Hierdie besonderse verlowing fotosessie van Christian en Ané neem ons op ’n reis deur twee kontrasterende wêrelde, die geheimsinnige stilte van die woud en die vryheid van die kus. Die paartjie het hul natuurlike konneksie pragtig vasgevang deur die liggings as inspirasie vir hul voorkoms te gebruik.
Van die Bos se Geborgenheid…
In die eerste deel van die sessie het die digte blaredak van die woud ’n intieme, aardse atmosfeer geskep. Hier was die fokus op tekstuur en warmte. Christian en Ané het gekies vir uitrustings wat saamsmelt met die natuurlike elemente van die bos. Dink aan neutrale kleure en stewige skoene wat perfek pas by die “innibos”-gevoel van hul komende trouvenue. Die sagte lig wat deur die bome filtreer, het ’n gevoel van geborgenheid en tydlose romanse beklemtoon.
…Na die Kus se Vryheid
Soos die lig verander het, het die paartjie na die strand beweeg waar die atmosfeer onmiddellik oop en dromerig geword het. Hier het die swaarder teksture plek gemaak vir ligter, vloeiende materiale wat saam met die seebries beweeg. Die kleurskema het verskuif na ligter skakerings wat die spel van die son op die water komplimenteer. Kaalvoet-oomblikke op die sand het gesorg vir ’n speelse, ongedwonge energie wat die kontras met die gestruktureerde woud perfek voltooi het.
Beplanning met Intensie
Christian en Ané koester hierdie seisoen as verloofdes en gebruik hul foto’s nie net vir hul “Save the Dates” nie, maar ook as kunswerke in hul huis.
Beplan jy ook ’n verlowing wat jou persoonlikheid weerspieël? Besoek Mooi Troues se trougids om die perfekte fotograwe en diensverskaffers te vind wat jou visie, in enige ligging, kan bewaarheid.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het mekaar by ’n universiteitsdans ontmoet. Een van daardie aande wat heeltemal normaal begin en jou lewe vir altyd verander. Kort nadat ons begin gesels het, het iets net gekliek. Wat begin het as ’n eenvoudige gesprek, het vinnig verander in iets wat ons albei nie kon ignoreer nie.
Ons het amper onmiddellik verlief geraak — daardie tipe liefde wat maklik, natuurlik en bestem voel. Van daardie aand af het ons geweet hier is iets besonders.

Die groot vraag:
Ons het verloof geraak op ons plaas, bo-op ’n berg met die mooiste uitkykpunt oor die Karoo.
Die wind het gewaai soos net die Karoo kan waai, maar dit het die oomblik net meer besonders gemaak. Ons honde kinders was by ons, en dit het alles perfek gemaak.
’n Eenvoudige, opregte “ja” in ’n plek wat vir ons alles beteken. 🤍

Hoekom ons mekaar liefhet:
Christian is altyd kalm, baie hardwerkend, snaaks, behandel my baie sag en ondersteun my in alles. Hy is my huis en my veilige plek.
Ane is sag en kyk mooi na my en ons. Sy is geduldig en hardwerkend en laat my lag.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Een jaar en een week.

Die verloofring:
Ons het dit saam ontwerp , maar ek het nie geweet wanneer dit laat maak word en wanneer dit gaan gebruik word.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons het foto’s nodig gehad vir ons save the dates, sowel as trou-website.
Maar wou ook graag foto’s hê om in ons huis op te sit.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou graag by die see en by die bos hê en Nicola ons fotograaf het alles van daar afgevat en dit was perfek.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons koester elke oomblik en het onsself oorgenoeg tyd gegee om te beplan sodat ons alles mooi kan deurdink en dit intensioneel kan maak.

Visie vir droomtroue:
Ons venue is Innibos Kareedouw en gaan rondom 120 gaste hê.

- Fotograaf: In Between Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Eersterivier
- Grimering: Hair By Jeandri
- Hare: Hair By Jeandri
- Verloofring: Fischers Walmer Park Port Elizabeth
