Werner en Robijn se kwekery troue in die Riebeek Vallei was die perfekte sprokiesagtige troudag. Vir paartjies wat op soek is na trou inspirasie wat effens anders is as die gewone, is hierdie pragtige troudag beslis een om nie mis te loop nie.
Robijn se trourok was beslis besonders en het afgewyk van die tradisionele wit trourok. Sy het gedroom van ’n unieke rok met blomme wat haar soos ’n prinses laat voel wanneer sy daarmee in die rondte draai. En dit is presies wat Robijn gekies het ’n pragtige, unieke trourok wat perfek by haar persoonlikheid pas. Werner het ewe stylvol gelyk in sy amper vintage-styl pak in ’n warm bruin kleur, gekombineer met ’n liggroen hemp met knope en geen das nie. Dit het gesorg vir ’n meer ontspanne, maar steeds deftige voorkoms.
Die paartjie se intieme troue het plaasgevind by ’n kwekery in die pragtige Riebeek Vallei. Die seremonie is binnehuis gehou, te midde van die mooiste groenigheid, in ’n dubbelvolume-ruimte wat van onder tot bo met plante bedek was.
Ons is dolverlief op die paartjie se meer eksentrieke styl vir hul troudag, met elemente van kleur, romanse en warmte. Hulle wou hê hul troudag moet voel soos ’n lekker familie-huiskuiertjie eerder as ’n stywe, formele troue. Werner en Robijn het beslis die perfekte balans gevind.
Die onthaal lokaal was ingerig met lang tafels en yster stoele wat ’n semi-industriële kontras geskep het. Sagte aard kleurige tafeldoeke het die tafels bedek, terwyl helder pastelkleure deurgeskemer het in die pienk en pers blomme, asook die sagte groen-blou materiaalservette.
Julle kan oulike en betroubare trou diensverskaffers vind in Mooi Troues se aanlyn trougids om julle eie troue net so besonders te maak.
Rol af om meer te lees oor hierdie pragtige troudag en om die asemrowende foto’s te geniet.

Trourok:
Ek is nog altyd mal oor rokke wat ʼn bietjie anders is, en wat van pas is vir ʼn sprokiesverhaal. ʼn “Draai-rok” wat jou soos ʼn Disney prinses laat voel wanneer jy in die rondte draai! Ek het ʼn inspirasie foto gevind van ʼn rok met klomp geverfde en geborduurde blomme, ek het onmiddellik geweet dat dit die styl is wat ek wou hê.
Die enigste diensverskaffer wat ek in gedagte gehad het om die rok te maak is René Heydon van René H Couture, sy spesialiseer in unieke floral rokke. Ons het die inspirasie foto gevat en die ontwerp verander om by my liggaamsoort te pas. René het elke blom op my rok met die hand geverf, lae en lae gekleurde tulle gestapel om die perfekte kleur te skep. Die sweetheart bodice en corset het die mooiste blom-detail gehad en het soos ʼn droom gepas. Ek wou bitter graag puffy sleeves hê en René het dit met liefde by gemaak!

Verloof- en Trouringe:
Die verloofring is ʼn fyn silwer ring, ovaal Zultanite steen met ʼn CZ halo. Iets heeltemal anders omdat die steen se kleur verander afhangende van die ligbron.
Ons het besluit om heeltemal ʼn nuwe ring te kry vir die trou ring en om nie ʼn pant by te kry nie. Ons het die ring laat maak deur Mignon Daubermann Jewellery – ʼn pragtige solitêre Moss Agate 9kt goud ringetjie.
Werner is iemand wat mal is oor juwele en om sy ringe af te wissel. Ons het twee ringe vir hom gekoop deur Famke – een is ʼn ‘hammered‘ silwer ring, en die ander ʼn plein silwer flat-band. Soos hy sou sê: “Die twee kante van sy persoonlikheid.”

Paartjie se Verlowing:
Ons het op vakansie gegaan om my pa en Werner se verjaarsdag te vier in St. Lucia, Kwa-Zulu Natal. Vir sy verjaarsdag het hy ʼn sentimentele horlosie gekry! Toe hy die boksie oop maak, het die horlosie se battery ongelukkig gaan staan. Ons het toe op ʼn missie gegaan om ʼn juwelierswinkel te vind om na die horlosie se battery te kyk.
Ek was nog altyd afgelei deur enige iets wat blink – so natuurlik het ek na ringe gekyk. In die kassie was daar ʼn pragtige ring, met ʼn steen wat amper bruin vertoon het. Die verkoopsdame het die ringetjie uitgehaal en vir my gesê om die ring aan te pas en uit die winkel te stap om te kyk hoe die ring vertoon in die sonlig. EK WAS VERLIEF!
Ons is toe uit die winkel uit en het die res van Werner se verjaarsdag gaan vier.
Die Storm voor die Groot Vraag:
Die volgende oggend was ons laaste oggend in die dorp, die Hemel het oop gemaak en ons het gewag vir die storm om verby te gaan. Terwyl ek die laaste paar goed in ons tas gepak het, het Werner en my Pa op die stoep gesit en kitaar speel, waar hy vir my pa gevra het of hy met my mag trou.
Werner het in die kamer in gekom en gesê dat hy gou wil dorp toe gaan om sap te koop sodat hy reg is vir die lang pad na ons volgende bestemming. Min wetende dat hy op pad was om dié ring te koop wat ons die vorige dag gesien het!
Ek en my pa het toe ʼn likeur geskink, hy het bietjie kitaar gespeel, en ons was rustig. Werner het terug gekom van die winkel af, die kitaar by my pa gevat en baie senuweeagtig begin speel.
ʼn Paar minute later het ons ons tas gaan haal in die kamer, Werner het vir my gevra om die kamerdeur toe te maak want hy wou oor iets gesels. Ek het op die bed gaan sit en myself voorberei vir ʼn ernstige gesprek. Die man het begin vroetel in die tas wat ons sopas gepak het, ʼn klein papiersakkie uitgehaal en gesê “Wel, dis awkward!” terwyl hy op een knie afsak, gevolg deur die mooiste woorde en die belangrikste vraag: “Sal jy die res van jou lewe saam met my spandeer?”
Ek het JA gesê, en die res is geskiedenis!

Trou Dekor en Styl:
Ons het gegaan vir ʼn sagte lente seisoen kleurskema, met inspirasie van ʼn blommetuin feesmaal. Tafel blomme in skakerings van lig en donkerpienk, beige, wit en appelkoos in gekleurde mix-en-match potjies om die middel van die tafel te versier. Die tafeldoek was ʼn heavy linen oatmeal kleur, met duck egg servette en geweefde gras onderborde.
Ons grootste droom vir die dag was om die styl van ʼn familiehuis te skep, vol warmte, lag, liefde en musiek; omring deur elemente van ons menswees en verhouding (soos ou motorfietse, ʼn antieke kroeg, ʼn Cherryblossom boom met ʼn antieke telefoon ‘guestbook‘, quirky venue dekor, ens).

Trou Begroting en Beplanning:
Die troue het uit 32 gaste bestaan met ’n totale trou-begroting van R150 000. Die paartjie het hul troudag oor ’n tydperk van een jaar beplan. Hulle het self die leiding geneem met ’n selfdoen-troue wat hul persoonlike styl en visie perfek weerspieël het.

- Fotograaf: Boland Weddings | Kontak
- Venue: Riebeek Valley Garden Centre | Kontak
- Blomme: Self gedoen
- Dekor: Hot Shot Events Management| Kontak
- Grimering: Hair & Make Up By MB| Kontak
- Hare: Hair & Make Up By MB| Kontak
- Huwelik kontrak: Combrink & Jamneck| Kontak
- Huurdienste: LekkerTrou| Kontak
- Huweliksbevestiger: Troy Goldie | Kontak
- Koördineerder: Hot Shot Events Management| Kontak
- Platejoggie: Twilight AV| Kontak
- Paartjie se verblyf: Die Stalle| Kontak
- Skoene: Shein
- Trourok: René H Couture| Kontak
- Bruid se Trouring: Mignon Daubermann Jewellery| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Famke| Kontak
- Videograaf: Boland Weddings| Kontak
