In dié artikel deel ons graag Dillon en Kirsty se verrassing verlowing langs die rivier op ’n appelplaas in Clarens, Vrystaat. Wat soos ’n gewone paartjiefotosessie begin het, het in ’n perfek beplande verrassing verlowing verander. Dillon het op sy knie gegaan en die groot vraag aan Kirsty gevra.
Hy het baie moeite in die beplanning gesit, en dit het duidelik gewys. Clarens is vir die paartjie spesiaal, want dit was die bestemming van hul eerste vakansie saam. Daarom was dit vir hulle ekstra betekenisvol om ook hier verloof te raak.
Wanneer jy ’n verrassing verlowing beplan, is dit belangrik om ’n professionele fotograaf te bespreek. Elke sekonde moet mooi vasgevang word, want dit is ’n oomblik wat vir altyd bewaar moet bly. Mooi Troues se Trougids het baie oulike fotograwe wat julle kan oorweeg.
’n Pragtige piekniek is reg langs die waterval op ’n groot plat rots opgestel. Die natuurskoon het alles omring en die piekniek het die mooiste elemente ingesluit, selfs ’n groot bos Proteas. Toe Kirsty weer haar asem terugkry, was Dillon reeds op sy knie met die mooiste verloofring in sy hand. Dit was ’n baie spesiale oomblik.
Die waterval in die agtergrond en die ligte mis het ’n romantiese toneel geskep. Vonkelwyn is ingeskink en die sagte sonlig het die atmosfeer perfek afgerond.
Rol af om meer te sien van Dillon en Kirsty se verrassing verlowing en lees oor hul liefdesreis as paartjie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Dill en ek het mekaar aan die begin van Covid op Tinder ontmoet. Ons het sowat ses maande lank net gepraat voordat ons mekaar ontmoet het (ek was baie senuweeagtig om hom te ontmoet weens my vorige verhoudings-ervaring). Toe ons uiteindelik ontmoet, was daar ’n onmiddellike konneksie en ons het sedertdien elke enkele dag saam deurgebring.
Ons is nou al vyf jaar saam (op 29 Augustus) en het op 30 Augustus in Clarens, Vrystaat, verloof geraak.
Een keer per jaar gaan ons terug na Clarens, want dit is vir ons ’n baie spesiale plek – dit is waar ons ons eerste vakansie saam gehad het toe ons begin uitgaan het.

Die groot vraag:
Op pad Clarens toe het Dill vir my gesê dat hy ’n jaarlikse fotosessie vir ons bespreek het vir die Saterdagoggend, net om te vier, aangesien ons nog altyd ’n professionele fotosessie wou doen. Ek was baie opgewonde, maar ook effens nuuskierig, want hy het nog nooit so iets gereël nie. Die gedagte van ’n moontlike verlowing het deur my gedagtes gegaan, maar ek het dit aan die noodlot oorgelaat.
Toe ons by die fotosessie-ligging aankom, ’n pragtige appelplaas naby ’n asemrowende waterval, het Landi, ons ongelooflike fotograaf, ’n pragtige piekniek-opstelling gereël met proteas, peuselhappies en sjampanje. Ek het gedink dit is net beeldskoon en terwyl ek na die blomme en die uitsig kyk, het Dill agter my op een knie gaan sit.
Ek het omgedraai en in trane uitgebars. My hart was oorweldig met blydskap, opwinding en liefde. Ons het ’n pragtige verlowingsfotosessie gehad en die spesiale oomblik vasgevang – ’n keerpunt in ons lewens.
Later het Dill vir my gesê hy het ’n spesiale aandete vir ons bespreek by ’n restaurant genaamd Treat in Clarens. Toe ons daardie aand daar instap, het my hele familie binne gesit en vir ons gewag. Dit was so ’n ongelooflike verrassing en natuurlik was ek weer in trane.

Hoekom ons mekaar liefhet:
Ek het nooit gedink ek sal iemand so ongelooflik en wonderlik soos Dillon kry om mee te trou nie en ek kan eenvoudig nie wag vir daardie groot dag nie.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons beplan om op 27 November 2027 te trou. Dit gee ons tyd om alles mooi te beplan en ons verlowing te geniet.
Ons is mense wat daarvan hou om dinge op ons eie pas te doen en alles natuurlik te laat verloop. Ons het reeds ons trou-venue bespreek en is absoluut betower deur hoe mooi dit is en hoe perfek dit by ons betowerde-woud-tema pas. Vir nou is die plek eers ons geheim, maar ons is ongelooflik opgewonde om verloof te wees en hierdie spesiale gebeurtenis met ons familie en vriende te deel.

Die verloofring:
Dill het die ring self ontwerp. Dit bevat twee pragtige smaragde aan weerskante van die hoof diamant. Die smaragde verteenwoordig my geboortesteen en groen is ook my gunsteling kleur. Maar Dill het vir my gesê dat die groen hom ook aan my oë herinner en hy wou dit graag in die ring vasvang.

Rede vir die verlowing fotosessie:
Dit was alles Dil se idee gewees, ek n verrassing vir my en ek dink hy wou hê ons moes altyd fotos kan hê om op terug te kyk.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons is regtig mal oor ons verlowing foto’s wat die talentvolle Landi Pelser vir ons geneem het. Sy het my droom verlowing werklikheid gemaak en ek is ongelooflik geseënd en dankbaar vir daardie ervaring.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons wat alles op ons die pas, ons is nie gejaag nie, ons probeer so veel as moontlik die nuwe avontuur geniet en in neem.

Visie vir droomtroue:
Ons hou vir nou nog ons venue n geheim, hy is wel bespreek vir 2027. Maar ons gaan alles self reël en die tyd vat om alles mooi te beplan soos ons dit graag wil hê. Ons gaan n betowerde-woud-tema hê. Ons die sprokies verhaal!

- Fotograaf: Landi Pelser Photography | Kontak
- Fotosessie Ligging: Merino Gaste Plaas – Appel Klaas | Kontak
- Grimering: Selfdoen
- Hare: Selfdoen

