Lenois & Eske se Karoo Flair Troue in die Noord-Kaap

Vir Lenois en Eske se karoo flair troue Sweetfontein Boutique Farm Lodge nie net ’n plek nie, maar die hartklop van hul hele troue. As daar een plek is wat die siel van die Karoo vasvang, is dit Sweetfontein Boutique Farm Lodge. Hul keuse vir Sweetfontein as bestemming was strategies. Hulle het die span vertrou om alles van beplanning en verskaffers tot die fynste aankope te hanteer, wat die paartjie toegelaat het om elke oomblik van hul “vrolike en unieke” dag te geniet.

Die dekor was ’n eerbetoon aan die omgewing met Karoo elegansie in elke detail. Met ’n natuurlike kleurpalet van khaki-groen, bruin en room, geaksentueer deur ’n tikkie maroen, het die stilering moeitelose by die landskap ingepas. Die trouvenue se dak was die groot fokuspunt met n lowerryke skouspel van karoobossies, flikkerende liggies en klassieke kandelare. Op die tafels het anthuriums, kerse en selfs pere ’n minimalistiese dog gesofistikeerde atmosfeer geskep.

Eske se trourok was eenvoudig stylvol. Sy het gekies vir ’n spierwit, enkel lengte A-lyn rok van crepe-materiaal wat haar silhoeët pragtig gekomplementeer het. Die mees unieke element? ’n Klassieke hoed wat die tradisionele sluier vervang het en ’n sweempie Karoo-flair by haar voorkoms gevoeg het.Wat hierdie troue werklik warmhartig gemaak het, was die handgeskrewe briefies aan elke gas. Deur ’n spesifieke herinnering met elke geliefde te deel, het Eske en Lenois verseker dat hul 125 gaste “handgekies” en opreg gewaardeer voel.

Sweetfontein bewys weer eens waarom dit ’n gesogte bestemming is vir paartjies wat droom van ’n outentieke, stylvolle Karoo troue.

Beplan jy jou eie Karoo sprokie? Besoek Mooi Troues se trougids om die beste bestemmings venues en diensverskaffers te vind.

Trourok:


Ek het nog altyd ʼn unieke, eenvoudige, gemaklike, maar steeds stylvolle idee gehad toe dit kom by my trourok. Twee baie spesifieke spesifikasie wat ek gehad het was dat my trourok spierwit moes wees en dat dit nie ʼn lang rok moet wees nie, omdat ek baie kort is. Buiten hierdie twee vereistes moes ek in gedagte hou dat ek nog altyd ʼn hoed wou dra op my troudag.

Ek en die ontwerper van my rok het rokke gaan pas om te kyk watter bokant die beste by my sal pas. Ons het toe besluit op ʼn reguit “boobtube” bokant en ʼn eenvoudige A-lyn onderkant tot by my enkels, met crepe materiaal wat ʼn mooi silhoeëtte skep. Na my eerste pas het ons besef dat my rok ietsie kort, ons het vir die seremonie gedeelte ʼn band wat oor my skouers kom bygesit om twee tipes rokke te hê. Die eenvoudige rok met die klassieke hoed het die stylvolle prentjie geskep.

Paartjie se Verlowing:


Op ‘n warm, winderige, dol en deurmekaar dag op Drilrivier (bruid se plaas), haas ek en Lenois ons om die sonsak te vang. Stil en tevrede sit en kyk ons na die pragtige uitsig en die skilderkuns van nog ‘n dag op die kalender.

Die stilte word gebreek deur ‘n poging om hierdie besonderse uitsig vas te vang, die son op sy mooiste, die damme op hulle duidelikste en die teenwoordigheid van die Heilige Gees op sy sterkste. Oomblikke later staan Lenois op sy knie en vra my die linkerhand. Mooi en beter kon ons nie hierdie dag van ons begin nie insien nie.

Verloof- en Trouringe:


Die verloofring is ʼn moderne “solitaire” ontwerp met ʼn ronde diamant wat vasgehou word met 3 kloutjies geset in goud van 2mm breed.

My troupant is ʼn gewone goue pand van 1.5mm breed.

Meer oor Sweetfontein Boutique Farm Lodge


Sweetfontein Boutique Farm Lodge is ’n besonderse trou venue in die boonste Karoo langs die N10, net 15 km van Britstown en 35 km van De Aar. Hierdie stil plaas bestemming bied ’n unieke kombinasie van Karoo-skoonheid, luukse verblyf en warm gasvryheid. Met 18 elegante suites, ruim onthaal areas en plek vir tot 250 gaste is dit ideaal vir onvergeetlike trou vieringe. Die dramatiese Karoo-landskap, asemrowende sonsondergange en rustige atmosfeer skep ’n romantiese agtergrond vir enige troue. Gaste kan ook stap- en fietsry roetes geniet of eenvoudig ontspan langs ’n kaggel of op die stoep. By Sweetfontein wag outentieke Karoo-kos, persoonlike diens en ’n ervaring wat nog lank in jou hart sal bly.

Trou Dekor en Styl:


Ons het van die begin af geweet dat ons in die hartjie van die Karoo, by die mooiste trou venue, Sweetfontein, wou trou. Die styl van ons troue was baie afhanklik van Sweetfontein, omdat dit alreeds op sigself ʼn besonderse mooi plek is en dat minimale dekor nodig sou wees om ons sprokie te voltooi. Ons kleure het ingepas by die natuurskoon van die karoo: Khaki-groen, bruin, room en ʼn tikkie maroen. Ons dak was die fokuspunt van die troue en was propvol karoobossies, liggies en kandelare. Op die tafels was daar anthuriums, kerse en pere.

Trou Begroting en Beplanning:


Lenois en Eske het hul Karoo-flair troue beplan vir ses maande met die hulp van ’n professionele troubeplanner. Die viering het 118 gaste ingesluit en ’n begroting van R200 000 gehad. Elke detail is sorgvuldig saamgestel om die perfekte balans tussen styl, gemak en Karoo-elegansie te skep, wat verseker het dat hul paartjie en gaste elke oomblik van die dag kon geniet.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: