyn trougids vir fotograwe wat julle liefdesreis kan verewig, en vind ook diensverskaffers vir jul eie troue.
Rol af en laat jouself meevoer op ล reis van liefde en asemrowende landskappe, soos gesien in Martin en Ellie se verlowingsfotosessie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons altwee is professionele gholfspelers en ons het deur gholf ontmoet. Ons het eintlik in Japan ontmoet by die 2018 Junior World Cup. Ek, Martin, het vir Suid Afrika gespeel en Ellie het vir Kanada gespeel. Ons het 4 jaar en 2 maande uit gegaan voordat ons die 5de Januarie 2024 verloof geraak het.
Die groot vraag:
Ons het in Texas verloof geraak waar Ellie bly op die 5de Januarie. Ek het vir haar en haar familie vir Kersfees en Nuwejaar kom kuier. Ek het so paar weke voor die tyd vir haar Ma gevra om my te help met wat presies om te doen omdat ek nie rerig Texas ken nie.
Ons het toe op die ou-einde op ล Gondola Cruise gegaan in Irving, Texas. Dit was ongelooflik mooi gewees en ล sonsondergang vaart. Hulle het ล โMessage in the bottleโ opsie gehad wat ek gevat het. So paar dae voor die verlowing het ek ล brief geskryf vir Ellie wat hulle toe in die bottel sit. Net voor die einde van die vaart het ons gids gesรช dat hy iets in die water sien. Toe gee hy vir Ellie ล ding om die bottel uit te haal. Toe sy die brief oop maak begin sy sommer dadelik huil en sukkel om te lees. Dit was eintlik baie snaaks, want ek wou gehad het sy moet eers die brief lees voordat ek haar vra. Uiteindelik het sy dit gelees gekry en toe gaan ek op my knie en vra vir haar of sy met my wil trou.
Haar familie het toe ล verrassingspartytjie vir ons reg gemaak en toe kon ons lekker feesvier saam met almal. Sy het gesรช dat sy nie rerig dit verwag het nie, ons het glad nie oor dit gepraat voorheen nie, want ek wou dit altyd ล verassing hou vir haar. Maar sy sรช dat sy agter kon kom haar ouers en familie het bietjie โandersteโ opgetree soos die 5de Januarie nader gekom het.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Ellie sรช: โEk is mal oor hoe vriendelik en saggeaard Martin is. Hy laat my heeltyd so opreg geliefd voel. Terselfdertyd kry dit altyd reg om my te laat lag en ล glimlag op my gesig te sit.โ
Van my kant af is Ellie ล ongelooflike liefdevolle vrou wat sรณ baie omgee oor elke klein dingetjie. Sy gee altyd haar beste in alles wat sy doen en sy het ล hart vir mense. Sy vind altyd ล manier om ล glimlag op my gesig te sit.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
So ons trou eintlik op die 5de Januarie 2025 in die Paarl by Belair Pavilion. So dit is presies ล jaar nadat ons verloof geraak het.
Die verloofring:
Dit was ล verassing vir haar. Ek het al lank al ล idee gehad wat ek van hou. Ek was net nie seker oor watse kleur goud sy van hou nie. Maar darem kon haar Ma my met dit help. Ek het toe ล wit goud ring vir haar gekry en darem hou sy baie van dit.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons albei wou die spesiale tyd van ons lewe onthou en mooi fotos hรช ons terug te kyk na dit. Dit was ล โno brainerโ vir ons.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ellie is van Texas af in Amerika en dit is baie plat daar en glad nie so mooi soos wat dit in die Kaap is nie. Ons het Stellenbosch gekies vir daar rede wat die natuur is so mooi en iets wat sy glad nie ken nie. Daarom trou ons ook in Paarl, want dit is net so mooi met die berge en die natuur. Die fotograaf was die โproโ met die styl van fotos en sy het ล ongelooflike goeie werk gedoen.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons het nie rerig enige spesifieke verwagtinge of vrese nie. Ons wil net die tyd geniet en seker maak dat al die trou reรซlings in plek val. Diรฉ tyd geniet ons baie en probeer dit net een dag op n slag te vat.
Visie vir droomtroue:
Ja! Ons gaan gebruik maak van ล troubeplanner. Dit is ล op die dag beplanner. Ons droom troue gaan eintlik net meer oor wie daar is op die trou dag. Dit is ล ongelooflike voorreg en spesiale dag en ons wil die dag saam met die mense wat in ons lewens is geniet. Ons altwee wil baie dans op ons troue en ons wil beslis die Amerikaners leer hoe om te sokkie. Ons trou by Belair Pavilion in die Paarl en dit is rerig ongelooflik mooi met ล mooi berg uitsig. Die troue gaan nie so groot wees nie, ons verwag so 85 mense in totaal, maar almal wie ons daar wil hรช kan darem kom. Ons sien vreeslik uit vir die groot dag en die belofte wat ons aanmekaar en die Here gaan maak.
- Fotograaf: Delicate Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Stellenbosch
- Grimering: Skoonlief | Kontak
- Hare: Skoonlief | Kontak