Nielo en Karla se stylvolle plaastroue in Moorreesburg, in die hartjie van die Swartland, is beslis ’n viering om nie te mis nie. Hierdie paartjie se troue straal plaas elegansie uit en elke element skree romanse.
Hul seremonie het plaasgevind in ’n ou stoor wat omskep is in ’n rustieke, beeldskone kapel war perfek is vir ’n troue wat eenvoudig en aardse warmte uitstraal.
Ons is heeltemal verlief op die trou venue se dekor. Om te dink dat dit eens ’n plaas skuur was wat nou in ’n sprokieswêreld van elegansie verander is, is ongelooflik. Groenigheid en pragtige wit blom ontwerpe het soos wolke uit die dak bo die tafels gehang. Fyn liggies en groter hangligte is strategies tussen die groen dekor geplaas en het die perfekte sprokies atmosfeer geskep.
Die meer formele en elegante styl van die onthaal het ons heeltemal bekoor. Lang wit tafels en moderne deurskynende stoele bring die ideale balans tussen rustieke plaasatmosfeer en kontemporêre styl. Kerse, oral sigbaar en kunstig saam gegroepeer, het ’n warm en gesellige gevoel geskep wat perfek inpas by die paartjie se troudag. Selfs hul pragtige tweelaag troukoek met wit rose het ideaal by die onthaal se styl gepas.
Hul fotosessie was pure romanse met sagte sonlig en asemrowende landskappe as agtergrond. Van die groen olyfbome tot die sanderige vlaktes van die Swartland, elke prentjie was net perfek.
Wanneer jy ’n span betroubare diensverskaffers het wat elke detail fyn uitdink, kan enige paartjie se droomdag in ’n sprokiesverhaal verander.
Rol af om meer te lees oor Nielo en Karla se plaastroue, asook hul liefdesreis saam.

Trourok:
Ek het my trourok by Allora Bridal gekoop. Ek was dadelik verlief op die rok en dit is die enigste rok wat perfek gepas het die toe ek my rok gaan kies het. Dit was net nog ‘n teken vir my! My rok was lank met ‘n sleep, dit was ‘n stywe rok wat orals lace op het. Ek het nie van lace gehou nie maar die rok het my anders laat besef. Die rok het dun bandjies oor die skouers gehad en dit was ‘n wit rok.

Paartjie se Verlowing:
Ek het vir Nielo gesê dat ons na wynplaas toe moet gaan oor ‘n naweek. Ons het toe besluit om daai Saterdag, 1 Junie, te gaan. Ddie oggend het ons reggemaak, Nielo het gesê hy het nog ‘n paar goed gehad om by die werk te doen, wat nie snaaks was nie, want hy werk baie naweke, maar hy het eintlik toe die finale goed vir die verlowing gereël.
Ons gaan toe na Nuwedrift toe in Piketberg en daar was ‘n oulike tafel eenkant waarby ons toe gesit het, ons het kos bestel en ‘n glasie wyn gedrink. Nielo het nog vir my gevra of ek al ooit gedink het ek wil hom los as ons baklei het, ons het lekker gelag daaroor maar dit was natuurlik nee nog nooit. Na so tydjie het Nielo gesê ek moet iets kyk agter my en toe ek om kyk toe is hy op sy knieë en vra die groot vraag vir my. Sy broer het ‘n video skelmpies kom neem. Ons het ʼn glasie sjampanje geklink en daarna huistoe gekom, waar al ons spesiale mense vir ons gewag het en ons het toe saam met hulle verder gevier.

Verloof- en Trouringe:
Ons is verlief op ons ringe. My verloofring is platinum en ek het ‘n ronde diamant met 6 kloutjies en my troupant is ‘n dun ring met klein diamantjies om. Nielo se troupant is Tungsten, dit is grys in die middel en aan die kante is dit silwer.

Trou Dekor en Styl:
Ek is ʼn baie minimalistiese persoon so wou eenvoudig net plein en eenvoudig hê. Ons kleurskema was natuurlik wit, champanje beige en groen. Ek wou alles so romanties as moontlik laat lyk so die kerkie en ons onthaal saal was oorval met kerse, en in die saal was daar die mooiste wit blomme en baie rose en liggies. Ons het die mooiste kershouers gehad wat deel was van die dekor. Ons bruidstafel was oorval met blomme en kerse dit was uit ʼn sprokie uit.

Trou Begroting en Beplanning:
Ons het ongeveer 100 gaste na ons spesiale dag genooi, met ’n trou begroting van R200 000 en ons het sowat 10 maande lank aan die beplanning van die troue gewerk.

- Fotograaf: Boland Weddings | Kontak
- Venue: Die Stoor Trou Venue | Kontak
- Blomme: Die Stoor Trou Venue | Kontak
- Bruidegom-pak: Smart Men Suit Hire | Kontak
- Dekor: Die Stoor Trou Venue| Kontak
- Grimering: Mur Moi| Kontak
- Hare: Mur Moi| Kontak
- Huwelik kontrak: Morne Bruwer| Kontak
- Huweliksbevestiger: Morne Bruwer| Kontak
- Koördineerder: Die Stoor Trou Venue| Kontak
- Kroegdiens: Die Stoor Trou Venue| Kontak
- Musiek: Alwyco Carstens| Kontak
- Platejoggie: Alwyco Carstens| Kontak
- Paartjie se verblyf: Die Stoor Trou Venue| Kontak
- Strooijonkers bykomstighede: Smart Men Suit Hire | Kontak
- Spyseniering: Die Stoor Trou Venue| Kontak
- Trourok: Allora Bridal| Kontak
- Bruid se Trouring: Carnie Van Zyl Juwelery| Kontak
- Bruidegom se Trouring: Carnie Van Zyl Juwelery| Kontak
- Troukoek: Die Stoor Trou Venue| Kontak
- Wittebrood Bestemming: Zanzibar
- Wittebrood Plek: Riu Jumbo| Kontak

