Phillip & Luanelle se Stylvolle Selfdoen Troue in Riebeek Kasteel

Phillip en Luanelle se stylvolle selfdoen troue in Riebeek Kasteel was ’n samesmelting van minimalistiese elegansie en aardse karakter. Die paartjie het hul styl as “modern moody boho” beskryf met ’n visie wat perfek aangevul is deur Het Vlock Casteel se rou baksteenmure wat as ’n neutrale, maar karaktervolle doek gedien het. Die eindresultaat was ’n atmosfeer van warmte, intimiteit en tydlose elegansie.

Luanelle het self die dekor behartig en die onthaalruimte omskep in ’n omgewing ryk aan tekstuur en kontras. ’n Sagte kleurskema van beige, sand en room is gebalanseer met dramatiese swart aksente en subtiele tikkies goud. Dit het pragtig aangesluit by die venue se rou karakter en die ruimte omskep in ’n romantiese, moderne paradys. Tekstuur het sentraal gestaan van pampasgras tot glas elemente, maar dit was die oorvloed kerse, gehuur by Candles4U, in alle vorms en groottes, wat die ware WOW-faktor gelewer het. Die flikkerende kerslig teen die donkerder elemente van Het Vlock Casteel het ’n intieme kuier atmosfeer geskep.

Die bruid was net so asemrowend in ’n rok wat die balans tussen elegansie en moeiteloosheid perfek vasgevang het. Fyn blom kant besonderhede en ’n vroulike V-hals het ’n subtiele boho-flair bygevoeg, terwyl die silhoeët haar natuurlike skoonheid pragtig beklemtoon het. Dit was ’n rok waarin sy nie net kon straal nie, maar ook die hele aand lank gemaklik op die dansvloer kon deurbring.

Luanelle en Phillip se troue bewys dat less is more dikwels die grootste indruk maak, veral wanneer elke element met soveel sorg, styl en persoonlikheid gekies word.

Rol af en geniet hierdie pragtige selfdoen trou inspirasie.

Trourok:


My rok was alles wat ek wou hê, elegant, stylvol en net ʼn bietjie boho. Ek het verlief geraak op die blom-kant detail en hoe dit van bo af afwaarts aan my sye gevloei het, persoonlik dink ek dit het my lyf so mooi gekomplimenteer.
Die dun bandjies en sagte V-hals het soveel aandag getrek maar steeds was dit nie “over the top” nie, net so vroulik.

My rok het mooi styf gepas, maar was steeds lig en gemaklik genoeg dat ek die hele dag kon beweeg, dans en net myself wees (en ek looove dans)!

Ek het soos die mooiste weergawe van myself gevoel, elegant maar nogsteeds heeltemal “ek”.

My rok het regtig die perfekte balans gehad tussen stylvol en effortless, less is more, hey?

Meer oor Het Vlock Casteel:


Het Vlock Casteel bied die perfekte kombinasie van romantiek en rustigheid aan die voet van die Kasteelberg in Riebeek-Kasteel. Omring deur uitgestrekte wingerde, koringlande en pragtige berge, skep die venue ’n tydlose en intieme atmosfeer. Gaste kan op die dek ontspan met drankies en canapés, terwyl die sagte geluid van fonteintjies die aand verryk. Met ruimte vir tot 200 gaste op ’n dansvloer, is Het Vlock Casteel die ideale plek om jou droomtroue tot lewe te bring.

 

Verloof- en Trouringe:


Albei my ringe is witgoud. My verloofring is ʼn tydlose solitêre met vier kloutjies en ʼn egte diamant – eenvoudig en elegant, presies soos ek daarvan hou (Philip het geweet!)

My troupant is ʼn 18 karaat witgoud half eternity band met 13 brilliant round cut diamantjies. Dit pas absoluut perfek by my verloofring!

Philip se ring is ʼn matte swart tungsten ring met ʼn fyn groef-detail… modern en so manlik, nes hy is.

Paartjie se Verlowing:


Ons verlowing was ʼn oomblik wat ek nooit sou kon voorspel nie en dis juis wat dit so spesiaal gemaak het! Dit was net buite Strandfontein aan die Weskus, met die see wat teen die rotse breek met die mooiste sonsak agter ons.

Philip het natuurlik sy drone saamgebring en begin vlieg, soos hy altyd doen, so nogsteeds het ek niks verwag nie! Ek “pose” nog vir die kamera en die volgende oomblik gaan hy op sy knie langs my… Iets uit ʼn storieboek!

My hele lyf het warm geword, ek kon nie ophou glimlag nie en op daai oomblik het ek net geweet… dis my mens, dis ons lewe wat nou begin!

Trou Dekor en Styl:


Ons troue se styl was ’n kombinasie van modern met ʼn aardse gevoel. Ons wou hê dat die dekor eenvoudig, tydloos en warm moet wees, iets wat ons persoonlikhede weerspieël.

Die kleurskema was neutrale en natuurlike kleure soos beige, sand, cream en swart met goud hier en daar, wat daai bietjie formele touch ingebring het.

Ek is ʼn tekstuur mens, so vir dekor het ek gehou van die idee van pampas, glas, spieël-elemente hier-en-daar en kerse… groot kerse, klein kersies, lank, kort, rond, met patrone en daarsonder, you name it!
Die verskillende kerse in swart, wit en neutrale kleure het ’n romantiese atmosfeer geskep, veral met die baksteenmure van die venue – WOW, net WOW!

Overall was ons styl “modern-moody-boho”. Baie soos ek – Minimalisties, maar vol karakter!

Elke element was goed deurdink en my dekor het PRESIES uitgekom soos ek dit wou hê… ek is nie een dag spyt ek het dit self gedoen nie!

Meer oor Candles 4U Wholesalers:


Candles 4U Wholesalers bring stylvolle trou dekor en warm atmosfeer na romantiese trou venues regoor Suid-Afrika. Met druploos huurder kerse wat tot 12 uur brand, in ’n indrukwekkende reeks kleure, groottes en vorms, skep hulle unieke trou konsepte en onvergeetlike gaste-ervarings. Van pilaar- en dryf kerse tot elegante aandetekerse het Candles 4U die perfekte keuse vir moderne trou neigings, klassieke trou style en pragtige tafelversiering.

Trou Begroting en Beplanning:


Die paartjie het ’n selfdoen-troue beplan vir 125 gaste, met ’n begroting van R150 000. Die beplanning van die troue het ongeveer 1 jaar en 3 maande geduur, waarin hulle elke detail self bestuur het.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet: